EV's - Elektriese Voertuie

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

TFDADD wrote: Sat Nov 04, 2023 3:24 pm Nog so bietjie Wiki waar jy kan leer hoe om jou EV in samewerking met 'n "heat pump water heater" te kan herlaai.
While efficient electrification won’t save all the kWh we’ll need to completely electrify society, this one example shows how it will go a long way. So next time you hear that there won’t be enough clean electricity to power a clean energy world, ask the naysayer if they’ve ever heard of the mighty heat pump water heater.
Heat Pump water heater & EV's
Volg weer die bogenoemde koppeling en lees weer aandagtig deur - dit sluit aan by daardie 1 kommentaar ook - Bietjie-vir-bietjie maak BAIE.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

HUGE NEWS! Porsche CEO Shocking WARNING To All EV Makers!

https://www.youtube.com/watch?v=0fX13Vs8Bxs

Ek weet nie of dit waar is en of daar iets van gaan kom nie, ken ook nie die youtube channel nie, maar dit lyk interessant vir wat dit werd is. Dis glo alternatiewe groen brandstof.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Dawie, so 'n vinnige Google-soek wys die volgende -
About featured snippets

Feedback

HUGE NEWS! Ford CEO Shocking WARNING To All EV Makers!
YouTube
https://www.youtube.com › watch
10:20
Are EV's a scam?! Ford CEO just abandoned electric cars, leaving the entire auto industry SHOCKED and CONFUSED! Ford is losing nearly 36000 ...
YouTube · ChargeDrive · 4 days ago

HUGE NEWS! Porsche CEO Shocks All EV Car Makers!
YouTube
https://www.youtube.com › watch
9:54
‌Porsche CEO has left all car makers in a state of shock! They saved the internal combustion engine from dying. While the rest of the world ...
YouTube · ChargeDrive · 18 Aug 2023

HUGE NEWS! BMW CEO Shocking WARNING To All EV ...
YouTube
https://www.youtube.com › watch
9:49
BMW CEO just issued a brutal warning that shocked all EV makers! Banning combustion engines will destroy the middle class!
YouTube · ChargeDrive · 3 weeks ago

HUGE NEWS! Toyota CEO SCARY WARNING To All EV ...
YouTube
https://www.youtube.com › watch
8:40
Just when everyone thought EVs are the future, Toyota CEO dropped a brutal warning that left all EV makers in utter disbelief!
YouTube · ChargeDrive · 1 week ago

HUGE NEWS! Volkswagen CEO Shocking WARNING To All ...
YouTube
https://www.youtube.com › watch
9:30
Volkswagen is facing a huge EV crisis, and it could lead the giant carmaker to close its doors! The VW CEO Warned the entire EV industry ...
YouTube · ChargeDrive · 1 month ago

HUGE NEWS! Toyota CEO Shocking WARNING To All EV ...
YouTube
https://www.youtube.com › watch
11:26
Are EVs A SCAM!? Toyota CEO just leaked a shocking warning that left all EV makers angry but had combustion car enthusiasts thrilled.
YouTube · ChargeDrive · 3 weeks ago
Soortgelyke berigte van omtrent alle denkbare motor vervaardigers kom ook voor.
Lyk of hierdie berigte (maar net 'n klompie) geen grond onder die voete het nie en so ook al die ander.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

Yes ek het nou bietjie gekyk...hulle begin almal omtent dieselfde.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Gerhardu »

So gepraat. Dink net hoe gaan die EV Ambulanse hardloop daar in Gaza stad vir al die beseerdes.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

by Gerhardu » 13 Nov 2023 15:08
So gepraat. Dink net hoe gaan die EV Ambulanse hardloop daar in Gaza stad vir al die beseerdes.
Daardie 'lack of fuel' beteken, geen rugsteunende toerusting soos kragopwekkers wat lewensnoodaaklike toestelle in hospitale moes laat funksioneer het weens geen elektrisiteit daar nie, kon nie hulle werk verrig nie.
Netso, kan brandstof aangedrewe enjins ook nie ambulanse daar laat hardloop nie agv presies dieselfde rede - 'lack of fuel'
Israeli forces reached the gates of Gaza City's main hospital on Monday (13/11/2023), the primary target in their battle to seize control of the northern half of the Gaza Strip, where medics said patients ... ... ... were dying for lack of fuel.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Soos reeds hier geplaas op 23 Oktober 2023 -
Die grootste probleem hier is om banke en finansieringsinstansies te laat insien dat hulle lenings aan huiseienaars moet toestaan vir termyne korter as 10 jaar sodat ons solar installasies kan doen, wat vir almal tot voordeel sal strek.
En hier begin die tipe persoonlike lenings nou by verskeie van ons banke 'n werklikheid raak - lees hierna jongste hieroor:

Good news for rooftop solar
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

Kan aan niks beter in die huidige ekonomie dink as om vars skuld te maak om n kar te kan charge nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Aceofspades »

Hierdie EV draad het my baie frustreer, my weg gejaag van Jaracal af. Elke keer as ek op Jaracal kom is die EV ding amper heel bo aan Tapatalk. So naderhand het ek nie eens gekyk wat hier op Jaracal aangaan nie.

Maar deesdae is dit 'n plesier om die draad raak te lees.

Die propaganda generator is op 'n ignore list en nou sien ek net al die positiewe en grappige kommentaar.

Dis weer 'n plesier om op Jaracal te kom.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

by Capt. Yoda » 14 Nov 2023 08:31
Kan aan niks beter in die huidige ekonomie dink as om vars skuld te maak om n kar te kan charge nie
Dan is daar die nugter denkende groot EV vervaardigers wat bereid is om hulle miljoene in dieselfde "huidige ekonomie" in te pomp en, sodoende ekonomiese groei te bevorder, wat op sy beurt werksgeleenthede skep, nie net daar waar die miljoene spandeer word nie, maar ook in hulle fabrieke waar die nuwe EV's vervaardig en plaaslik verkoop gaan word.
The MBSA/Chargify network will be available to every EV driver regardless of the brand of vehicle they own. However, all Mercedes-Benz EQ customers will benefit from a 10% discount when using these stations.
Slim nê ... ;)

Lees gerus hierna meer oor die nugter denkendes se bydraes tot PTPC - Prosperity Through Positive Change -

MB pumps R40 million into electric charging network in RSA
by Aceofspades » 14 Nov 2023 09:00
Die propaganda generator is op 'n ignore list ...
Ignorance is bliss in this case ???
Last edited by TFDADD on Tue Nov 14, 2023 9:26 am, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Geno »

TFDADD wrote: Mon Nov 13, 2023 7:34 pm En hier begin die tipe persoonlike lenings nou by verskeie van ons banke 'n werklikheid raak - lees hierna jongste hieroor:
EK is seker Oom se aansoek om finansiering sal vinnig goedgekeur word. Watse kleur kar het Oom gekies?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Goeiemôre Geno,

Ek het besluit om nie finansiering aan te gaan nie.

Die ligte blou Volvo'tjie is pragtig, maar nie heeltemal wat ek ingedagte het nie.

Mooi loop.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Capt. Yoda »

TFDADD wrote: Tue Nov 14, 2023 9:06 am
by Capt. Yoda » 14 Nov 2023 08:31
Kan aan niks beter in die huidige ekonomie dink as om vars skuld te maak om n kar te kan charge nie
Dan is daar die nugter denkende groot EV vervaardigers wat bereid is om hulle miljoene in dieselfde "huidige ekonomie" in te pomp en, sodoende ekonomiese groei te bevorder, wat op sy beurt werksgeleenthede skep, nie net daar waar die miljoene spandeer word nie, maar ook in hulle fabrieke waar die nuwe EV's vervaardig en plaaslik verkoop gaan word.
The MBSA/Chargify network will be available to every EV driver regardless of the brand of vehicle they own. However, all Mercedes-Benz EQ customers will benefit from a 10% discount when using these stations.
Slim nê ... ;)

Lees gerus hierna meer oor die nugter denkendes se bydraes tot PTPC - Prosperity Through Positive Change -

MB pumps R40 million into electric charging network in RSA
by Aceofspades » 14 Nov 2023 09:00
Die propaganda generator is op 'n ignore list ...
Ignorance is bliss in this case ???
Wiki daai 40miljoen wat Merc nou in gepomp het om die karre te charge, waar kom daai krag vandaan?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Gerhardu »

TFDADD wrote: Mon Nov 13, 2023 4:31 pm
by Gerhardu » 13 Nov 2023 15:08
So gepraat. Dink net hoe gaan die EV Ambulanse hardloop daar in Gaza stad vir al die beseerdes.
Daardie 'lack of fuel' beteken, geen rugsteunende toerusting soos kragopwekkers wat lewensnoodaaklike toestelle in hospitale moes laat funksioneer het weens geen elektrisiteit daar nie, kon nie hulle werk verrig nie.
Netso, kan brandstof aangedrewe enjins ook nie ambulanse daar laat hardloop nie agv presies dieselfde rede - 'lack of fuel'
Israeli forces reached the gates of Gaza City's main hospital on Monday (13/11/2023), the primary target in their battle to seize control of the northern half of the Gaza Strip, where medics said patients ... ... ... were dying for lack of fuel.
Ai Man. Dis nou slegte nuus. Wie sou kon gedink het.
Is daar al enige berigte oor wanneer Israel hulle EV tanks kry van VSA af?
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Yogi »

Ek is glad nie teen EV's nie, dink in die stad kan dit lekker werk vir mamma om kiddies rond te ry en dalk vanaand by huis te laai.( Om R1m vir so voertuig te betaal maak wel nie sin nie)
Maar SA se afstande wat ons reis is oor die algemeen baie meer as bv. Europa. Gaan staan oor paasnaweek by Drie suters of ander groot vulstasies op die hoof roetes. Hulle praat van tussen 200 tot +-400 voertuie per uur op spits tyd. Dit vat gemiddeld 4minute om jou voertuig vol te maak, maar 'n elektriese voertuig met 'n 70kW charger vat ten minste 1 uur. Nou laai selfs net 100 voortuie per uur? Daar moet dus 100 charging stasies by 1 perseel wees. Nou 100x 70kW is meer krag as wat Eskom graag sal wil of kan verkoop, vir 1 perseel.'n 7 Megawatt aansluiting is dalk duurder as wat die vulstasie eienaar wil of kan betaal. Ek sien klaar die rye om vol te maak staan van Drie suster af tot in Bloemfontein. As daar 20 of 50 voertuie op die pad is, great, maar nie almal nie. Suid Africa het ongeveer 11miljoen voertuie op die pad. As net die 5miljoen vanmiddag na werk inprop om te laai teen 'n skamele 5kw by die huis, kry jy 'n getal groter as wat Zume kan uitspreek,maar lyk na meer as 25000 megawatt. Die somme klop nog nie, selfs Trump het die ander dag gesê Amerika het nie eers genoeg om naastenby al die voertuie oor te skakel nie. Kom ons hoop elke buurt kry sy eie kernreaktor, dan kan ons weer praat.
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Yogi, ek stem saam met jou met betrekking tot:

1. EV pryse word totaal onnodig opgeblaas deur ons huidige regering se onvermoë aan insig en hul hardkoppige vasklou aan hoë invoer heffings op EV's.
Dit is mos 'n maklike manier om hul koffers te vul om al hulle totale sinnelose spandering op toelaes moontlik te maak, wat hoegenaamd geen bydrae maak tot ons land se ekonomiese ontwikkeling nie.
Hierdie gaan ook in tyd vorentoe verseker verander, hou maar dop.

2. Ja, die tekort aan krag, en let wel, nie net van Eskom kant nie, maar wel wat ons as land te kort skiet vir die volle EV omwenteling, is plaaslik net soos elders in die wêreld, iets waaraan elkeen van ons aandag moet skenk en daartoe moet bydra.
Sonkrag werk in talle Europese en Amerikaanse state waar daar baie minder sonskyn tyd as by ons in Suid Afrika is.

Daarom dat ek al lankal terug in hierdie plasing gesê het dat sonkrag en EV's loop hand aan hand - op die manier doen elke EV eienaar sy deeltjie en selfs die wat nog nie 'n EV het nie ook, indien hulle die sonkrag selfs net vir huishoudelike doeleindes aanwend.
En ja, dit kos ekstra geld vir die onmiddellike, maar oor die relatief kort termyn bring dit groot besparings vir almal wat meedoen daaraan tot stand.

Veel eerder op die manier as om verdere Eskom tipes voorsiening, wat baie meer gaan kos, tot stand te bring en korrupsie, diefstal en swak bestuur van die bronne weereens tot niks uitloop nie en ons weereens 'back to square one', teen ons sin gevat word.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

Yogi

Hier verduidelik 'n ou jou storie...

https://www.youtube.com/watch?v=v1n82WCK6bI
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Hier volg plaaslike vergelykende 7 jaar lange studie wat die werklike toedrag van sake is ten opsigte van die voordele wat die gebruik van EV's vir ons almal inhou.
Over a period of seven years, the purchase price plus operational costs of the BMW i3 EV was R768 950, which was significantly lower, compared with the VW Golf GTI ICE vehicle, at R1 415 281.
The study adds that the motivation for EVs becomes more compelling when they are charged with renewable energy /solar.
Yes for EV's shows City of Cape Town study
There’s one proven way to get people to love electric cars — put them behind the wheel of electric cars. So, when it comes to getting an auto company’s many employees onboard with EVs, and better understanding the benefits of EVs, there has been one particularly useful tool — making company cars electric cars. Automaker employees are better at evangelizing, designing electric cars, and working through the challenges that come from the switch to electric cars if they drive electric company cars. So, it is heartening to see that Mercedes-Benz has decided to transition all 5,000 of its company cars in Germany electric.
That's what it is all about.
Last edited by TFDADD on Wed Nov 15, 2023 12:51 pm, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Aceofspades »

Image

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Hein22 »

Aceofspades wrote:Hierdie EV draad het my baie frustreer, my weg gejaag van Jaracal af. Elke keer as ek op Jaracal kom is die EV ding amper heel bo aan Tapatalk. So naderhand het ek nie eens gekyk wat hier op Jaracal aangaan

Sent from my BV9900E using Tapatalk
Selfde hier. Dit is 'n draad wat einlik nerens heen gaan nie maar tog net nie einde kry nie.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het ook elke keer bietjie in my mond gekots as ek dit sien en toe ingegee en die ander kant probeer stel maar ek het besluit om te leef en laat leef. Voel soos die anc se bemarkings veldtog van “we have a good story to tell”. Smile and wave boys.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Lategan1 »

Ek wil niemand se inisiatief demp nie. Niemand weet alles nie. Diegene wat oortuigend glo hulle weet iets, weet ook nie alles nie.

Hierdie draad het baie meer as ‘n brokkie vir inligting geraak. Ek weet dalk meer van ‘n onderwerp en deel dit graag met ander. Dan laat mens dit daar en vul aan waar nodig. Dit is leef en laat leef.

Die aard en styl hiervan het ongelukkig propoganda en regverdiging aangeneem. Dit is jammer.

Ek glo ook soos hier uitgelig, Jaracal is nie die plek daarvoor nie en frustreer baie lesers so beter om dit nou te noem alvorens ontspoor.

Daar is feitlik elke dag ook nuusberigte in die media. Soos weer vandag.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Aceofspades »

Toe ek baie klein was en my Ma vir my gevoer het het sy probeer om vir my kool te gee om te eet. Dit het gelei tot baie en langdurige dissiplinêre stappe terwyl ek groot geword het. 38 Jaar later, twee weke voor my Ma se dood was sy steeds besig om vir my te laat probeer kool eet. Die kool word word so verdoesel in die kos dat NASA eksperts dit nie in die hande sal kry nie. Maar kool eet ek nie. Nou, 3 jaar na my Ma se dood, eet ek steeds nie kool nie.

So die propogandis kan maar aangaan met sy stories. Ek sal self besluit of ek dalk 'n EV benodig of nie.

Maar regtig. Die EV in my keelgat afdruk gaan my regtig nie maak dink om een te koop nie.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1264
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by TFDADD »

Goeiemôre Jaracal Forum Lede,

Ek rig hierdie kort skrywe aan eerstens, die forum lede wat mees onlangs klagtes geopper het oor hierdie EV plasings gemaak en, dan ook aan alle ander forum lede wat moontlik ook so voel.

Hierdie plasing is hoegenaamd nie propagandisties van aard nie, dit is net nie waar nie en as dit so mag voorkom, my verskoning daarvoor, want dit is verseker nie die bedoeling nie.

Ook is dit geensins die bedoeling dat almal nou skielik EV's móét gebruik of aankoop nie. Daar is geen sprake daarvan nie, nie eers ekself is bereid om die té hoë pryse gekoppel aan die beskikbare EV's, te betaal nie.

Laastens, is hier geen sprake van enige politiese idees wat hierin verkondig word nie.

Wat wél hier ter sprake is, is die feit dat ons almal die werklikheid in ag moet neem naamlik, dat EV's ons voorland is, net soos elders in die wêreld.
Verder ook dat die harde feite dat hierdie nuwe energie ontwikkeling sonder enige twyfel tot ons almal se voordeel strek ten opsigte van:

1. Lang termyn veel laer koste verbonde aan ons vervoer stelsel - spesifiek uit sonkrag soveel te meer - lees maar die talle bewyse reeds hier plaaslik onder ons unieke omstandighede in toetse oor hierdie langer termyn behaal.

2. Laer besoedelingsvlakke.

3. Ook dat ons ekonomie nie kan bekostig om byvoorbeeld ons motorvervaardigingsbedryf te kan verloor nie.

4. 'n Bonus voordeel wat hieruit vir ons ontstaan, die skepping en benutting van ons eie energie in die vorm van sonkrag elektrisiteit vir huishuodelike gebruik - iets waaroor ons self beheer het tot ons eie voordeel.

Dit maar net enkele punte hieroor.

As hierdie punte genoem hierbo nie u belangstelling prikkel nie, gaan maar net daarby verby en lees dit doodeenvoudig nie. So maklik soos dit.

Nogtans, neem gerus deel aan die plasing met positiewe bydraes.

Ek vertrou dat hierdie uiteensetting vir alle forum lede aanvaarbaar is.

Mooi loop.

Koos.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: EV's - Elektriese Voertuie

Post by Dawie »

Die topic is vir my baie "entertaining". >:+ :laugh:

Asseblief moenie ophou nie
Post Reply