ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post Reply
williebees

ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by williebees »

ELLISRAS VUURWAPENFEES: 27 Augustus 2011

Baie van die lede op hierdie forum het al gehoor van ons jaarlikse Vuurwapenfees.
Vir die wat nog nie gehoor het nie, hier is 'n bekendstelling.

Die Ellisras Vuurwapenfees is 'n jaarlikse gebeurtenis waar lede van die publiek die kans kry om met verskillende vuurwapendissiplines kennis te maak. Ons bied reeds 13 jaar die Fees aan.

Dit vind plaas op die Knapskoot Skietbaan, 40 km vanaf Ellisras (Lephalale) op die Steenbokpanpad.

Items:
ProAmm groeperingskiet: Hierdie is ons hoofitem. Met bona fide jaggewere kry skuts die geleentheid om 'n groepering met PMP ammunisie te skiet. Alle geweerkalibers deur PMP/ProAmm vervaardig  word gebruik. Vanaf betontafels, oor sandsakke word drieskootgroeperings geskiet.
Pryse te wen in kaliberklasse, asook algehele wenners, dames en junior kategoriewenners.
Ons het pas ons getal tafels vermeerder tot 14, wat nog meer skuts die geleentheid sal gee om deel te neem.
Ongeveer 500 teikens word op die dag geskiet.


BASA: Die grootkaliberitem word aangebied deur BASA (Big Bore Association  of SA):
Vanf 9,3 mm (.366) kwalifiseer om hier te skiet.
Die baan is 'n grootwildjagsimulasie. Die puntetelling word bereken  met 'n formule wat akkuraatheid, ko?elenergie en hanteringsvaardigheid in ag neem. Die eerste prys hier is 'n  jagpaket in die Tuliblok, Botswana.

Aktiewe Jagbaan:
Op hierdie baan word ook 'n jagsimulasie oefening geskiet. Dit is die tuiste vir diegene wat nie grootkalibers besit nie, maar ook wil jag. Op hierdie baan word  met .22 randslag geskiet. Die eerste prys hier is 'n blouwildebeesjag in die Ellisras distrik.

Kleipieringskiet:
So jy kan nie mis met 'n haelgeweer nie? Kom bewys dit op ons kleipieringbaan.
12 boor haelgewere, jou eie of 'n leenwapen word hier gebruik.

Handwapenskiet:
Ervare  instrukteurs het die uitdaging aanvaar: Stel  'n baan op wat vir handwapeneienaars van alle vlakke  iets sal bied.
Eie wapen en ammunisie: bring jou .38 snubbie of .40 Glock.

Junior skietopleiding:
Van 5 tot 18 jariges word opgelei met .22 gewere deur lede van die plaaslike tak van die SA Jagtersvereniging.
Hier kan ons sien dat die Vuurwapenfees iets bied vir die hele gesin.

Voorlaaierskiet:
Ook hier is daar geleentheid vir nuweling en ervare skut om met die gewere van lank gelede  te kan skiet.
Op hierdie baan bied ons ook die Martini-Henry item aan. Die bekende koeelvervaardiger Ken Stewart is daar om eienaars van die ou gewere  te help om hulle ou gewere weer te laat skiet. Doppies en koeels word voorsien, die herlaaipers is daar. Skuts bring julle eie gewere, slagdoppies en swartkruit.

Boer en Brit skiet:
Herleef die opwinding van die stryd van 110 jaar gelede. In spanne van vier skuts met handlaaiaksies en ystervisiere skiet ons valplate op 100 meter. Of jy nou veg vir die Jopie Fourie span, of die Lord Kitchener span, die stopoorlosie wys die uiteindelike wenners aan.

Vir meer inligting: besoek: www.vuurwapenfees.co.za. of skakel Willie Barnard by 083-292 54 19
williebees

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by williebees »

Die uitslae van die ProAmm skiet op vuurwapenfees is op www.vuurwapenfees.co.za .
Druk vir jouself 'n sertifikaat van bywoning vir lisensieringsdoeleindes.
Registreer net en volg die instruksies.

Willie Barnard
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by Frederik »

Eendag as ek nie besig is om te jag met intl kliente nie sal ek bitter graag die fees wil bywoon.

Ek dog die fees was altyd daar by Jan Eckard gehou by die skietbaan daar?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
williebees

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by williebees »

Frederik,

MAAK tyd!!
So ses jaar gelede is daar vereistes aan ons gestel in terme van akkreditasie van die skietbaan.
Dit was 'n groot besluit (finansieel), en ons het uiteindelik besluit om die skietbane op my plaas te bou, waar die akkreditering ook vir opleiding aangewend kon word.

Dit fasiliteite word steeds uitgebrei, en ons trek nou by ses skietbane.

Kom kyk gerus wanneer jy nie kliente het nie - ons is oop op Saterdae vir skuts wat die baan wil gebruik.

Williebees
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by Penkop »

Oom Williebees,

Ek sal plan maak om te kom...

Hou ons asb op hoogte van gebeure daaikant.

Groete
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
williebees

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by williebees »

Penkop,

Bring daai Vrystaat vlag van jou saam, en jou oopvisiergeweer.
Ons het net 'n ZAR vierkleur by die Boer en Brit skiet.

Volgende Vuurwapenfees is op 1 september 2012.

Williebees
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: ELLISRAS VUURWAPENFEES 27 AUG 2011

Post by Penkop »

Oom Williebees,

Ek sal so maak! Ek sal my No4 Mk2 bring met sakke amunisie!!

Ek teken 1 Sep 2012 sommer nou in my selfoon se dagboek aan!

Goedgaan
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
Post Reply