Arnold wrote: Sun Dec 31, 2023 4:31 pm
Ek sit en wonder nou hierso en is vir een of ander rede baie lus vir n .357 Mag met 4" loop as n all-rounder.
Ja, selfs dalk n bok skiet as die geleentheid opduik maar wonder toe hoe sal n 45 ACP vaar.
'n Wichester Ranger in .45 - 230gr @ 900fps behoort seker mooi te maak teenoor 'n .357 - 125gr Ranger @ 1200fps
Kom ons neem aan ek jag nie met n semi-auto pistool nie en als is volgens regulasies
Enige gedagtes hieroor en sou jy 'n BWB aandurf met 'n 45 ACP?
Kom ons begin by die 357 Mag. Oor die algemeen word 'n 6" 357 aanvaar as die minimum vir jag van klein en medium bokke, tot ongeveer Rooibok grootte. Ek sou byvoorbeeld baie versigtig wees met Bosvarke en Vlakvarke, gebruik eerder 'n 44 Mag vir hulle. Dis nou as die handwapen jou primêre jagwapen is.
Vir die toediening van doodskote is 'n 4" 357 uitstekend. Dit word gewoonlik op kort afstand (+/-0 - 5m) gedoen. Die kort visier radius en loop pla hier glad nie. Hierdie is nou 'n sekondêre jagwapen, m.a.w. jy jag met iets anders (geweer, boog) en dra die handwapen saam in 'n holster.
Vir hierdie tipe jag doeleindes is 'n 125gn JHP patroon 'n uiters swak keuse. Dis wel uitstekende selfverdedigingspatrone. (Die vereiste vir penetrasie verskil.)
Plat neus of SWC tipe koeëls van 158 gn en swaarder is baie meer geskik. My jag lading is 'n 180gn Hornady XTP teen 1250 fps uit 'n 6" loop. Ek sal ook maklik Frontier se 180gn CMJ of gegote lood koeëls van 170 - 200gn gebruik, veral vir doodskote op kort afstand. Penetrasie is hier uiters belangrik, en hierdie tipe koeëls behoort diep genoeg te kan penetreer om die af-skakelaar te bereik.
Nou die 45 Auto. (Kaliber is 45 Auto en as jy gelukkig is besit jy 'n .45 Auto Colt Pistol [ACP]).
Die tradisionele lading is 'n 230gn koeël teen +/-900fps, soos genoem. Hierdie lading is nie bekend vir goeie penetrasie nie, nie in verskeie toetsmediums nie en ook nie 'n lewendige weefsel nie. Vir sy ontwerpsdoel, nl. om mense te skiet, is sy penetrasie voldoende. Vir jagdoeleindes het hy sy beperkings. Jy moet dus jou prooi dier en skootplasing baie mooi uitsoek. Onthou ook dat die stadige koeël nie enige weefselskade rondom die koeëlgat maak nie. Die voordeel is natuurlik dat jy tot reg teen die koeëlgat kan eet.
Jy kan dus jou 45 Auto pistool in die jagveld dra en jy kan sekere skote op wild vat (waar toegelaat), as jy jou huiswerk goed gedoen het. Jy moet net die beperkings verstaan.
Hou ook in gedagte dat die tipiese pistool jou doppe in die veld gaan weg gooi. (Rewolwers ly nie aan daardie kwaal nie.)
As jy bv. 'n subsoniese wapen soek vir sekere probleemdier beheer toepassings, sal 'n 45 Auto jou help, want die ammu is omtrent deur die bank subsonies gelaai.
My gunsteling lading in 45 Auto is 'n 200gn gegote lood SWC teen 950 - 1000 fps. Hierdie koeël het ook 'n klein sny-rand waar die ogief en dravlak bymekaar kom, wat teoreties 'n beter wondkanaal behoort te sny as 'n ronde neus koeël. Ek het hulle egter nog nooit op wild getoets nie.
Ek sou ook nie 'n gesonde Blouwildebees aandurf met enige een van die 2 nie. In my beperkte ervaring is 'n Bwb 'n besonderse taai ding. Ek dink 'n 9,3 x 62 of groter is goeie Bwb medisyne.
Hoop dit help?
Voorspoed!