S385, S361 en S365 op 243

Post Reply
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

S385, S361 en S365 op 243

Post by erx »

Goeie naand manne, sien daar is reeds 'n nuwe topic op 243 ladings, wil net ietsie vra vir die kenners.
Die kruite wat ek in die topic noem is almal volgens Somchem boekie geskik vir 243 ladings, maar nou sien ek 'n ander ding.
Hoekom gebruik hul 'n CCI250 primer op die S361 en gewone PMP, gelykstaande aan CCI200 op die ander 2kruite? CCI250 is 'n "Magnum"primer, of so staan op hul boksie? Ek gebruik hul op my 7mm Remington Magnum?
Ek sien die meeste 243 ladings topics praat die manne nie eers van S361 vir die 243 nie? Enige spesifieke rede?
Ek skiet self nie 243, maar probeer 'n vriend help wat 'n Musgrave 243 onlangs geerf het. Standaard 24" Musgrave loop met 1 in 10" twist.
Aangesien 365 so probleem is om te kry wonder ek net of iemand dalk kan help, want ek het baie 361 tot my beskikking?
Oja, hy het 'n pakkie Hornady 87grien Interlocks wat hy wil probeer.
Groete
erx
Last edited by erx on Wed Jul 06, 2011 10:09 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Monrique (SJ) »

erx  naandse

S361 is n balkruit en vir hom het jy n magnum primer nodig vir n meer konstante verbranding, waar S365 en S385 n stafie kruit is en nie n magnum primer nodig is nie.  Al die kruite met n 5 agter aan is stafie kruit en al die met n 1 agter is n balkruit.

Jy kan met Danie .243 en Songdaug op die forum gesels, sover ek weet gebruik hulle altwee S361.  Daai 87gr behoort goed te werk vir papier bokke of net kopskote.

Groietnis
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by tripodmvr »

Ek het nog altyd S365 in my 243 gebruik. Ek het nog nie probeer om spoed te jaag nie en my ladings is vanaf 2950 tot 3150. Sien in die Somchem boekie dat S361 die hoogste spoed lewer met 85gr punte.

Met balkruite (S321-S361) word magnum primers aanbeveel omdat hulle stadiger ontbrand. Ek het dit ook al met S385 in groter ladings 55gr+ gevind dat magnums beter werk.

S361 is ook digter a.g.v. die kleiner korrels en laai dus makliker in PMP doppe wat kleiner volume het. Met maksimum ladings moet mens versigtig wees vir drukprobleme as temperature hoog is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Sako75 »

Ek gebruik net S365 in my 2x .243's.  Ek laai 85gr en 90gr punte en kuier naby 3100vps.

Ek weet net nie wat aangaan met die nuwe aanbevelings in die Somchem boekie met BAIE laer ladings (min en max) op 243 met S365 nie??
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by tripodmvr »

Het jy al die Lot 61 sage gevolg? Die lot is baie warmer as vorige lotte en ook onakkuraat. Die vervaardigers kan pak slae kry as iemand beseer word. Daarom die laer aanbevelings vir ladings
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Sako75 »

Ek het die hele lot 61 saga dop gehou maar het lotte ver voor 61 gehad waarmee ek ladings ontwikkel het en nou weer lotte heelwat na 61 gekoop om mee te laai?  Nou is die vraag of my ou ladings nog geldig is?  Die regte antwoord is seker dat mens met elke lot jou ladings van voor af moet toets?
Last edited by Sako75 on Wed Jul 06, 2011 11:25 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by tripodmvr »

Jy het eintlik jou eie vraag geantwoord. Die kruitvervaardigers s? self dat brandtempo met tot 10% kan varieer. Met naby maksimum ladings kan dit erg lol.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sako243
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Wed Aug 10, 2011 2:10 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Sako243 »

Sako75 wrote: Ek gebruik net S365 in my 2x .243's.  Ek laai 85gr en 90gr punte en kuier naby 3100vps.

Ek weet net nie wat aangaan met die nuwe aanbevelings in die Somchem boekie met BAIE laer ladings (min en max) op 243 met S365 nie??
Hi Sako75,

Ek het nou ook 'n Sako 243 varmint aangeskaf en wil begin laai. Het klaar vir my S365, PMP primers, en Sierra Game King 85g HPBT punte gekoop. Watter ladings stel jy voor moet ek beproef en watter een werk vir jou die beste. (Skiet meeste Spingbokke maar wil die naweek bietjie n Gemsbok kap).
243 Sako, 270 Sako met Zeiss Scopes
Danie Lombard .243

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo julle


Ek het nou eers die topic gelees oor die vrae t.o.v. 243 en herlaai.

EK het al die jare S365 gebruik vir my 243 en later oorgeslaan na S361  S361 is wragtie 'n lekker kruit om mee te herlaai vir .243  Werk maklik vanuit die uniflow hopper en gee vir my en ander uitstekende akkuraatheid.
Dit is waar wat jul se dat bal kruit soos S361 'n magnum kruit benodig. Tog is die kruit volume in 'n .243 nie so baie nie bv. in vergelyke met die 7mm en .30kal magnum doppe.

'n Gewone CCI 200 of enige standaard tiepe primer laat die S361 in die .243 dop sonder enige probleme ontbrand.
My nuutse batch .243 patrone is gelaai met CCI 200 std primers, vir my geweer se specs 50,0gr S361 (moenie dupliseer nie asb.) Win doppe en 87gr Hornady Varmint HPBT punte. Baie akkuraat en plat trajek.

PMP std primers is so 'n knerts warmer as bv. CCI 200    PMP std is amper 'n magnum primer se maat.


Danie
User avatar
Vaalboer
Full Member
Full Member
Posts: 168
Joined: Thu Jan 20, 2011 3:53 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Vaalboer »

Hi

Ek het 47grein S361 agter Sierra 85 greiners gelaai met Magtech LR primers..

Baie akkuraat!
Happiness is... a warm gun!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Jaco Swart »

Naand manne.

Ek laai ook S 365 in my 243 , maar gooi ook dan CCI 250 primer. Ek kry 16mm groepering met Hornady Interbonds.

Nou my vraag?

Is dit reg om 'n CCI 250 te gebruik en wat gaan die voor en nadele wees? Ek laai eintlik al my gewere met CCI 250 en het nog nooit nie Magnum primers gebruik nie. Gaan ek iets opblaas of kan ek maar voortgaan?

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by suid wes »

Ek wil tog ook jul meening hoor ASB.
Ek gebruik ook die 361 kruit op my 243 marlin. Gebruik sierra 80g met n laading van 47g pmp doppe.My pmp boekie wys dat met n 85g punt met 47,2 moet die spoet 3219 fps wees ,,,Ma het nou al deur 2 verskilinde cronies geskiet (nie verder as 1.5m weg) en van die 6 skoote was nie een boo 2850fps nie. ??? ???
Wat doen ek virkeerd.(skaaltjie is reg)
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by suid wes »

???
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by erx »

Hi suid wes

Kyk bietjie na loop lengte wat gebruik is, die twist rate van die loop, as joune verskil sal die data nooit met dieselfde lading ooreenkom nie.

Groete
erx
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Sako75 »

Naand Sako 243,

Verskoon die stadige reaksie.  My resep vir my een Sako Varminter is:

44gr S365, Winchester doppe en LR primers, 85gr Nosler Partitions @ 3100-3150vps en 90% gewigretensie en die karkas is mooi skoon.....
Last edited by Sako75 on Sun Sep 04, 2011 10:30 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by fanie17 »

erx
Kyk in die nuwe handleiding ,hy gee als wat jy nodig het.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Om dalk n bietjie lig op die onderwerp te gooi is hier so paar dinge om oor te dink.

S361 het oor die algemeen redelike lang lope nodig om 100% of daar naby verbrandings te gee. Met 24 duim lope is die verbrandingspersentasie in die lae 90% wat baie keer swak akkuraadheid en lae spoed gee. Die gebruik van n Magnum primer verbeter hierdie persentasie en daarom is die gebruik daarvan noodsaaklik. Die feit dat dit ook beter ontbranding gee met balkruite is die ander rede.

Vir interessandheid is lot 63 op S365 ook aan die vinnige kant met brandtempo wat so 10% stadiger is as S355 se gegewens. Dit veroorsaak dat alle date met QL tesame met die nodeprogram se berekeninge redelik omver gegooi word. My laaste lading in die 30-06 Ackley het hierdie stelling bevestig. Hierdie brandspoed is weer voordelig in die 338 Win Mag waar die standaard S365 verbrandingstempo weer bietjie te laag is. Wanneer poeier so baie verskil soos hierdie help dit nie om n ou lading met dieselfde poeier se spoed te probeer doepliseer nie en die nodespoed is gewoonlik heelwat laer as die vorige een.

Jaco daar is niks fout om jou lading van die begin af met n Magnum primer uit te werk nie. Die nadeel is net dat dit die meeste van die kere veroorsaak dit dat jou dopfullingpersentasie verlaag word en dit weer op sy beurt kan akkuraadheidprobleme veroorsaak agv onkonstante inisieele ontbrandingstempo's vanwee kruit wat nie konstant in die dop aangesteek word nie. Die kruit le nie altyd dieselfde manier in die dop met die aansteekproses nie. Met die lugspasie wat soms agter le veroorsaak dit baie onkonstante ontbranding wat chaos veroorsaak met akkuraadheid. Met kalibers waar dopfulling klaar n probleem is is die gebruik van Magnum primers glad nie aan te beveel nie maar waar dopfulling hoer as 100% is is die gebruik daarvan wel positief as n reel.

Hou ingedagte dat bietjie swaarder koeels baie keer S361 se ontbrandingspersentasie verhoog en baie goeie spoed en akkuraadheid lewer uit die korter lope.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by Jagtersdok »

Baas Wout
+1000
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by erx »

Fanie17

Suidwes moet daarna oplet, die raad was vir hom bedoel en nie 'n vraag van my kant af.

Groete
erx
User avatar
suid wes
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by suid wes »

Dankie.Ek het probeer kyk hoe lank my loop is ma boek se nie,is amper seeker 24" en twist lyk na 1 tot 9,2 kan n bietjie uit wees.Ek gebruik die cci 250 primers.Moet ek ma na n swarder punt kyk.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: S385, S361 en S365 op 243

Post by erx »

Suid Wes

Jy sal nie jou loop lengte in die boekie kry nie, dit bepaal jy self deur met die slot toe 'n skoonmaak stok van voor af in te druk tot teen die slot se face en dan te merk by jou kroon.
Die twist sal heel moontlik 1 in 10 wees as jy 9.2 gekry het.
Wat ek probeer se, is dat jy moet kyk in die boekie watse lengte loop hul gebruik het om die spesifieke spoed met X lading te kry. Jy kan dan nie aanvaar dat jou spoed met dieselfde lading dieselfde gaan wees indien die twist en lengte van jou geweer match met wat hulle gebruik het.

Groete
erx
Post Reply