Die SAPD se nuutste statistieke is uitgereik. Dit bevestig dat ons in 'n misdaadnes is soos ons almal weet.
Die probleem is dat minister Hoed en sy trawante nie net nutteloos is nie, maar dat sy ondergeskiktes by baie insidente en skietvoorvalle betrokke is. Iemand het so ruk terug gesê ons het die mees effektiewe polisiediens in die wêreld; hulle is eerste op die toneel van die meeste misdade (want hulle neem deel daaraan!).
Hierdie is geensins 'n refleksie op die enkele polisielede wat hulle bes probeer in uiters moeilike omstandighede nie.
Dit raak egter ons probleem. Wanneer politici onder druk is van die publiek, moet hulle wys dat hulle iets daaraan doen. Om iets te maak werk is nie 'n politikus se sterk punt nie. Om snert te praat en dan nuwe wetgewing uit te vaardig om te wys hulle DOEN IETS is gewoonlik hulle oplossing, ongeag die onbedoelde gevolge daarvan.
Dit is dus insiggewend dat GFSA op die wa gespring het om nou ten hemele te skreeu dat iets gedoen moet word aan wettige vuurwapeneienaars. Dit is ons wat kwansuis die grootste bron vir onwettige vuurwapens is. Let wel, dit is nie ek wat dit sê nie, maar wees maar gereed vir nuwe aanslae op vuurwapen eienaarskap.
Die meeste pers- en media netwerke is natuurlik baie liberaal en is maar te gretig om berigte soos hierdie te plaas:
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... penbeheer/
https://ewn.co.za/2023/11/17/gfsa-lates ... rder-in-sa
https://www.citizen.co.za/witness/news/ ... of-choice/
SKIETMOORDE EN GFSA
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: SKIETMOORDE EN GFSA
Ag-wat!
Die lot liberale swape...
Hierdie plakker agter op my bakkie, is my antwoord op die nonsens wat die lot uit dink.
Hoekom juis die prentjie?
Want, hulle is toiletmannetjjes.
Doen niks, staan net daar en kla maar voeg niks tot die samelewing by nie.
Hulle sorg ook vir niks en niemand nie. Net vir hulleself.
Die jagter, aan die anderkant, sorg vir sy gesin en die mense om hom. Hy bewaar en benut, skep geleenthede.
Watter een is jy?
Hierdie plakkers is nou gratis vir Jaracal lede.
Betaal asseblief net die Pudo koste.
Kry 'n paar en deel uit onder ander manne wat versorgers is.
Stuur vir my 'n direkte boodskap vir bestelling.