Ou Amerikaanse ammo
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Ou Amerikaanse ammo
Amerikaanse militêre ammunisie in .30-06
Ek is ’n tyd gelede ou, surplus Amerikaanse militêre .30-06-patrone gegee. Die doppe lyk maar gehawend en baie het duikies in van baie hanteer en val dalk. Ek het ’n klompie daarvan in my .30-06 Remington geskiet… totdat ek uitgevind het die koeëls het almal staalmantels, die sogenaamde armour piercing rounds. Die meeste van die patrone is gelaai met 150gr-koeëls maar daar is ook ’n aantal wat met 164 greiners gelaai is (hulle weeg eintlik in die omgewing van so 163.7gr).
Volgens die kopstempel is die patrone in die Lake City Ordnance Plant in Missouri gemaak (blykbaar die grootste ammunisiefabriek in die wêreld) maar daar is ook ’n aantal wat in die St Louis fabriek gemaak is – hierdie fabriek het later verskuif na die Frankfort Arsenal en dis laasgeneomde patrone wat hoofsaaklik met die 164 greiners gelaai is. Die 150gr-patrone is met ’n balkruit gelaai en die swaarder patrone met ’n stokkieskruit. Van die armour piercing-patrone is glo net tot 1948 vervaardig en sommiges tot ’n later datum.
Omdat ek nie die staalmantelkoeëls verder in my geweer wou skiet nie het ek die koeëls getrek en die doppe gelaai met ’n verskeidenheid koeëls wat ek normaalweg gebruik. Ek het net die koeëls getrek, die kruit uitgegooi en die ou militêre slagdoppies in die doppe gelos en dit so gebruik. Op 100m het die ou 150gr-ammo (toe ek dit nog geskiet het in my geweer) rondom 5cm vir vyf skote groepeer.
Die Amerikaanse weermag het al in 1954 van die .30-06 oorgeslaan na die .308/7.62 toe, maar die ou “nul-kwes” is nog deur reserviste en ander militêre instansies gebruik tot in die 1970’s. Die Lake City-fabriek het dan ook steeds militêre ammunisie vervaardig tot in die 1970’s toe.
Ek het nie in diepte op die kopstempels ingegaan nie maar sommiges het syfers op wat duidelik die jaartal aandui terwyl ander ’n syfer op die negeuur en sesuur-posisies het wat moontlik kan dui op lotnommers eerder as die jaartal of dalk lotnommer en jaartal – ek is egter nie seker nie want ek is geen versamelaar nie en het nie die nodige kennis van kopstempels nie.
In elk geval, die punt waarby ek probeer uitkom is dat die ammunisie, op die jongste geskat, ten minste 50 jaar oud moet wees. Henna du Plessis wat ook hier op die forum is, het in 2022 op Stilbaai kom kuier en saam met ons ou ballies geskiet op die 50m-skietbaan hier. As ek reg onthou, het ons ’n vlakvarkteiken geskiet en Henna het my .30-06 geleen en uitstekend met die militêre ammo gevaar. Ek het seker al rondom 200 skote met hierdie ammo/doppe geskiet en nog nie ’n enkele misfire of hangfire gekry nie.
Met 110gr en 130gr Hornady-koeëls wat ek in dié doppe laai, skiet die ammo onder 25mm op 100m. Ek is tans besig om met ’n nuwe plaaslike koeël (Axe Bullets) te speel en verlede week toe ek ’n paar koeëls in wetpacks skiet, besluit ek toe om van die Axe-pitte in die ou doppe te laai met S365. Ek het die ladings ook gechrono en tot my verbasing was die extreme spread van een lading slegs 16vps en die ander een 30vps. Die lading met die 30vps-spread was 180 greiners gelaai teen 2160vps en dit het op 50m ’n 11mm-groepering geskiet. Die ladings is doelbewus laag gelaai om die koeëls se vervorming of mushroom op langer afstande te probeer simuleer. Almal weet monometaal-koeëls maak oop teen hoë snelhede maar daar is ’n minimum-perk wat nie oorskry moet word nie ander klink die koeëls nie mooi om nie.
Met ’n ander lading (150gr-koeëls teen 2450vps) was die spread weer 96vps en daardie lading se koeëls het op 50m in 18mm groepeer – meer as aanvaarbaar vir gebruik in die bosveld. Gesien in die lig van my ondervinding is dit duidelik dat ammunisie (en dan ook slagdoppies) nogal lank kan hou en steeds aanvaarbare resultate lewer.
Op die foto is die 150gr-koeëls links en die 164gr-koeël regs.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Mon Jan 29, 2024 5:33 pm, edited 1 time in total.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ou Amerikaanse ammo
KoosKoos Barnard wrote: Mon Jan 29, 2024 3:52 pm Die 150gr-patrone is met ’n balkruit gelaai (waarskynlik IMR 4895) en die swaarder patrone met ’n stokkieskruit.
IMR4895 is 'n stokkieskruit, waarmee meeste van die VSA .30-06 militere ammo mee gelaai was.
Die balkruit waarna jy verwys is waarskynlik BL-C2 of Win 748.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ou Amerikaanse ammo
Ja, skuus, jy is reg. Ek maak reg.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ou Amerikaanse ammo
Ja, skuus, jy is reg. Ek maak reg.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Ou Amerikaanse ammo
Nietemin, interessant. Ek ook al hier vertel van stokou ammo uitgeskiet. Verskil is, myne was skynbaar nie so goed bewaar nie. Daar was so paar poef-skote tussen in!
Kaapse humiditeit dit beetgekry.
Beste.
Kaapse humiditeit dit beetgekry.
Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Jan 29, 2024 8:41 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Ou Amerikaanse ammo
Ek het tot twee jaar gelede, Kynoch 7x57 ammunisie met 175gr (ek dink) volmantel koeëls gebruik om duikers en steenbokke met trofeëjagters te jag. My voorraad is nou uitgeput en ek gebruik of 'n 9.3x62 of 'n .375 H&H met soliede koeëls. As dit reg gestoor word, hou ammunisie verbasend lank.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: Ou Amerikaanse ammo
Ek het tot nie baie jare terug nie nog 303 ammo gehad. Hulle was gelaai met kordiet as ek reg verstaan. Dit het soos droe spagetti gelyk. Ek weet nie hoe oud hulle was nie, seker vanaf voor WW2, maar hulle het sonder foute elke keer geskiet.
Ek het nie groeperings geskiet nie, net op enige ongewenstes,….. aar dit het goed gewerk.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Ou Amerikaanse ammo
Schalk
Was BL -C(2) nie spesifiek ontwikkel vir die 7.62x51 0m die 30-06 se baillistiek te ewenaar nie?
Was BL -C(2) nie spesifiek ontwikkel vir die 7.62x51 0m die 30-06 se baillistiek te ewenaar nie?
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Ou Amerikaanse ammo
Frikkie
Jy is reg.
Hodgdon het dit bemark as BL-C(2), deur Winchester vervaardig, hulle dit Win 748 genoem.
S341 is daarop geskoei.
Jy is reg.
Hodgdon het dit bemark as BL-C(2), deur Winchester vervaardig, hulle dit Win 748 genoem.
S341 is daarop geskoei.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Ou Amerikaanse ammo
Dankie Schalk Dis hoe ek dit ook het.