Kan iemand raad gee, as ek my scope effens draai teen lig dan sien mens duidelike "smeer" merke, amper soos vetterige vingermerke teen die voorste lens. Het al elke lappie probeer en so fancy lugblaas, skoonmaak dingetjie gekry maar niks wil werk nie. Dit steur nie onder gewone toestande nie maar moet skoonkom!!
Is daar spesifieke lens cleaner, kamera lens cleaner ens wat ek kan gebruik?
Skoonmaak van lense
- Vleder
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am
Skoonmaak van lense
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Skoonmaak van lense
Jy kry n scope skoon maak pen wat goed werk
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: Skoonmaak van lense
Daai lenspen werk soos 'n bom..
verder moet jy onthou om nooit met een van jou vrou se 'tissues' 'n lens skoonmaak nie, dit bestaan uit papier en krap jou AR coating af. Ook nooit 'n lappie gebruik wat in 'Stay-soft' gewas is nie, dit val ook die AR coating aan.
Met brillense gebruik ek sommer 'n flou oplossing sunlight liquid en water, dit haal vetterigheid ook mooi af.
Onthou ook, dis bitter selde dat jou lappie die lense krap, dis die STOF op die lense wat veroorsaak dat hulle krap as jy hom skoonvryf. Borsel eers stof af met sagte borseltjie.
Die nuwe duurder teleskope se AR coating is anti-staties, so minder stof pak op hulle.
Groete

Last edited by Johan JvR on Tue Sep 06, 2011 12:00 pm, edited 1 time in total.