Glock Timney Alpha sneller

Post Reply
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Glock Timney Alpha sneller

Post by NicoO »

Goeie more,

Kan iemand my raad gee oor die Timney Alpha sneller op die Glocks, is dit die moeite werd om die sneller in te sit?
Groete
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Thunderhead »

Die sneller is bietjie ligter en crisp. Ek skiet beter met hom. Maar Glock se safety is sy sneller so jy kan nie te lig gaan nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Ds J »

Ek het gesprekke met verskillende goeie skuts gehad. Byna enige verbeterings op n handwapen is amper soos om n standaard voertuig te "tune". Dit is iets wat net vir n gevorderde skut sin maak.

Vir ons gewone mense is dit sinvoller om daardie geld op n goeie skietkursus te spandeer, of op ekstra ammunisie om meer te kan oefen.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by LUAN »

Voor ek daai geld op n sneller spandeer koop ek liewers n Canik wat klaar met n goeie sneller kom. Ek is n Glock man maar sal eerste wees om te erken dat hulle n cak sneller het.
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Glocked »

Nee wat, dis nie die geld werd nie. Beste wat jy kan doen is 'n 2kg connector, en 'n Eemantech spring kit. Dis so goed as wat jy hom veilig kan kry. Wees versigtig vir te veel krap aan springs ens, dan begin jy weer moeilikheid kry met light strikes ens. Hou hom stywer vas, dan het die pluk aan die sneller nie so groot effek nie ++>:
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by HeinM »

LUAN wrote: Wed Aug 16, 2023 7:46 pm Voor ek daai geld op n sneller spandeer koop ek liewers n Canik wat klaar met n goeie sneller kom. Ek is n Glock man maar sal eerste wees om te erken dat hulle n cak sneller het.
Beter sneller ja. Maar baie van die Canik pistole stoor... Hulle moet nog die pad vervolmaak wat dit aanbetref...
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by NicoO »

Baie dankie! Ek wardeer julle raad!
Ek gaan net meer ammunisie koop 😃
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Henlo »

As jy kompetisie skiet koop die timney, as jy net speel op die baan of as dit jou dra pistool is los hom standaard en skiet meer. Ek het n timney in my M&P en hy skiet baie makliker as die standaard sneller wat klaar baie beter as n glock sin is
Te veel gunne en te min geld
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by NicoO »

Ja die Glock is my drae pistool skiet, ek het hom nou so maand het so 500 skote deur, ek sal hom so hou vir nou net ammunisie opbou. Dankie vir almal se insette!
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Ds J »

Nico, die Glocks is blykbaar eers by 1500 skote ingeskiet. Teen daardie tyd sal jy agterkom dat hy bietjie gladder werk.
NicoO
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 289
Joined: Sat Jul 19, 2014 5:59 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by NicoO »

Baie dankie Ds J ek sal terugvoer gee hier rondom daai getal!
_____________________________________________
.22 Cz455
250 Sav Ruger M77
6XC Sauer
6.5 CM Tikka
7x64 Bren Musgrave
308 Krico
300 WM Mauser
375 Custom
416 Rigby
Musgrave AR-15 223
9mm Glock
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Capt. Yoda »

Vir n SD pistool sou ek nie te ligte sneller wou he nie, as jy hom moet trek in n geval sal jy verstaan hoekom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Alwin »

Capt. Yoda wrote: Fri Aug 18, 2023 10:20 am Vir n SD pistool sou ek nie te ligte sneller wou he nie, as jy hom moet trek in n geval sal jy verstaan hoekom
Goeie advies.

As jy jouself in 'n noodgeval situasie bevind en jou are pomp dik strome adrenalien (ons praat nou niks oor die kortbroek se bewerasies nie), dan kry jy baie ekstra krag in jou groot spiere, maar jou fyn motoriese beheer verdwyn. Dit beteken jou vingerpunte kan nie meer daardie lekker sensitiewe kompetisie sneller voel of veilig beheer nie. Dit is hoekom die VSA polisie vir jaaare vasgeklou het aan hulle outydse dubbelaksie rewolwers. Die Glock en al sy baie namaaksels het dieselfde prinsiep van 'n dubbelaksie snellertrek (vir elke skoot) na pistole gebring en dis die primêre rede hoekom hulle die VSA polisiemark oorgeneem het.

Vir kompetisie skiet kies ek 'n lekker sensitiewe enkelaksie sneller, waar toegelaat.

Vir elke dag dra is 'n dubbelaksie trek vir elke skoot, soos bv. Glock en vele andere die beter opsie. Vir EDD wil jy ook nie enige ekstra hefbome of knoppies hê wat jy moet manipuleer voordat jy jou aanvaller se planne kan versuur nie. Dit help ook as die EDD wapen nie enige skerp punte het wat jou kan bykom en ongerief veroorsaak nie. Dan help die lae massa weens die plastiek raam ook met gerief en sommer ook vir roesbestandheid.

Om 'n Glock-tipe sneller te leer beheer help oefening baie. Die beste oefening is om 'n dubbelaksie rewolwer te skiet en ook droë skote te skiet. Daarna voel die swaar Glock sneller heel beheerbaar en glad.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Ratel »

Ek dra my Glock al vir meer as 20 jaar met 'n ligter trigger connector en een in die pyp. Die lank en die kort is jou vinger is die safety. Maak nie saak wat jy dra nie. Dit gaan oor oefen en disipline. Die trigger connector is ook 'n OEM Glock part. Praat met Dave Sheer se Glock wapensmid.
Maak 'n verskil
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Alwin »

Ratel wrote: Tue Aug 29, 2023 7:02 am Ek dra my Glock al vir meer as 20 jaar met 'n ligter trigger connector en een in die pyp. Die lank en die kort is jou vinger is die safety. Maak nie saak wat jy dra nie. Dit gaan oor oefen en disipline. Die trigger connector is ook 'n OEM Glock part. Praat met Dave Sheer se Glock wapensmid.
Die ligte connector, gemerk "-" gee 'n 2kg snellertrek met standaard slagpenveer.

Dit is die heel ligste sneller wat ek sou dra vir SV. Al die snellers wat nog ligter is, dink ek is suiwer kompetisie gereedskap.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Glock Timney Alpha sneller

Post by Ratel »

Alwin wrote: Thu Aug 31, 2023 12:31 pm
Ratel wrote: Tue Aug 29, 2023 7:02 am Ek dra my Glock al vir meer as 20 jaar met 'n ligter trigger connector en een in die pyp. Die lank en die kort is jou vinger is die safety. Maak nie saak wat jy dra nie. Dit gaan oor oefen en disipline. Die trigger connector is ook 'n OEM Glock part. Praat met Dave Sheer se Glock wapensmid.
Die ligte connector, gemerk "-" gee 'n 2kg snellertrek met standaard slagpenveer.

Dit is die heel ligste sneller wat ek sou dra vir SV. Al die snellers wat nog ligter is, dink ek is suiwer kompetisie gereedskap.
Jip ek stem saam. Dis al klaar baie ligter as die standard sneller.
Maak 'n verskil
Post Reply