Middag almal
Ek het van die manne hier probeer pm maar die funksie wil blykbaar nie aan my kant werk nie.
Ek het die week ladings gaan skiet met Hodgdon Lil Gun en 300grn Xtp.
Begin lading: 29grn op in 0.5 grn inkremente na maks lading van 31grn.
By 30grn het die eerste doppe al vas gesit [dws druk tekens] Eerste keer in 18 jaar .
Het nie toegang gehad tot n chrony nie so kan nie se wat spoed was nie.
So help my asb dink hoekom druk tekens met n kruit wat volgens Hodgdon 39000 CUP teen maks lading van 31grn lewer in vergelyking met Hodgdon H110 wat 44200 CUP gee teen n maks lading van 30grn
Ek het na LIL Gun gegaan want daar was niks Vita N110 of H110 wat ek voorheen gebruik het nie.In die Usa het ek W296 gebruik en in die begin S265 toe ek weer terug by die huis was.
Met al die kruite kon ek laai na maks ladings sonder druk tekens of n primer wat wil krater.
Hodgdon beveel H110, H4227, en LIL Gun aan vir die 454.
Op Handloader tv op youtube skiet hulle n 20grn lading Lil Gun vir n 350grn cast en n 29grn lading vir n 250grn xpb Barnes .
So dit word gebruik vir ligte en uiters swaar ladings.
Dink julle Hodgdon kon n fout gemaak het op hulle laai data......
Moet dit nie dalk minimum 26grn en maks 29grn gewees het nie....
Sou graag wil weet wat julle gedagtes is.
Ek het Starline doppe gebruik,cci 400 primers, standaard krimp van die afgelope 10 jaar en n skoon revolwer[geen leading nie]
Deel asb julle ladings, veral julle manne wat die 350grn cast skiet
Dankie
Johan
Wil graag 454 Casull ladings gesels
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wil graag 454 Casull ladings gesels
Ek het nie self enige ervaring met die kombinasie nie, maar wil vir jou vertel van 'n vriend se ervaring met LilGun in sy 22Hornet. Hy sê hy kry 2 druk pieke, een naby sy begin lading en een naby maks. Tussen die 2 pieke kom die druk bietjie af. Ek weet dit klink erg deurmekaar, maar die man werk baie sistematies en teken alles noukeurig aan. Kan dit wees dat die kruit dieselfde neigings toon in jou Casull?
Om te weet waar jy trek moet jy liewers die spoed meet. Dit sal 'n goeie aanduiding gee van waar presies jou lading hom op die spektrum bevind.
Die 454 Casull se maks druk is omtrent 56000PSI, selfde as baie senterslag gewere. Die rewolwer behoort dus meer te kan hanteer as wat jy die druk skat. Die trompspoed sal wys waar jy regtig is.
Om te weet waar jy trek moet jy liewers die spoed meet. Dit sal 'n goeie aanduiding gee van waar presies jou lading hom op die spektrum bevind.
Die 454 Casull se maks druk is omtrent 56000PSI, selfde as baie senterslag gewere. Die rewolwer behoort dus meer te kan hanteer as wat jy die druk skat. Die trompspoed sal wys waar jy regtig is.
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: Wil graag 454 Casull ladings gesels
Alwin
Baie dankie
Ek dink die rondte se maks druk is 65 000 psi [450 mpa ].
Ek persoonlik sal net daai rondtes wat so warm gelaai is in n Freedom Arms skiet.
Die ander fabrikate kan dit hanteer hier en daar maar om dit konstant te skiet sal sy tol eis aan die revolwer se kant.
Jip ,jy is reg...ek moet by n chrony uitkom.
Om te meet is om te weet maar dit voel net nie reg om doppies met n dowel uit te kap nie.
Sal die spoed meet,en maar eers net begin ladings skiet met my 300 grn gascheck lood punte totdat die blik op is.
Sal graag die ander manne se gedagtes wil hoor.

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Wil graag 454 Casull ladings gesels
Wees maar versigtig vir Lil’gun.
Ek skiet dit self in my 44 SBH maar wil nou oor gaan na VV N110.
Die Lil’gun veroorsaak “top strap cutting”
Die vlam wat by jou cylinder uit kom is so warm dat dit letterlik die topstrap sny.
Ek skiet dit self in my 44 SBH maar wil nou oor gaan na VV N110.
Die Lil’gun veroorsaak “top strap cutting”
Die vlam wat by jou cylinder uit kom is so warm dat dit letterlik die topstrap sny.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: Wil graag 454 Casull ladings gesels
Rudi
Ek het gelees van dit.
Het ook opgelet dat als pikswart [op ge carbon] is na die skote.
Stel jy dalk belang in n blik LIL gun teen n bargain prys....
Johan
Ek het gelees van dit.
Het ook opgelet dat als pikswart [op ge carbon] is na die skote.
Stel jy dalk belang in n blik LIL gun teen n bargain prys....
Johan