Wereld beker superbru?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Wereld beker superbru?

Post by finch »

Ek dink ek het 2019 laas superbroer gespeel, maar dit het vir bokke gewerk, so gaan ons weer probeer n jaracal pool maak vir die wereld beker of is superbroer soos mxit, oud en dood? Of soos koekies in die weeshuis, taboo... Laat weet ek sal admin hanteer as iemand anders nie al n groep begin het nie
User avatar
Willeboer
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sat May 16, 2015 10:11 am

Re: Wereld beker superbru?

Post by Willeboer »

Begin hom, ek sal graag join.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 300H&H
Howa Varmint 6XC
Remington Target Master .22
Smith Wesson M&P 9
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Nou toe voorspoed manne en mag die bokke wen. Hieronder is die "pool" uitnodiging.

Tribes - Onthou om asb die virtuele wissel trofee van 2019 terug te gee, ek weet jy het hom sommer as jou screensaver gestoor, maar dis tyd dat iemand anders hom oorneem...

Join "Jaracal swembad", my World Cup Predictor league on Superbru! You can find my pool here:

https://www.superbru.com/worldcup_predi ... p=12654906

or by downloading the Superbru app and searching for the pool with code:

preyprey
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Superboer update: 15 spelers so ver. Ons was in 2019 in die 30 spelers, so kom neem deel dit maak darem die game tussen Uruguay en Italie meer intressant as jy n kant gekies het...

Pool naam: "Jaracal swembad"

https://www.superbru.com/worldcup_predi ... p=12654906

Pool kode: preyprey
Stef1274
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Stef1274 »

Ek is in. Sommer al klaar nervous, ek gly altyd in Superbru...
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Rondte een is verby. Geluk aan Vic met die enigste 100% rondte en dus ook die geel keppie plus so bietjie asemhaling spasie tussen hom en die tweede plek. Aan die onderkant gaan die houtlepel aan Bees (alhoewel jy dieselfde hoeveelheid punte as KalahariKlong het, het superbroer gevoel jy kort dalk een vir motivering). Hou moed dis nog net die 1ste rondte en dit maak nie saak waar jy begin nie, dit maak saak waar jy eindig!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Wereld beker superbru?

Post by KalahariKlong »

Dit lyk of ek geen kennis het van rugby nie ..
Ek het so gehoop Fiji rol vir Wales.
Kom ons kyk hoe loop rondte 2.

Groete
KK
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Capt. Yoda »

KalahariKlong wrote: Mon Sep 11, 2023 7:57 pm Dit lyk of ek geen kennis het van rugby nie ..
Ek het so gehoop Fiji rol vir Wales.
Kom ons kyk hoe loop rondte 2.

Groete
KK
Toema, jy kon soos Aviljoen vir Nam geback het teen Italia
Ek het self gehoop/gedink Fiji kan hulle stamp
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Wereld beker superbru?

Post by KalahariKlong »

Capt. Yoda wrote: Tue Sep 12, 2023 7:52 am
KalahariKlong wrote: Mon Sep 11, 2023 7:57 pm Dit lyk of ek geen kennis het van rugby nie ..
Ek het so gehoop Fiji rol vir Wales.
Kom ons kyk hoe loop rondte 2.

Groete
KK
Toema, jy kon soos Aviljoen vir Nam geback het teen Italia
Ek het self gehoop/gedink Fiji kan hulle stamp
Haha, toema ek het Nam vir die wen teen Nzl met 80. Vinger fout en eers gesien na ek gelock het.
Carel-Chris
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am

Re: Wereld beker superbru?

Post by Carel-Chris »

KalahariKlong wrote: Tue Sep 12, 2023 7:09 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Sep 12, 2023 7:52 am
KalahariKlong wrote: Mon Sep 11, 2023 7:57 pm Dit lyk of ek geen kennis het van rugby nie ..
Ek het so gehoop Fiji rol vir Wales.
Kom ons kyk hoe loop rondte 2.

Groete
KK
Toema, jy kon soos Aviljoen vir Nam geback het teen Italia
Ek het self gehoop/gedink Fiji kan hulle stamp
Haha, toema ek het Nam vir die wen teen Nzl met 80. Vinger fout en eers gesien na ek gelock het.
Sal beslis die grootste upset nog wees
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br

Superbru kampioen 2023
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Voor Rondte 3 afskop vanaand gou n opsomming van rondte 2:

Daar was 5 spelers wat GSP's (100%) in die rondte gekry het, baie geluk, ek het nie gedink Fiji gaan Aus trap nie alhoewel dit lekker was om te sien. Geluk aan Regardt met die geel keppie en jy skuif sommer in 2de plek in na Vic op die ranglys. Cappie kry a honorable mention vir die meeste posisies (26) verbeter in die rondte.

Aan die onderkant is dit Roftie wat die houtlepel gekry het. Roftie ek stuur vir jou n "get better soon" kaartjie, nie omdat jy siek is nie net omdat ek weet jy beter kan doen as hierdie rondte.

Voorspoed vir rondte 3.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Capt. Yoda »

Amper vergeet ek van die
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Weeklikse resultate plus sommer n herinnering aan almal om te volgende rondte te kies!

Rondte 3 resultate:

Geel keppie: Toxicsox ( Die toekenning kom saam met die skande dat jy vir Ierland gekies het om bokke te wen... sal maar nie sê wie die enigste ander onpatriotiese poeph@l was nie)

Houtlepel: Roftie (Lyk my dit raak n gewoonte... Het jy dan nie my "get better soon" kaartjie van laas week gekry nie?)

Honorable Mentions: Malan met sy 11 plekke verbetering is die grootste sprong boontoe op die ranglys.

Geen bonus punte (GSP) omdat niemand braaf genoeg was om n gelyk op tussen Georgia en Portugal te roep nie.

Onthou om volgende rondte te kies, dis n kort week so Woensdag is om die draai.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Rondte 4 resultate

Dit voel soos n Oprah Winfrey episode want amper die helfte van die groep het die GSP bonus punte gekry.

Geel keppie gaan aan 4 jaar gelede se wenner: Tribes
Hout lepel: Roftie - Op n positiewe noot. Jy het ten minste die een wedstryd wat jy gepick het reg (Japan vs Samoa) so eintlik moet jy ook die 2 bonus punte kry vir 100% reg.
Hoogste sprong / Most improved: Ian het n allemintige 15 posisies geklim die week.

Die bokke kry n ruskans maar ons rusbank afrigters nie, so onthou maar om julle keuses in te sit (kom Roftie ek praat nou met jou).
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Ajviljoen260rem »

Capt. Yoda wrote: Tue Sep 12, 2023 7:52 am
KalahariKlong wrote: Mon Sep 11, 2023 7:57 pm Dit lyk of ek geen kennis het van rugby nie ..
Ek het so gehoop Fiji rol vir Wales.
Kom ons kyk hoe loop rondte 2.

Groete
KK
Toema, jy kon soos Aviljoen vir Nam geback het teen Italia
Ek het self gehoop/gedink Fiji kan hulle stamp
Hahahaha was n voet foutjie en ook eers na die tud gesien ek verkeerde span geback🤣🤣
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

"Fiji need to be careful and not get too complacent because on their day, England have the ability to be just as good as Portugal…"

Ek dink hierdie grappie som mooi rondte 5 op.

Geel keppie wenner: Beesbreet -Baie geluk! Jy het die hierdie rondte met amper n volle punt gewen.
Hout lepel: Ian - Van hoogste springer vorige rondte tot houtlepel wenner heirdie week... (PS - die platform skop vir Roftie & Bloubal uit omdat hul nie spanne gekies het nie)
Hoogste sprong / Most improved: Benster het n goeie 7 posisies geklim die week.

Net 4 wedstryde hierdie naweek, so kies maar versigtig want almal kan enige kant toe gaan. Die verskil tussen die voorloper en nommer 10 op die bord is net 5 punte en 1 of 2 "upsets" kan maklik die ranglys baie verander.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Ps - ek was die naweek seinloos en het steeds my keuses ingesit, so daar is nie meer verskoning nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Ek weetie van julle nie maar hierdie naweek het my lewe met ten minste 5jaar verkort agv al die hartklopping wat ek gisteraand moes verduur.

Ter opsomming: Engeland het darem net-net reg gekry wat Portugal laas week kon doen. Die Iere het nog steeds nooit verder as n kwarteindstryd gekom in enige rugby wereldbeker toernooi nie. En die Argentyne het vir meeste van ons net superboer punte gekos. Maar die bokke het gewen!!!

Geel keppie wenner: Carel-Chris -Baie geluk! Jy iseen van net drie jaracallers wat al 4 wedstryde kon reg kry. Saam met jou geel keppie skuif jy sommer ook heel bo op die voorloperbord.
Hout lepel: (drum roll) CPX - Jammer man. Julle was 5 wat gedink het die bokke gaan dit nie maak nie so dis net regverdig dat een van julle 5 die houtlepel wen. Selfs ou Roftie het net een call gemaak die naweek (die bokke met 4) en dit het hom meer punte gegee as al 4 jou naweek keuses... ;)
Hoogste sprong / Most improved: Buffalo Bill het met n goeie 12 posisies geklim die week. As jy weer 12 posisies spring hierdie naweek is jy naby aan die bo-kant van die bord.

Met 3 wedstryde oor is daar steeds baie punte op die spel, maar as jy nie in die top 3 is nie is dis nou die tyd om te besluit of jy n upset (of 2) wil roep om te kyk of jy bietjie hoer op kan eindig nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Capt. Yoda »

Eks net dankbaar ons is kla met 9uur Sondae aand rugby
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Malan123 »

Capt. Yoda wrote: Mon Oct 16, 2023 4:47 pm Eks net dankbaar ons is kla met 9uur Sondae aand rugby
Sjoh ek ook!!!
User avatar
Chris Roux
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Tue Apr 12, 2016 4:20 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by Chris Roux »

Hier op Jaracal leer ek al weer iets nuuts. Daar is n verskil tussen rugby kenners en rugby ondersteuners, my raai skote is ook maar soos haelgeweer skiet. Party keer raak maar meesal mis. ;D

Ek vat daai hout lepel, dankie - CPX
Ek is jagter, ek het my siel in die bos verloor. - Appel
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Ek dink my hart het alweer hierdie Sateradg vinniger geklop as tydens bok koors in jagveld...

Oor Vrydag wil ek nie praat nie, my vrou kon nie eers die NZ vs ARG wedstryd klaar kyk nie en het aan die slaap geraak in die middel van die wedstryd. Ek blameer haar nie want dit was nie n baie opwindende wedstryd nie. Oor ons game dink ek die volgende grappie som dit mooi op. Die rooinekke weet nou hoe dit voel om in Suid Afrika te leef want hulle het n "smash & grap" ervaar Saterdag.

Geel keppie wenner: Point Blank Jaques -Baie geluk! Saam met jou geel keppie skuif jy sommer ook die meeste posisies op en is jy dus ook die week se Hestrie Cloete-Els (maw hoogste springer).
Hout lepel: (drum roll) Vic - Jammer man. Julle was net 1 van 3 nie n bokke vs NZ finaal voorspel het nie. Jy het darem n skoot in die donker geskiet en gehoop die poemas wen die all blacks. Ek sal maar nie Arnold se naam noem nie maar iemand het gedink ons gan dalk nie die rooinekke kan vat nie... (en hy was amper reg...)
Honorable mentions: Makos - Die Argenyne het jou 10 posisies op die ranglys gekos. Dis nou wat mens noem jou wind uitval.

Met 2 wedstryde oor (ja ek het laas week vergeet van die 3 vs 4 plek wedstryd) is daar nou eintlik maar net die top 3 (Carel-Chris; Bosnimf; Toxicsox) wat gaan koppe stamp vir die titel. Sterkte manne en manninne. Ek sit sommer nou al my keuse in: Bokke met 50 en as ons dan weer met 1 punte wen sal ek steeds gelukkig wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

Ok so kom ons sluit hierdie draad af.

Dankie aan almal wat so lekker saam gespeel het (en dankie aan die bokke dat jul die koppie terug gebring het). Hier volg die finale uitslag van ons superboer RWC2023: (Sorry die tabel copy nie maklik nie)

Rank Player WP MP GSP BP Total
1 Carel-Chris 49 9 2 1.66 61.66

2 BosNimf 49.5 6.5 2 1 59.00

3 finch 48 4.5 2 1.5 56.00

4 Jase619 47.5 5 2 1.5 56.00

5 Dirkie 47 5.5 2 1.33 55.83

6 Capt_Yoda 47 6.5 2 0 55.50

7 AJviljoen 46.5 4.5 2 2 55.00

8 Willeboer 48.5 4 2 0.33 54.83

9 Benster 45 6.5 2 1.24 54.74

10 Piet-Boer 46.5 5.5 2 0.66 54.66

11 Dezman 45 7 0 2.66 54.66

12 Stef1274 46 6.5 2 0 54.50

13 FrederikC 45.5 6 0 2.75 54.25

14 toxicsox 42.5 6 4 1.5 54.00

15 Buffalo bill 47 4 0 2.83 53.83

16 Malan 46.5 5.5 0 1.75 53.75

17 Point Blank Hunting 47.5 4.5 0 1.5 53.50

18 Ian 46.5 4.5 2 0.5 53.50

19 Desperado 45.5 5 0 3 53.50

20 Sinbin 45 6 0 2.16 53.16

21 stormace 45 6.5 0 1.5 53.00

22 Tribes 42 8 2 0.83 52.83

23 Kanaal-aap 46 4 2 0.5 52.50

24 sYMMo 46.5 5.5 0 0.33 52.33

25 Chris Louw 48 3.5 0 0.5 52.00

26 Regardt 43.5 6 2 0.5 52.00

27 Hano 45 4 0 2.33 51.33

28 Burger 44 5 2 0 51.00

29 Charlk 44 4 2 1 51.00

30 Die Skilpad 44 3.5 2 0.83 50.33

31 BeesBreet 44.5 4 0 1.33 49.83

32 Makulus 45 3.5 0 0.83 49.33

33 BINARY 43.5 5.5 0 0 49.00

34 Makos 41 6 2 0 49.00

35 Vic 39.5 4.5 2 2 48.00

36 Maroelas 42 5 0 0.33 47.33

37 Arnold 41 6 0 0.25 47.25

38 Freddie7 42 3.5 0 0 45.50

39 KalahariKlong 41 3.5 0 0 44.50

40 CPX 33.5 3 2 0 38.50

41 Roftie 21.5 2 0 1.5 25.00

42 Bloubal 16 2 0 0.5 18.50


Ons maak oor 4 jaar weer so!
Vreugde en Vrede!

NS - Kom ek gee nog so een laaste houtjie. Toxicsox, Jy het ge"go-for-broke" vir daai boonste posisie maar toe kos die All Blacks jou 11 posisies en as bonus kry jy die laaste houtlepel van die seisoen...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Wereld beker superbru?

Post by finch »

NSS - Amper vergeet ek om geluk te sê vir ons wenner: Carel-Chris!!!

Baie geluk. Jy wen die virtuele wisseltrofee en brêgging regte vir die volgende 4 jaar. Jy mag maar in jou Jaracal signature onder jou lys van roere hierdie virtuele wisseltrofee byvoeg.

Baie geluk!
Carel-Chris
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am

Re: Wereld beker superbru?

Post by Carel-Chris »

Baie dankie ek ontvang die trofee en dateer my signature op
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br

Superbru kampioen 2023
Post Reply