Komatiepoort Grenspos

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Komatiepoort Grenspos

Post by sPRINGHAAS »

Goeie middag

Is daar iemand wat dalk informasie het oor hoe dinge hudiglik lyk by die grens? Ek moet donderdagoggend 08:00 in Maputo omgewing wees en sal enige raad waardeer. Hoe lank neem dit tipies in die week om deur die grens te kom? Is die grens huidiglik 24hr oop? Sal dit beter wees vir ons om in SA oor te slaap en vroeg oggend deur die grens te gaan?

Groete
Cobus
O82483O316
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by junglejulian »

Op die marloth park groepe lyk die N4 na n nagmerrie.behalwe vir die desember vakansie verkeer blok die groot trokke die pad agv een of ander staking.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by Capt. Yoda »

Sterkte, ry maar Dinsdag al
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by jankraay »

Geen staking op die stadium nie. Pad word geblok want drywers sit 72uur in die queue waarby die GC (General Cargo) trokke net verby gaan. Hulle raak dan ongeduldig want dit is 40 grade + en so druk hulle dan voorentoe.

Baie ouens stop hulle trokke nou oor Desember wat baie verligting gaan bring.

My raad aan jou sal wees om Woen aand in Komatipoort te slaap en dan vroeg oor te gaan. Grens is 24uur oop en jy gaan maklik oorgaan soontoe. Maak seker jou 3de party versekering is reeds in plek(nie op jou versekerings polis nie maar die Mosambiekse versekering). Hulle is nou baie streng op dit.

Maak jouself reg vir lank staan in die ry om terug te kom SA toe. Mosambiek se mense is baie vinnig maar die SA kant is n gemors.

As jy enige hulp nodig het kan jy my kontak. My yard is in Komatipoort en ek het kantoor mense daar wat jou kan help.


Sent from my iPhone using Tapatalk
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by ZKK »

Hoekom ry jy nie deur Swaziland nie?
Gaan in by Tshaneni Grenspos (check net hulle tye)
Die pad deur Swaziland harloop parallel aan die N4, en dan gaan jy by die Namaacha grenspos deur na Mosambiek.
Gaan kyk gerus op n kaart, nie regtig verder nie, en baie minder issues.

Ek het jare gelede in Tshaneni gewerk.
Baie nice dorpie en die gholfbaan het n baie nice gaste huis as jy dalks daar wil slaap.

Groete
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by ZKK »

Ek dink amper nie Tshaneni grenspos is 24 hours nie.
Maar dit was many moons ago, en het dalks al verander
Die een by Jeppes reef kan dalks 24h wees
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by ZKK »

Die Dorpie is Tshaneni, maar die grenspos in Mananga
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Komatiepoort Grenspos

Post by jankraay »

Die pad van Namaacha na Matola is n gemors met m@erse gate. Ek het hom die 23ste Nov gery om n ander roete vir die trokke te kry en ek sal hom nie weer ry nie.

Daar is n deel wat hulle opgehou het om die pad reg te maak en jy ry skaaf skaaf verby mekaar tussen die hope grond deur met “home made” spoed hobbels wat n mens lelik verras!!

Mananga grenspos is oop van 07:00-18:00 en Namaacha van 07:00-22:00.

Dit gaan dalk makliker wees om do terug te kom maar daai gate is gemaak vir bakkies en nie karre nie.

Ons was wel alleen by Mananga grenspos met gee ander voeruie nie en by Namaacha was daar net een voertuig saam ons.


Sent from my iPhone using Tapatalk
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Komatiepoort Grenspos

Post by ZKK »

Ek het glad nie gedink aan die toestand van die pad nie. Dankie vir die terugvoer
Post Reply