"Rangefinder" Verkykers - Mid Level
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
"Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Goeie dag manne,
Hoop dit gaan goed.
Ek het net weereens die pas afgelope jagseisoen besef die volgende stukkie toerusting op my lys is 'n "rangefinder" verkyker.
Dit is 'n gerondvallery tussen afstandmeter en verkyker en dan eers weer die bok soek. So ek het nou klaar besluit ek gaan een kry, maar nou volgende is watter model. Leica, Swarovski en Zeiss is uit vir my. Hulle is net eenvoudig te duur, maar ek dink die intree vlak model soos die bushnell en die rudolph het te veel leemtes en hulle voel nie na kwaliteit nie. So ek kyk na die modelle tussenin. R20k na R30k.
Die volgende aspekte maak vir my saak:
- Hoef nie 10km te kan range nie, net jag afstande. Meeste modelle kan darem tot 2000m gaan en sal werk.
- Gewig
- Afstande moet maklik kan lees.
- Moet vinnig en maklik kan lesings neem.
- Moet goeie kwaliteit glas hê.
- Waarborg
Ek kyk tans na die volgende modelle:
- GPO Rangeguide 10x32 - R23k - Dit is 'n nuwe duitse fabrikaat en is lekker klein en lig. Die reviews sover lyk goed. Ek sal graag na een wil kyk.
- Leupold BX4 Range - +/- R30k Die model is onlangs uitgebring en nog nie hier beskikbaar nie. Nuuskierig oor wat die terugvoer oor hom gaan wees.
- Sig Sauer Kilo3000BDX R35k
- Vortex Fury 5000 - R33k
- Delta T9x45HD
Kan die manne wat ervaring met bg het asb. laat weet? As daar ander goeie opsies is wat ek mis voeg asb. by.
Laat weet wat julle dink? Die goed is duur en ek wil graag een keer die regte een koop binne my begroting. Ek is glad nie haastig nie en as dit by koop tyd kom sal ek ook 2de handse koop.
Groete
Ockert

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Hawke 10x42 LRF
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Fury 5000, ek het al goeie goed van die Delta ook gehoor maar het nog nie self met een gewerk nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Daai Sig loop mooi. Het die groot boet die 10000 onlangs gebruik in die Kalahari. Nie myne nie maar was beindruk.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Dink jy loop met te veel goed om jou nek.
Die Leica 2800 is perfek.
Die Leica 2800 is perfek.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ek het 'n nikon laserforce 10x42mm en is baie gelukkig. Gebruik hom daagliks. Hy het wel gebreek in die vorige jagseisoen maar hulle het hom vir my vervang met 'n nuwe een sonder enige moeilikheid. Ek het so bietjie ondervinding met die vortex fury ook en hy werk net so lekker.
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ek het twee jaar gelede n SIG Kilo3000BDX tweedehands gekoop. Daar is nou juis een wat op een of andeer groep adverteer word vir R21000. Werk vir my baie goed. Lekker dat jy profiel vir elke geweer kan opstel-kry afstand en verstelling wanneer jy range.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ockert,
Staan vas voor jy koop en wag dat die Leupold land. Ek het met een gespeel so ruk gelede. Bitter goeie glas en range vinnig, groot en klein.
Soos alle Leupold produkte is daai binocs bullet proof. Die rubber omhulsel het sulke klein vingertjies wat lekker in jou hande sit.
Soos al die produkte in hierdie klas ook groter/meer bulky as net die binocs self.
Ek gebruik Leicas en sal maklik die Leupold inspan as dit moet.
Hoop dit help.
Met n vleisie...
Staan vas voor jy koop en wag dat die Leupold land. Ek het met een gespeel so ruk gelede. Bitter goeie glas en range vinnig, groot en klein.
Soos alle Leupold produkte is daai binocs bullet proof. Die rubber omhulsel het sulke klein vingertjies wat lekker in jou hande sit.
Soos al die produkte in hierdie klas ook groter/meer bulky as net die binocs self.
Ek gebruik Leicas en sal maklik die Leupold inspan as dit moet.
Hoop dit help.
Met n vleisie...
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Dankie vir almal se terugvoer sover.Mellies wrote: Sat Sep 02, 2023 10:00 am Ockert,
Staan vas voor jy koop en wag dat die Leupold land. Ek het met een gespeel so ruk gelede. Bitter goeie glas en range vinnig, groot en klein.
Soos alle Leupold produkte is daai binocs bullet proof. Die rubber omhulsel het sulke klein vingertjies wat lekker in jou hande sit.
Soos al die produkte in hierdie klas ook groter/meer bulky as net die binocs self.
Ek gebruik Leicas en sal maklik die Leupold inspan as dit moet.
Hoop dit help.
Met n vleisie...
Dankie Mellies, ja ek is ook baie nuuskierig oor die Leupold. Wonder ook teen watse prys hulle gaan inkom.
Is hier iemand wat al die GPO getoets het?
Gelukkig met die jagseisoen van 2023 agter ons. Het ons darem bietjie tyd. Moet ook nog die beursie weer in orde kry.
Groete
Ockert
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Kyk ook na die Sig Sauer Kilo 6000. vir onder 30k is dit baie goeie waarde vir geld.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Verseker. Beste waarde vir geld op die oomblik.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Dumbluck
- Hero Member

- Posts: 563
- Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Wie het ondervinding met die Bushnell 1 Mile Arc 10x42? (ek sien Bushnell het nou al 'n nuwer model, Fusion X)
Hoe vergelyk hy teen die middel en hoer klas van rangefinder vêrkykers?
Ek het self een al 'n hele paar jaar, maar ek het geen ondervinding met die beter/duurder modelle nie. Dit is met opset, dalk wil ek nie weet wat ek mis nie. R15k was destyds vir my 'n redelike bedrag om te betaal.
Oor die jare het ek my teikens en gongs gemaklik ge-range op die baan en bokke in die veld akkuraat genoeg vir 300m kopskote.
Wat is die voordeel van 'n R30k model? Meer akkurate pin-point range? Is hulle vinniger? Beter glas ek seker oor.
Ek is nuuskierig
Hoe vergelyk hy teen die middel en hoer klas van rangefinder vêrkykers?
Ek het self een al 'n hele paar jaar, maar ek het geen ondervinding met die beter/duurder modelle nie. Dit is met opset, dalk wil ek nie weet wat ek mis nie. R15k was destyds vir my 'n redelike bedrag om te betaal.
Oor die jare het ek my teikens en gongs gemaklik ge-range op die baan en bokke in die veld akkuraat genoeg vir 300m kopskote.
Wat is die voordeel van 'n R30k model? Meer akkurate pin-point range? Is hulle vinniger? Beter glas ek seker oor.
Ek is nuuskierig
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Adri,Dumbluck wrote: Tue Sep 05, 2023 12:51 pm Wie het ondervinding met die Bushnell 1 Mile Arc 10x42? (ek sien Bushnell het nou al 'n nuwer model, Fusion X)
Hoe vergelyk hy teen die middel en hoer klas van rangefinder vêrkykers?
Ek het self een al 'n hele paar jaar, maar ek het geen ondervinding met die beter/duurder modelle nie. Dit is met opset, dalk wil ek nie weet wat ek mis nie. R15k was destyds vir my 'n redelike bedrag om te betaal.
Oor die jare het ek my teikens en gongs gemaklik ge-range op die baan en bokke in die veld akkuraat genoeg vir 300m kopskote.
Wat is die voordeel van 'n R30k model? Meer akkurate pin-point range? Is hulle vinniger? Beter glas ek seker oor.
Ek is nuuskierig
Ek dink die bushnell is waarde vir geld in sy prys klas en het goeie back diens. Maar hulle het ook redelik probleme gegee(Eye caps wat los kom, battery units wat uitbreuk, etc.) en die kwaliteit voel vir my soos 'n goedkoop verkyker sn. Half plastiekerig. Meeste kliente wat hulle gehad het en probleme gekry het, het hulle dadelik verkoop en 'n paar rand bygesit en 'n vortex,sig sauer of leica gekoop.
Die vortex fury, sig sauer, swarovski en leica's waarmee ek al gespeel het is net in 'n ander klas. As jy hom optel weet jy dit is kwaliteit. Lees afstande makliker en meet vinniger.
Ek wil sover moontlik graag een koop en nie gou weer nie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13574
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Daai Fury 5000 AB is n masjien, die Leica en Swaro is maar die maatstaf maar jy betaal vir dit maar as jy een keer gehuil het gaan jou kinders nog met hul jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8006
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ek hou van die Delta, die beeld is pragtig teenoor die Sig wat vir my 'n blou/groen tint gehad het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
DeVilliers
- Full Member

- Posts: 144
- Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
yoh! En hier dog ek mid range is R10k. Jy't my nou nuuskierig gehad toe gaan soek ek bietjie. Eina!
Ek sal maar moet nader kruip, dis goedkoper.
Ek sal maar moet nader kruip, dis goedkoper.
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1394
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ek sou wegbly van Sig, sodra hy buite waarborg is (5 jaar?) doen hulle glad nie repairs nie. Nie in SA nie en nie in VSA nie. So dis R30k paper weight dan. Ek het so oorgekom onlangs met n 2000 model... Nie nice nieGian_dP wrote:Ek het twee jaar gelede n SIG Kilo3000BDX tweedehands gekoop. Daar is nou juis een wat op een of andeer groep adverteer word vir R21000. Werk vir my baie goed. Lekker dat jy profiel vir elke geweer kan opstel-kry afstand en verstelling wanneer jy range.
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Ek moet sê nikon het my baie mooi gehelp met naverkope diens toe myne probleme gegee het. Hulle het vir my vervang met 'n nuwe een sonder enige papierwerk aan my kant.
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
Sent from my SM-A127F using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Goeie na-verkope by Nikon ontvang via S&O.
Teleskoop(hulle vervaardig nie meer) en verkyker. Ek het hele paar Nikon’s.
Volle krediet ontvang en plus my bybetaling vir opgradering.
Beste.
Teleskoop(hulle vervaardig nie meer) en verkyker. Ek het hele paar Nikon’s.
Volle krediet ontvang en plus my bybetaling vir opgradering.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- pwdejager
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm
Re:
Ek bly ook weg van Sig af, het onlangs 'n BDX teruggestuur (2 keer gebruik) wat se Bluetooth nie meer lekker gewerk het nie ..... en kom ons se maar net, hulle het hom reggemaak na ek hulle moes dryg.snakker wrote: Wed Sep 06, 2023 9:31 amEk sou wegbly van Sig, sodra hy buite waarborg is (5 jaar?) doen hulle glad nie repairs nie. Nie in SA nie en nie in VSA nie. So dis R30k paper weight dan. Ek het so oorgekom onlangs met n 2000 model... Nie nice nieGian_dP wrote:Ek het twee jaar gelede n SIG Kilo3000BDX tweedehands gekoop. Daar is nou juis een wat op een of andeer groep adverteer word vir R21000. Werk vir my baie goed. Lekker dat jy profiel vir elke geweer kan opstel-kry afstand en verstelling wanneer jy range.
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
So ek bly maar weg van Sig
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level

Die Leupolds is beskikbaar
Sent from my iPhone using Tapatalk
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: "Rangefinder" Verkykers - Mid Level
Kahles Helia rf 10x42