MOSTERD HOENDER:
125ml koekmeel
10ml Aromat
5ml sout
Knypie peper
1.5kg hoenderborsies
Kookolie
2 middelslag-uie, fyn gekap
60ml halfsoet mosterdsous
30ml blatjang
10ml sagte bruinsuiker
15ml mielieblom
400ml hoenderaftreksel
Stel oond op 160C. Sif koekmeel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Verhit kookolie en braai vleis tot goudbruin. Skep enkellaag in ?n oondvaste bak met ?n deksel. Braai die uie in dieselfde olie tot goudbruin. Giet olie af en hou uie in pan. Meng mosterdsous, blatjang, bruinsuiker en mielieblom saam. Voeg dit by die hoender- aftreksel en roer Dan alles by die uie in. Laat sous opkook. Skep die sous oor die hoender- porsies, plaas deksel op en bak vir 1?-2 uur. Sit warm voor.
Lewer 4-6 porsies.
Gebakte aartappels sal heerlik bros wees as hulle halftyd deur die bakproses met meelblom bestrooi word.
KLEWERIGE HOENDERVLERKIES:
16 hoendervlerkies
125ml vars suurlemoensap
125ml sojasous
80ml fyn appelkooskonfyt( gesmelt)
80ml blatjang
3 knoffelhuisies ( fyngedruk)
1 groot UI (fyngekap en gesoteer)
Voorverhit die oond tot 160C. Pak die hoendervlerkies in 'n vlak oondvaste bak. Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die vlerkies. Marineer ongeveer 1 uur lank. Bak Dan sowat 1 uur lank onbedek of tot die hoendervlerkies gaar en goudbruin is.
Genoeg vir 6 mense.
Wit, bruinsuiker of heuning kan mekaar in die meeste geregte vervang.
KASERIGE GEBRAAIDE HOENDER:
4 ontbeende hoenderborsies
4 eetlepels plantolie
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel gedroogde tiemie
Sout en peper
50g Gruy?rekaas, in dun skywe
4 dun snye ham
2 groot tamaties, in skywe
Verhit die oond tot 190C. Sny 4 stukke foelie, elk omtrent 'n 30cm vierkant. Ontvel die hoender en sny 3 snye in elke bors. Sit 'n hoenderstuk op elke stuk foelie. Meng die olie, suurlemoensap, tiemie, sout en peper. Lig die kante van die foelie om die hoender en gooi die sous oor. Verse?l die foelie om pakkies te maak. Bak dit in die oond vir 25-30 minute of tot dit gaar is. Toets vir gaarheid deur die foelie oop te maak en die vleis met 'n skerp voorwerp te steek. As die vleissous kleurloos loop die vleis gaar. Verhit die rooster matiglik. Maak die pakkies oop en sit 'n sny ham en Dan 'n sny kaas Bo-op elke stuk hoender. Sit tamatieskywe Bo-op en 'n bietjie sous. Rooster vir 4-5 minute tot die kaas borrel. Bedien dadelik.
AMERIKAANSE BRAAIHOENDER:
Olie
Sout en peper
2ml gemengde speserye
2 ml fyn naeltjies
5ml peri-peri
125ml melk
500ml koekmeelblom
15ml hoenderspeserye
2ml tiemie
5ml paprika
16 hoenderporsies
Verhit die olie in ?n diep kastrol. Meng meel met sout en peper en ander dro? speserye. Doop hoender in melk en Dan in gegeurde meel. Skud oortollige meel af en braai ?n paar stukke ?n keer in die warm olie tot dit goudbruin en gaar is.
EENSKOTTEL HOENDER:
5 hoenderborsies
1 groot UI gesny
1 groen soetrissie
2 koppies rys, gekook
1 pakkie sampioene, opgesny
1 of 2 ``Russians''
2 groot tamaties, 4 repe ontbytspek, opgesny
2 eetlepels blatjang
1 pakkie hoendermacaronisop
Sout en peper
Olyfolie
Kook hoender gaar en sny in stukkies. Maak sop van 1? koppie van die aftreksel of water. Braai uie, spek, ``Russians'' en groen rissie tot deurskynend. Voeg sampioene by en roerbraai vir nog 4 minute met ? koppie olyfolie. Voeg alles saam en prut baie stadig vir 20 tot 30 minute of tot droog.
HOENDER Resepte
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
HOENDER Resepte
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: HOENDER Resepte
Dis darem lekker groente resepte die 