Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

More Manne
Ek het n Winchester mod 70 watse kolf ek graag weer nuwe lewe wil gee en hom weer mooi maak. Dit was my oupa se geweer waarmee hy vir n groot meerderheid van sy lewe mee gejag het. Die kolf het nog die blink vernis laag op.
As julle dalk iemand kan voorstel wat die job kan doen, sal dit gaaf wees. Ek sou dit self doen, maar aangesien die geweer baie sentimele waarde het, wil ek dit graag reg en professioneel laat doen.

Hano
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Indien daar nie groot skade is nie sou ek jou motiveer om dit self te doen, juis agv. die sentimentele waarde.
Daar is baie inligting beskikbaar, en gereedskap bestaan 95% uit elbow ghries en geduld.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Die kolf self het nie rerig skade nie, jy kan maar net sien aan die duikies en krappies op hom dat hy al n paar keer in die veld was. Ek het nie veel kennis oor dit nie maar ek het wel op n paar hulpvolle posts af gekom hier op die forum.J le Roux wrote: Mon Jan 29, 2024 12:38 pm Indien daar nie groot skade is nie sou ek jou motiveer om dit self te doen, juis agv. die sentimentele waarde.
Daar is baie inligting beskikbaar, en gereedskap bestaan 95% uit elbow ghries en geduld.
Hano
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Dis jou besluit Hano. Orpen wapens net buite Rustenburg is darem nie vêr van jou af nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Skuur die vernis af, behandel die duike met stoom en water en gee die kolf dan 'n London Oil afwerking of iets soortgelyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Ek het dit al enkele kere gedoen. Hier is heeltemal genoeg inligting op die forum om dit self te doen. Vra gerus - die manne gee graag goeie raad. Die enigste redes om dit nie self te doen nie, is indien jy werklik onhandig is, óf allergieë het.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Elke ou soen maar sy vrou op sy manier en ander ouens gaan nie met my saamstem nie maar hierdie manier werk vir my!
https://youtu.be/PKMzNfd-mXQ?si=eVaXpM7x8Apa2m1K

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Die eenvoudigste teorie is baie maklik: skuur af en olie
Versigtig om nie vlakke of duike te skuur nie. Ek gebruik n lemmetjie om die vernis en ou vuilgoed te verwyder. Dan skuur ek versigtig af: 120 grit, 200 grit, en dan staalwol.
Daarna olie van jou keuse. Ek verkies die "london oil finish", maar dit is onnodige ekstra werk.
Versigtig om nie vlakke of duike te skuur nie. Ek gebruik n lemmetjie om die vernis en ou vuilgoed te verwyder. Dan skuur ek versigtig af: 120 grit, 200 grit, en dan staalwol.
Daarna olie van jou keuse. Ek verkies die "london oil finish", maar dit is onnodige ekstra werk.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Baie dankie vir almal se instette. Ek was maar net huiwerig om dit self te probeer siende dat dit n erfstuk is. Ekt klomp informasie al gekry so ek gaan dit n go gee.
Oom Marius, is skuur die beter opsie om die vernis af te kry? Ek sien baie gebruik vernis vewyderaar of ander chemicals? Hoe werk die stoom en water om duike te handel?tripodmvr wrote: Mon Jan 29, 2024 5:35 pm Skuur die vernis af, behandel die duike met stoom en water en gee die kolf dan 'n London Oil afwerking of iets soortgelyk.
Hano
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13575
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Nee wat gooi hom paint stripper en borsel die checkering met n tandeborsel om te begin en daar na kan jy hom al hoe gladder skuur tot jy tevrede is, jy gaan jou moeg skuur om daai ou vernis af te skuur.
Jy vat n nat lap en sit dit op die merk/duik wat jy wil uit lig en hou dan n strykyster teen die nat lap sodat dit stoom, die stoom lig die duik dan uit en jy kan hom dan mooi skuur.
Om te oli kyk da na Oom Fanta se video link

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1370
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Dankie Cappie, ek waardeer.Capt. Yoda wrote: Tue Jan 30, 2024 9:17 am Nee wat gooi hom paint stripper en borsel die checkering met n tandeborsel om te begin en daar na kan jy hom al hoe gladder skuur tot jy tevrede is, jy gaan jou moeg skuur om daai ou vernis af te skuur.
Jy vat n nat lap en sit dit op die merk/duik wat jy wil uit lig en hou dan n strykyster teen die nat lap sodat dit stoom, die stoom lig die duik dan uit en jy kan hom dan mooi skuur.
Om te oli kyk da na Oom Fanta se video link
Hano
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Dankie, as ek die vernis af het gaan ek hom net olie, sal nie weer die vernis roete gaan nie.Toxxyc wrote: Tue Jan 30, 2024 9:35 am Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
Hano
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Jy gaan dit baie geniet, laat weet ons hoe dit gaan.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13575
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Nuutste nou is om jou kolf n epoxy laag te gee, manne gebruik Marine Tex wat in die hout in trek en jou dan n harde finish gee wat soos water lyk as hy droog is. Ek sal dit nou nie op een van my Walnut kolwe doen nie nie maar ek is baie lus vir so toets op n laminate maar ek wil hom eers bq kleur en dan met cleanwrap n afwerking gee
So iets, daai kolf is wel gespray met 2k automotive clear en nie epoxy nie maar dit is die afwerking wat jy kry met verf en cleanwrap wat jy jou kaas in toe draai

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1370
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Hou ingedagte mens kry deesdae penetrating oil finishes wat na die tyd funksioneer soos 'n vernis, maar hy is nie 'n vernis nie. Woodoc se exterior en Marine sealants kom in my gedagtes op. Die goed sit maklik op en werk baie mooi. Jy kan ook kies tussen blink en mat en satin finishes, afhangend wat jy soek.Hano243 wrote: Tue Jan 30, 2024 9:48 amDankie, as ek die vernis af het gaan ek hom net olie, sal nie weer die vernis roete gaan nie.Toxxyc wrote: Tue Jan 30, 2024 9:35 am Duram maak 'n "organic" paint stripper wat stadig werk, maar hy werk. Hy maak nie jou asem seer en brand orals waar hy raak nie. Dit kan werk.
Jy gaan na die tyd in elkgeval moet skuur. Ek sal aanbeveel jy skuur met die hand, met goeie skuurpapier, in stepping up grits - 120, 150, 180, 220, en laastens sal ek 'n goeie papier hier rondom 400 grit soek. Een velletjie van elk sal genoeg wees.
Jy kan die kolf olie of jy kan hom vernis. Hou net in gedagte dat as jy 'n olielaag opgesit het, jy nie weer 'n waterbasis finish kan opsit nie. Jy kan olie oor 'n waterbasis sit mits die waterbasis droog is, maar nie andersom nie.
Daar is BAIE goeie finishes vandag beskikbaar wat die werk maklik sal maak. Houtwerk is lekker, belonend en nie moeilik nie.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Ek het gister so vinnig gekyk of die paint stripper die vernis af kry, lyk darem of dit die job sal doen. Ek sal so stuk stuk aan gaan met hom.
Ek het ook rond gekyk vir tru oil maar dit lyk vir my of dit n skaars item is.
Ek het ook rond gekyk vir tru oil maar dit lyk vir my of dit n skaars item is.
Hano
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3626
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Champions in Vereeniging en Outdoor & Allsales in Meyerton het Tru Oil. Darem nie te vêr van jou af nie.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Winchester mod 70 kolf restoureur- Voorstelle
Dankie Oom Fantie. Ek kom darem redelik gereeld daar.
Hano