Hallo almal
Ek wil net vinnig vertel van my ervaring met die manne en dames van Gunwarrior.
Ek het gisteroggend 'n e-pos met navrae gestuur, wat minder as n uur later beantwoord is, deur twee verkoopspersone.
'n Rukkie daarna het ek hulle telefonies gekontak en met n man genaamd Dominus gesels.
Hy weet duidelik wat in sy bedryf aangaan en sy antwooorde op my vrae was duidelik en op die punt af.
Lang storie kort, ek het gister die bestelling geplaas vir n nuwe knaldemper en die betaling gedoen.
My knaldemper is vanmiddag, net na middagete by my werkplek afgelewer.
Ek sal enige dag weer met hulle besigheid doen.
Krediet waar krediet toekom
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Krediet waar krediet toekom
Groetnis
Philip
Philip
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Krediet waar krediet toekom
Self al goeie diens en aangename koopervaring daar gehad. Warren Britnell en die hele span is baie ingestel op diens. Het tot die voorreg gehad om 'n kort toer deur die werkwinkel/fabriek te kry en te sien hoe die komponente gemaak word in die CNC masjiene. Dit was indrukwekkend en die manne is almal trots op hulle werk en hulle produkte
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Krediet waar krediet toekom
Ek het onlangs dieselfde ervaring met hulle gehad, baie goeie diens en produk. In 'n wêreld waar mens al eintlik swak of gemiddelde diens verwag, is dit 'n aangename ondervinding !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Krediet waar krediet toekom
Ek het self al heelwat met die Gunwarrior span te doen gehad. En hulle sal verseker bo-aan my lys wees wanneer ek weer produkte in hulle stal nodig
sou kry. Hulle diens en produkte is wêreldklas.
Terwyl ons dan nou pluimpies uitdeel aan Gunwarrior, hier is my 300PRC met die Warrior chassis, Warrior demper met brake en barrel tuner. Die
geweer loop soos 'n 'genuine' Rolex!!
sou kry. Hulle diens en produkte is wêreldklas.
Terwyl ons dan nou pluimpies uitdeel aan Gunwarrior, hier is my 300PRC met die Warrior chassis, Warrior demper met brake en barrel tuner. Die
geweer loop soos 'n 'genuine' Rolex!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PaulM
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.