Privaat verkoop storings permit.
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Privaat verkoop storings permit.
Manne, as ek u geweer privaat verkoop aan n persoon, hou ek die wapen tot hy die lisensie gekry het of kan ek dit oorhandig as hy n storings permit bekom het?
"the more I practice, the luckier I get'
-
MikeF
- Newbie

- Posts: 13
- Joined: Sat Aug 19, 2017 8:25 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
You can hand over the firearm if the purchaser has a storage permit.
I recently purchased a second hand rifle privately, when I handed in my SAPS 271 and all supporting documents, the DFO issued me a temp storage permit. It’s up to the DFO’s discretion whether he will issue a permit or not. We filled in 3 copies, DFO kept one, I kept one with the rifle and the seller also kept a copy. That was in January this year, still waiting for the license approval.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek voorsien 'n risiko indien daardie ou se lisensie aansoek afgekeur word, of hy te sterwe kom.
So paar jaar later wil jy 'n hernuwings aansoek of 'n nuwe aansoek doen en dan word jy gevra oor 'n wapen op jou naam waarvan die lisensie verval het. Wat maak jy dan as die koper nie meer opgespoor kan word nie? Ek sou die wapen hou totdat daardie ou sy lisensie gekry het. Dit is tog maar immers wat gebeur as ek 'n wapen by 'n handelaar koop. Ek kry eers die wapen as my lisensie goedgekeur is.
Dit is ook waarom so baie verkies om die wapen op 'n handelaar se voorraad te laat opneem as die verkoper dit nie verder kan bewaar nie.
Nog 'n voorbeeld: Wat gebeur as jy 'n geweer verkoop en die ou kom daar aan met 'n storingspermit wat later blyk vervals te wees? Nou moet jy die verlies van 'n wapen gaan verduidelik.

- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek stem, die risiko is heeltemal te groot. Hou die wapen in jou kluis tot die lisensie aansoek van die nuwe eienaar goed gekeur is of book hom in by n handelaar.OosKaapJagter wrote: Sat Jun 10, 2023 10:02 am Ek voorsien 'n risiko indien daardie ou se lisensie aansoek afgekeur word, of hy te sterwe kom.
So paar jaar later wil jy 'n hernuwings aansoek of 'n nuwe aansoek doen en dan word jy gevra oor 'n wapen op jou naam waarvan die lisensie verval het. Wat maak jy dan as die koper nie meer opgespoor kan word nie? Ek sou die wapen hou totdat daardie ou sy lisensie gekry het. Dit is tog maar immers wat gebeur as ek 'n wapen by 'n handelaar koop. Ek kry eers die wapen as my lisensie goedgekeur is.
Dit is ook waarom so baie verkies om die wapen op 'n handelaar se voorraad te laat opneem as die verkoper dit nie verder kan bewaar nie.
Nog 'n voorbeeld: Wat gebeur as jy 'n geweer verkoop en die ou kom daar aan met 'n storingspermit wat later blyk vervals te wees? Nou moet jy die verlies van 'n wapen gaan verduidelik.
Hano
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 722
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
Die korrekte afrikaanse woord is Bergingspermit.
As jy by 'n handelaar koop moet jy wag tot die lisensie goedgekeur is, waarom moet dit anders wees as jy privaat koop?
As jy by 'n handelaar koop moet jy wag tot die lisensie goedgekeur is, waarom moet dit anders wees as jy privaat koop?
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1382
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
My gevoel is as ek die wapen betaal het is dit my eiendom, en die wet op vuurwapens maak voorsiening vir storingspermit mits die koper se DFO hom geskik ag om storing te doen. Wat gebeur as die verkoper te sterwe kom na ek wapen betaal het? Dan moet ek sy familie / eksekuteur probeer oorreed dat dit my eiendom is? Nee wat
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Snakker dankie jy n interesante punt hier.
"the more I practice, the luckier I get'
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Dit is hier waar besitsreg inkom. As ek ten volle betaal het wil ek liefs die item by my hê. Ek het jare gesukkel met die CFR in die omgewing van 2006 om 'n 30-06 op my naam te kry. Ek het dit ten volle betaal en dit by my gestoor. Na ek die lisensie verkry het, het ek die vorige eienaar per epos in kennis gestel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1382
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
Net so. En die storie oor verkoper wat te sterwe kom klink dalk onwaarskynlik... Moenie glo nie (onlangs met koop van my gebeur). So nee, laat my eiendom maar in my kluis wag vir sy lisensie. Kom ons gebruik die opsies wat daar vir ons binne die wet is... Daar is genoeg beperkings op ons soos dit is (bv onverstaanbare schlep rondom loop/kaliber verandering, ens)
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Jou siening sal afhang van of jy die verkoper of koper is.
As verkoper wil jy uiteraard nie die wapen laat gaan nie, al is dit ten volle betaal. Die risiko dat jy steeds die lisensiehouer is en dat iets dalk kan skeefloop met die koper se lisensiëringsproses. Dit kan jou in die moeilike posisie laat dat jy dan steeds die lisensiehouer sonder die wapen is. Wanneer die jou lisensie verval deur die koper se laksheid, afsterwe of wat ook al, sit jy met die probleem om dit uit te sorteer, veral as die koper onopspoorbaar is. Gestel die koper emigreer of gaan werk iewers in die Midde-Ooste vir 'n onbepaalde tydperk, wat maak jy dan?
As koper wil natuurlik jy onmiddellik jou wapen hê waarvoor jy betaal het, sommer gister nog. Jy is bekommerd dat die verkoper iets kan oorkom of dat die wapen intussen iets kan oorkom. Jy kan dalk 'n baie mooi geweer koop met minder as 200 skote deur die loop. Teen die tyd dat jou lisensie kom, het die ou dalk intussen sy plaasbestuurder toegelaat om dit as bakkiegeweer te gebruik.
Gaan koop egter 'n wapen by enige handelaar, nuut of tweedehands, en kyk of jy die handelaar kan oortuig om die wapen te oorhandig voor jou lisensie goedgekeur is.
Dit is die rede waarom in soveel privaat transaksies die partye ooreenkom om die wapen te berg by 'n neutrale handelaar. Dit dien as beskerming vir beide se gemoedsrus.

Verberging van n wapen by n handelaar het n maandelikse koste of is ek verkeerd? Indien wel is dit nog iets wat voorbereiding verg.
"the more I practice, the luckier I get'
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1382
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
Meeste vra maandelikse koste, ja - nog n rede om nie daarvan te hou nieSteppenwolf wrote:Verberging van n wapen by n handelaar het n maandelikse koste of is ek verkeerd? Indien wel is dit nog iets wat voorbereiding verg.
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1834
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek het n hele paar jaar terug n Semi Auto aan iemand verkoop en n stoor permit vir hom gekry.
Dis man was toe in n gewapende huis roof nootlottige gewond.
Die gedagte dat daai wapen dalk in die verkeerde hande beland het terwyl die lisensie nog on my naam was het my amper n hart aanval gegee.
Ek moet regtig die persoon baie goed ken voor ek weer n stoor permit doen.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek het vier jaar gelede 'n geweer by iemand privaat gekoop wat geïmigreer het. Ek het aansoek gedoen om 'n storingspermit by ons plaaslike FFO, maar moes eers kon toon dat ek reeds die aansoek om 'n lisensie vir die wapen gedoen het. Die storingspermit is goedgekeur en was vir een jaar geldig.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Hierdie dilemma is juis waarom ons Wapenwet dringend moet verander. Doen aansoek vir lisensie vir n tipe wapen X (bv pisttol). (geen serial no, geen kaliber) soos n bestuurders lisensie maar jy het nog nie n motor nie. Gaan soek jou wapen X, betaal die eienaar, gaan binne 24 uur na SAPS. Serial no en kaliber word op jou naam aangebring en van vorige eienaar naam verwyder. Plaaslike SAPS kantoor reik onmiddelik jou lisensie uit. Met rekenaars is alles moontlik en onmiddelik.
Wat gebeur as jy n wapen koop, maar kan nie n lisensie kry nie. Jy besit eiendom wat jy nooit mag gebruik nie. En die onus is op jou om weer van die wapen wettig ontslae te raak.
Tuuut...Tuuut..Tuuut.. vervlaks, daar gaan my wekker af en die mooi droom verdwyn uit my gedagtes... ...

- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Snakker daar is ook 'n ander kant aan daardie saak. Wat gebeur as die persoon wat die wapen by jou koop iets oorkom? Dan sit ek weer met die dilemma dat 'n wapen op my naam geregistreer is wat nie meer in my besit is nie? Dit gaan baie makliker wees om die bedrag aan sy boedel terug te betaal as om jou wapen weer by jou te kry. Noodwendig gaan daai wapen mos dan nie na sy naam oorgedra kan word nie.snakker wrote: Sat Jun 10, 2023 12:28 pm My gevoel is as ek die wapen betaal het is dit my eiendom, en die wet op vuurwapens maak voorsiening vir storingspermit mits die koper se DFO hom geskik ag om storing te doen. Wat gebeur as die verkoper te sterwe kom na ek wapen betaal het? Dan moet ek sy familie / eksekuteur probeer oorreed dat dit my eiendom is? Nee wat
Sent from my M2101K6G using Tapatalk
As ek 'n wapen privaat verkoop stel ek 'n brief op wat duidelik meld dat die wapen ten volle betaal is en dus die eiendom van die koper is maar nog wettiglik deur hom gelisensiëer moet word, maw dit is sy eiendom maar die wettigheid van die besitreg moet nog oorgedra word. Ek heg dan so 'n afskrif van die brief aan die wapen in my kluis en stuur dadelik die oorspronklike aan die koper. Op die manier is daar geen risiko aan enige kant tov eiendomsreg nie en ek is ook beskerm in die sin dat die wapen in my besit bly totdat hy wettiglik op iemand anders se naam is.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Om 'n wapen privaat te verkoop kan 'n nagmerrie word, gelukkig nie self so iets oorgekom nie. Maar - ek sal nie sommer 'n vuurwapen aan enigiemand verkoop nie, en sal ook nou baie versigtig wees by wie ek privaat koop. Ek sit tans met 'n ligte bekommernis omdat ek met 'n vriend ooreengekom het dat hy 'n geweer by kan koop. Hy het reeds aansoek gedoen vir die lisensie, maar nog nie betaal soos ek verwag het nie. Wat as die lisensie goedgekeur word en hy wil nie betaal nie? Gelukkig is dit nie 'n duur geweer nie.
Daar is duidelik 'n risiko as dit by privaat transaksies kom. Vir my - maak nie saak of koop of verkoop nie, ek voel maar ongemaklik tot dit suksesvol afgehandel is.
Daar is duidelik 'n risiko as dit by privaat transaksies kom. Vir my - maak nie saak of koop of verkoop nie, ek voel maar ongemaklik tot dit suksesvol afgehandel is.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Jy besit mos alreeds 'n Bevoegdheidssertifikaat (Competency Certificate) vir die tipe wapen?Zuku wrote: Sun Jun 11, 2023 9:21 am Hierdie dilemma is juis waarom ons Wapenwet dringend moet verander. Doen aansoek vir lisensie vir n tipe wapen X (bv pisttol). (geen serial no, geen kaliber) soos n bestuurders lisensie maar jy het nog nie n motor nie. Gaan soek jou wapen X, betaal die eienaar, gaan binne 24 uur na SAPS. Serial no en kaliber word op jou naam aangebring en van vorige eienaar naam verwyder. Plaaslike SAPS kantoor reik onmiddelik jou lisensie uit. Met rekenaars is alles moontlik en onmiddelik.
Wat gebeur as jy n wapen koop, maar kan nie n lisensie kry nie. Jy besit eiendom wat jy nooit mag gebruik nie. En die onus is op jou om weer van die wapen wettig ontslae te raak.
Tuuut...Tuuut..Tuuut.. vervlaks, daar gaan my wekker af en die mooi droom verdwyn uit my gedagtes... ...
Dus kan die handelaar of DFO net die spesifieke wapen oordra op jou naam en ID nr. Daar is geen rede logiese hoekom dit langer as 5 minute moet neem nie.
Dis nou as ons 'n werkende sisteem sonder verskuilde agendas gehad het...
-
Johan308
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek het eenkeer 'n handwapen op 'n veiling verkoop, die man was baie vriendelik en het geklink of hy weet waarvan hy praat, alles was telefonies hanteer. Die afslaer het my laat weet die geld is betaal aan hulle en dit is my diskressie of ek die wapen gaan oorgee met die storings permit. Nadat ek geweier het om die wapen te oorhandig met die storings permit het die ou heeltemal verdwyn, sy telefoon nommer is nou nog buite werking. Indien jy nie die mense ken aan wie jy verkoop nie moet jy mar baie versigtig wees.
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
Sent from my SM-A326B using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek sal nooit 'n wapen verkoop en 'n storingspermit teken, tensy die koper 'n goeie vriend of familielid is nie.
Die veilige roete is om die wapen in 'n handelaar se voorraad in te boek, of ten minste daar te laat stoor totdat die koper sy lisensie kan kom wys.
Die veilige roete is om die wapen in 'n handelaar se voorraad in te boek, of ten minste daar te laat stoor totdat die koper sy lisensie kan kom wys.
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
Ek betaal nie vir 'n wapen tensy hy óf bereid is vir stoorpermit of oordra na 'n wapenhandelaar van my keuse nie. As ek betaal het wil ek beheer hê. Gelukkig is dit 'n vrye mark met volop opsies. As jy 'n verkoopte wapen by jouself wil hou het ons duidelik verskillende sienings oor besittings.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1382
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Privaat verkoop storings permit.
Cobus Wessels wrote:Ek betaal nie vir 'n wapen tensy hy óf bereid is vir stoorpermit of oordra na 'n wapenhandelaar van my keuse nie. As ek betaal het wil ek beheer hê. Gelukkig is dit 'n vrye mark met volop opsies. As jy 'n verkoopte wapen by jouself wil hou het ons duidelik verskillende sienings oor besittings.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Dis nou mooi gestel, Cobus! 

Sent from my M2101K6G using Tapatalk