TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Manne ek bars van die trots.
Die Bokke het vêr van n perfekte wedstryd gespeel teen wat ek voel 'n swak Ausie span was. Duane het gewys daar is nog 'n son na Kolisi en het goed perform terwyl ek dink baie oe op hom was. Die lekkerste was natuurlik om die alwetend Eddie Jones in die bek te ruk met ons "B" span ... Smart Ass..
Ek dink ons is in 'n goeie plek op die oomblik met ons rugby, volgende naweek sal dit meer duidelik maak as ons die nie meer so magtige All Blacks aan vat.
Dan die UFC. What can you say... Soos Dricus sê " Suid Afrika, hulle weet nie wat ons weet nie!"
DDP het nie net gewen nie, hy het domineer en sommer die "Hall of fame" legende goed pak gegee. Niemand het hom n halwe kans gegee nie en die gevoel was as hy wen gaan dit met 'n lucky knock out wees. Ek het so hard geskree toe hy vir Robert neer sit laat my buurman gewonder het of daar fout is by my huis. Robert en die hele skare in Los Angeles was skoons kontverstom gelaat.
Nou moet hy net die arrogante Izzy in Oktober mooi in Afrikaans verduidelik wat 'n PK is.
Cameron se geveg kon ek ongelukkig nie kyk nie maar ek hoor die boytjie van ons het net so mooi baklei en TKO in rondte 1 gehad. Ek sal maar die heruitsending kyk en net so hard vir hom skree.
Ek weet baie mense is kwaad en negatief vir die sport en die land en en..
Ekke, ek is trots Afrikaans en trots op my land en mal oor my sport.
Ek kyk sport en ek het my DSTV nog en love my wings by spur.
Die lewe is te kort om so kwaad te word vir dinge waaroor jy baie min beheer het.
Mooi loop almal. Die kalahari is vrek koud vanaand.
KK

- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
'n Engelse vriendin het eenkeer vir my gesê ' It's so lekker to be lekker'. En vandag was dit lekker om lekker te wees. Na daai reguit regter van Dricus het 'n groot linkerhaak verwag en geblok laat dit bars. Daar was nou 'n PW in die sin van die woord as jy kyk hoe daai man se ore gewapper het.
Ek kan nie sê ek verfoei die Aussies nie, hulle het darem vir baie van ons mense 'n heenkome gegee. Maar Eddie SMARTARSE...
Shoot straight

Francois Vogel
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Ja dit was besonders.
Ek het baie lanklaas op ‘n stadion rugby gekyk maar het saterdag die voorreg gehad om op Loftus te wees! Die energie en gees selfs voor die wedstryd begin het was ongelooflik!
Die Aussies het nie net teen die Bokke op die veld verloor nie maar teen die hele Loftus!
Ek het net weer besef hoe lekker(en belangrik) dit is om vol stadions te hê vir die spanne wat speel. Ek sal definitief meer moeite doen in die toekoms!
Na ‘n lekker partytjie na die wedstryd het dit maar heelwat selfdissipline gevat om weer 04:00 op te staan en Dricus se geveg te kyk.
Ek dink ook Izzy gaan Dricus se moeilikste geveg wees. Ek dink wel die ander UFC manne onderskat hom geweldig(veral hoe sterk hy is)
Cameron sien ek ook ‘n groot toekoms voor!!!
Lekker om ‘n Suid Afrikaner te wees!!
Sent from my iPhone using Tapatalk

Jis jy was bevoorreg om daar te kon wees. Toe die Stem so bulder het ek darm gewens ek kon daar wees. Kan glo die gees was oordonderend.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Baie mooi gedoen Suid Afrika!
En dit is nie appels met appels vergelyk nie, want ten spyte van beurtkrag, water, paaie, misdaad en armoede, was ons die naweek baie baie beter as Australië.

- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Lekker Bok game gewees!
Ek het verwag dat ons maar soos altyd geroes gaan wees en sukkel sukkel gaan beter word.
Toe wys die manne vir ons dat hulle reg is vir wêreld beker en hulle spel begin uitbrei.
Die manne maak ons trots!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het verwag dat ons maar soos altyd geroes gaan wees en sukkel sukkel gaan beter word.
Toe wys die manne vir ons dat hulle reg is vir wêreld beker en hulle spel begin uitbrei.
Die manne maak ons trots!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Man dit was lekker in die stadion!!! Ek het my 2 dogters gevat en ons het die volkslied uit volle bors gesing. Na my jare oorsee het ek maar net weer gesien dat jy nie jou bloed kan verloon nie. Vir 400jaar kon almal loop wat wou. Die wat nog hier is WIL hier wees!!! (Of niemand wil hulle hê nie).
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Ek hoop Dricus maak daai Chinees size. Kan hom/haar/dit nie hanteer nie. Iemand moet hom gou humble.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Ek het gisteraand lekker gaan kyk na Drikus se geveg. Sy kop en sy lyf is reg aangeskroef en hy is ‘n goeie ambassadeur vir ons land.
Ek dink hy gaan vir Izzy hard timmer en wêreld kampioen word!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek dink hy gaan vir Izzy hard timmer en wêreld kampioen word!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Goeie naand mensé
Vrydagaand het die All Blacks soos pap babatjies rugby gespeel. Nie die feit dat hulle swak is nie maar die Bokke se vermoë om hulle fisies soos die groen stoomroller van ouds te boelie, so in your face. Shame brawe harte lê seker en huil sagte trane langs sy 6.5 creedmoor.
Scott Barret die All Black slot het geen antwoord vir die magte groen en goud gehad nie en hom skuldig gemaak aan aspekte van die spel wat buite die reëls hoort. Die skeidsregter het hom 'n kantlyn golden ticket kaartjie pasella gegee waarna hy die res van die wedstryd vanaf die kantlyn kon kyk. Scottie jy het jou tjommies gedrop soos Naas sou sê.
Andre Esterhuizen se vermoé om spasie aan te val het die All Blacks so deurmekaar gehad soos 'n prostituut by 'n kerkbasaar, meeste van haar kliente was daar.
Was dit nie 'n riem onder die hart om te kyk hoe Damian Willemse nie die ref uit skel vanaf heelagter nie. Willie ek hoop jy luister vannaand. Waar bly jy Willie, jy bly stil en jol voetbal.
Hierdie wedtryd maak my opgewonde vir die wêreldbeker. Wat 'n riem onder die hart was dit nie om Rassie weer langs die veld te hê. Hoe uitgeslape is hy nie. Nêrens is daar 'n reël wat sê die direkteur van rugby mag nie langs die veld wees nie.
Hiermee sluit ek af.
Go Bokke! en al julle wannabe plastic All Black surporters wat in Suid Afrika gebore is, slaap met een oog oop, die Bokke kom vir julle en vir al die ander.
nag ou grote
nag ou grote junior

GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Mooi opgesom Joe. Dit was sommer bitter lekker rugby.
Ek deel ook jou mening oor Willie.
Die hoop is groot vir die wereldbeker.
Mooi loop
Ek deel ook jou mening oor Willie.
Die hoop is groot vir die wereldbeker.
Mooi loop
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Jy vra so waar bly Willie?joe rocket wrote: Tue Aug 29, 2023 8:07 am Goeie naand mensé
Vrydagaand het die All Blacks soos pap babatjies rugby gespeel. Nie die feit dat hulle swak is nie maar die Bokke se vermoë om hulle fisies soos die groen stoomroller van ouds te boelie, so in your face. Shame brawe harte lê seker en huil sagte trane langs sy 6.5 creedmoor.
Scott Barret die All Black slot het geen antwoord vir die magte groen en goud gehad nie en hom skuldig gemaak aan aspekte van die spel wat buite die reëls hoort. Die skeidsregter het hom 'n kantlyn golden ticket kaartjie pasella gegee waarna hy die res van die wedstryd vanaf die kantlyn kon kyk. Scottie jy het jou tjommies gedrop soos Naas sou sê.
Andre Esterhuizen se vermoé om spasie aan te val het die All Blacks so deurmekaar gehad soos 'n prostituut by 'n kerkbasaar, meeste van haar kliente was daar.
Was dit nie 'n riem onder die hart om te kyk hoe Damian Willemse nie die ref uit skel vanaf heelagter nie. Willie ek hoop jy luister vannaand. Waar bly jy Willie, jy bly stil en jol voetbal.
Hierdie wedtryd maak my opgewonde vir die wêreldbeker. Wat 'n riem onder die hart was dit nie om Rassie weer langs die veld te hê. Hoe uitgeslape is hy nie. Nêrens is daar 'n reël wat sê die direkteur van rugby mag nie langs die veld wees nie.
Hiermee sluit ek af.
Go Bokke! en al julle wannabe plastic All Black surporters wat in Suid Afrika gebore is, slaap met een oog oop, die Bokke kom vir julle en vir al die ander.
nag ou grote
nag ou grote junior
Wel ek hoop met die World Cup bly hy van die veld af.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: TROTS - Wat n great sport naweek (Rugby en UFC)
Willie kan maar Engen Pies adverteur