Duplex Ladings
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Duplex Ladings
Manne
Ons het nou die dag bietjie oor die goete gesels. Julle wat nou mooi weet van die goete skryf bietjie vir ons hieroor asseblief. Sal graag meer wil weet asseblief
Mooi loop
Gerrie

Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Duplex Ladings
WAARSKUWING
Moenie met balkruit dupleks ladings ontwikkel nie
Moenie balkruit en stafiekruit meng nie
[size20pt]Enige inligting in hierdie topic gebruik jy op eie risiko[/size]

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Duplex Ladings
Sjoe hierdie is merrie van ander kleur. Nie enige man se mater nie.
Baie slag gate.
Sal beter wees as jy direkte vrae het as om sommer net so in die algemeen te gooi

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Duplex Ladings
Hallo Manne
Hierdie is n bitter interessante veld met baie meer vrae as antwoorde. Ek was betrokke met duplex lading ontwikkeling in die 458 Win Mag van n groot vriend van my maar was n hele rukkie terug. Ek het meer vergeet van die proses as wat ek onthou. Ludwig jy is heeltemal reg met jou stelling dat dopfulling bitter belangrik is. Die 103-105% persentasie is die idiaal en dit op sy beurt beienvloed weer die verhouding van die poeiers. Ek het huidig my 458 Lott geoormerk as n toekomstige projek waar S335 te vinnig is en S355 te stadig.
Hier is so paar dinge van hoe n persoon so n projek aanpak. Jy gaan alle beskikbare herlaailiteratuur deur en speel op QL rond totdat jy die mees geskikste internasionale poeier kry vir die kaliber koeel kombinasie wat jy wil skiet. Jy vat dan die twee Somchem poeiers wat bo en onder hierdie gekose poeier van jou se brandsoed le. Jy werk in jou kop of as jy so slim is op n rekenaar die persentasie verhouding van die twee Somchem poeiers uit en bel dan vir Oom Kassie Kasselman en Mauritz Coetsee.
Hulle bel jou terug en gee n heeltemal nuwe verhouding van hierdie twee poeier!
Jy bel hulle weer en vra dat hulle die lading op skrif moet bevestig asseblief.
Jy laai dit so met groot versigtigheid en gaan met n bonsende hart skietbaan toe. Jy trek die skote met n linkerhand wat nie naby die slot of kamer van die geweer is nie!
Jy kom tot jou sinne want die geweer het die vulsels uit jou geskop want jy het hom nie reg vasgehou nie! Jy het tot jou vebasing die gebruik van al jou hande en daar is nie mense in wit klere met maskers oor hulle monde en neuse wat bo-oor jou staan met teater ligte wat jou verblind nie!
En siedaar jy het n duplex lading wat verbasende goeie spoed en lae druk gee! Hier leer jy weer hoe om druk op n slagdop te lees en met n vernier op die basis van die te bevestig! Jy raak so goed deur daai slot te lig kan jy klaar voorspel wat die primer en vernier gaan se. Jy besef dat jou konsentrasievlakke nog nooit so hoog in jou lewe was nie! Jy gaan op jou kniee en bid hardop voor almal sonder om skaam te wees en kyk met nuwe oe na hou mooi alles om jou is!
Nou is jy n kenner op die gebied van doeplex ladings want jy is een van die weiniges wat dit al suksesvol gedoen het!
Groetnis
Wouter
Hierdie is n bitter interessante veld met baie meer vrae as antwoorde. Ek was betrokke met duplex lading ontwikkeling in die 458 Win Mag van n groot vriend van my maar was n hele rukkie terug. Ek het meer vergeet van die proses as wat ek onthou. Ludwig jy is heeltemal reg met jou stelling dat dopfulling bitter belangrik is. Die 103-105% persentasie is die idiaal en dit op sy beurt beienvloed weer die verhouding van die poeiers. Ek het huidig my 458 Lott geoormerk as n toekomstige projek waar S335 te vinnig is en S355 te stadig.
Hier is so paar dinge van hoe n persoon so n projek aanpak. Jy gaan alle beskikbare herlaailiteratuur deur en speel op QL rond totdat jy die mees geskikste internasionale poeier kry vir die kaliber koeel kombinasie wat jy wil skiet. Jy vat dan die twee Somchem poeiers wat bo en onder hierdie gekose poeier van jou se brandsoed le. Jy werk in jou kop of as jy so slim is op n rekenaar die persentasie verhouding van die twee Somchem poeiers uit en bel dan vir Oom Kassie Kasselman en Mauritz Coetsee.
Nou is jy n kenner op die gebied van doeplex ladings want jy is een van die weiniges wat dit al suksesvol gedoen het!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Duplex Ladings
Ons kan sekerlik ook Org Hamman bylas by Meester Kassie en Meester Mauritz
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Duplex Ladings
Beyers
Kry ek nou skaam dat ek so groot gees vergeet het! Ja jy kan maar defnetief hom byvoeg op jou telefoonlys se oproepe voordat jy begin laai!
Groetnis
Wouter
Kry ek nou skaam dat ek so groot gees vergeet het! Ja jy kan maar defnetief hom byvoeg op jou telefoonlys se oproepe voordat jy begin laai!
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Duplex Ladings
Baie interesant Wouter, ek sal ook graag meer wil uitvind van Duplex ladings, dis iets wat ek al lank oor wonder. Gelukkig ken ek vir oom Mauritz baie goed, ek het juis laasweek vlugtig met hom daaroor gesels. Sal egter bietjie verder gaan kers opsteek daar by hom en by oom Kassie rakende die onderwerp.
Groete,
Lourens
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Duplex Ladings
Manne
Ek het Org Hamman se dupleks lading vir die 458 Win Mag beproef. Die resep soos beskryf word in die boekie "The South African Handloader" is 85 % S 335 en 15 % S265 met 'n 500 gr koeel. Beginlading is 68 gr tot 70 gr.
Met die 70 gr lading (59,5 gr S335 onder in dop met 10,5 gr S265 bo-op, 500 gr Hornady Sag gelaai tot op cannelure en gekrimp met Lee Factory Crimp Die) het ek 2130 ft/sek deur Chrony gekry. Die primers was nog gerond en die slot van die ZKK Brno nog gemaklik los om oop te maak na skoot geskiet is. Die 3 skote was binne 1 duim op 25 meter met oop visier.
Hierdie is 'n "compressed load". Na 2 jaar het ek 1 patroon in die bankskroef geklem en die koeel versigtig met 'n tang getrek. Die duplekslading het nie gekompakteer nie. Ek sou graag die ander patroon wat ek gehou het wou skiet deur die Chrony, maar die 458 WiN Mag het nou 'n ander baas.
Ek sal Cyncerus Caffer aanvat met hierdie duplekslading in die 458 Win Mag.
Groete
Joe

6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Duplex Ladings
JoevR
As ek nou reg ontyhou is S265 mos n balkruit? (pistool kruit)
Hoekom ek die vraag opgesit het was oor die volgende:
Ek sien baie van die oorsese kruite is so mix van 2 kruite (dit is nou as ek my brand-tabelle reg lees) hulle kry meer spoed as wat ons kry en die enigste manier wat ons dit kan doen is om kruite te meng (duplex).
Nou watter voordele is daar aan die duplex ladings? Indien enige
Watter nadele is daar? (Behalwe as ek Wouter eg verstaan dat 'n man n maagsweer kan ontwikkel tussen die huis en die skietbaan)
Ek het al so bietjie oor dit opgelees en daar verskil menings maar soos in enige vraag wat herlaai aangaan - party mense reken jy kan die kruit sommer meng dit maak niks, ander s? weer stadig onder vinnig bo.
Kom ons vat 'n voorbeeld: Ek het 'n 7mmRemMag met S385 en my lading kry ek n 83% dopvulling. Gaan n Duplex my help of nie?
Dankie sover manne
Gerrie
As ek nou reg ontyhou is S265 mos n balkruit? (pistool kruit)
Hoekom ek die vraag opgesit het was oor die volgende:
Ek sien baie van die oorsese kruite is so mix van 2 kruite (dit is nou as ek my brand-tabelle reg lees) hulle kry meer spoed as wat ons kry en die enigste manier wat ons dit kan doen is om kruite te meng (duplex).
Nou watter voordele is daar aan die duplex ladings? Indien enige
Watter nadele is daar? (Behalwe as ek Wouter eg verstaan dat 'n man n maagsweer kan ontwikkel tussen die huis en die skietbaan)
Ek het al so bietjie oor dit opgelees en daar verskil menings maar soos in enige vraag wat herlaai aangaan - party mense reken jy kan die kruit sommer meng dit maak niks, ander s? weer stadig onder vinnig bo.
Kom ons vat 'n voorbeeld: Ek het 'n 7mmRemMag met S385 en my lading kry ek n 83% dopvulling. Gaan n Duplex my help of nie?
Dankie sover manne
Gerrie
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Duplex Ladings
Ek dink dit gaan oor die brandspoed van die kruit. Die poging is om 'n meer geskikte kruit te ontwikkel vir spesifieke kalibers. Dit kan ook gebruik word vir jou algemene kalibers. Oom Org het aan my verduidelik met X% van SXXX en Y%van SYYY kan die spoed vir 165gr koeel 30-06 verhoog word en dit sonder om druk probleme op te tel. Daar was sekere vereistes wat hy aan my genoem, maar na 6 maande kan ek nie meer onthou nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Duplex Ladings
Hallo Gerrie
Die voorbeeld wat jy daar noem van die 7mm Rem Mag het nie n oplossing as dit kom met duplex ladings nie. Daar is nie stafie kryt wat stadiger verbrandend is as S385 nie. Daai lading van jou klink ook besonder laag so jy kan my gerus PM dan kan ons daarna kyk.
Die grootste leemte wat bestaan met ons stafie kryt is seker tussen S335 en S355. Daar is heelwat kalibers wat sal kan baat met n poeier wat daar sy man sal kan staan. Poeiers soos Winchester 748 en IMR 4320 kom na vore as ek so vinnig moet twee uit my duim suig. Norma het ook een wat daar goed doen ek dink dii is 203B. Dit is hierdie tipe poeier wat baie goed doen in die 458 Lott veral. 223 Rem is n ander kaliber wat sal baat met so n tipe poeier.
Groetnis
Wouter
Die voorbeeld wat jy daar noem van die 7mm Rem Mag het nie n oplossing as dit kom met duplex ladings nie. Daar is nie stafie kryt wat stadiger verbrandend is as S385 nie. Daai lading van jou klink ook besonder laag so jy kan my gerus PM dan kan ons daarna kyk.
Die grootste leemte wat bestaan met ons stafie kryt is seker tussen S335 en S355. Daar is heelwat kalibers wat sal kan baat met n poeier wat daar sy man sal kan staan. Poeiers soos Winchester 748 en IMR 4320 kom na vore as ek so vinnig moet twee uit my duim suig. Norma het ook een wat daar goed doen ek dink dii is 203B. Dit is hierdie tipe poeier wat baie goed doen in die 458 Lott veral. 223 Rem is n ander kaliber wat sal baat met so n tipe poeier.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Duplex Ladings
222
S265 is op die oog af 'n balkruit, maar volgens 'n Somchem brosjure gedateer Maart 1993 is S265 'n "Coated single base propellant", "Perforated Cylindrical Grains", dieselfde as S335 en S365. S265 word aanbeveel vir 44 Rem Mag, 357 Mag en 22 Hornet.
Dupleks ladings word ontwikkel om meer spoed te verkry (voordeel).
Die nadeel is dat die herlaaier die onbekende betree. Ek weet nie van enige handleiding van dryfmiddel vervaardigers wat die praktyk aanbeveel nie, dit word deurgans ontmoedig.
Vir die 7mm Rem Mag meng Org Hamman S385 (85%) en S365 (15%), vir meer spoed. Org verkry 3100 vt/sek met 62 gr dupleks agter 'n 160 gr Nosler. Vergelyk Somchem boekie vir 160 gr Speer teen Maks. 60.7 gr S385 om 2858 vt/sek te gee.
Self het ek nog nie die eksperimentering gedoen nie, en moet erken dat ek te banggat en te dom is. Ek het ook 'n 7mm Rem Mag, 'n mooi ouer tipe Sako Deluxe met die silwer bokkop op die magasynplaat. Ek gaan verseker Org se dupleks op die geweer toets, aangesien S385 die kaliber nie tot sy reg laat kom nie.

Last edited by JoevR on Mon Sep 05, 2011 4:16 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
222
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm
Re: Duplex Ladings
Nee kyk ek is ook heeltemal te versigtig om dit te doen wou net weet of daar regtig vir die normale herlaaier regtig n groot voordeel is om dit te doen. Hier is een ou wat dit doen en wat regtig baie goed is daarmee maar soos ek is ook te banggat sorry versigtigJoevR wrote:
Self het ek nog nie die eksperimentering gedoen nie, en moet erken dat ek te banggat en te dom is.
Groete
Joe
Waardeer julle antwoorde dankie
Wonder of Oom Koos Magnum dit al getoets het en voordele kan gee.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Duplex Ladings
222
Elke herlaaier moet seker maar self besluit of dupleksladings voordelig is of nie. Ek dink 'n ekstra 250 vt/sek op 'n 160 gr koeel is die moeite werd. Ek gaan Org se duplekslading verseker probeer in my 7mm Rem Mag. S385 laat nie die 7mm Rem Mag tot sy reg kom nie.
Die S385 sal eerste in die dop gegooi word, en die S365 bo-op. In die 458 Win Mag sal die dupleks nie meng nie, aangesien dit 'n "compressed load" is. In die 7mm Rem Mag gaan dit nie die geval wees nie, die dupleks sal meng.
Groete
Joe
Elke herlaaier moet seker maar self besluit of dupleksladings voordelig is of nie. Ek dink 'n ekstra 250 vt/sek op 'n 160 gr koeel is die moeite werd. Ek gaan Org se duplekslading verseker probeer in my 7mm Rem Mag. S385 laat nie die 7mm Rem Mag tot sy reg kom nie.
Die S385 sal eerste in die dop gegooi word, en die S365 bo-op. In die 458 Win Mag sal die dupleks nie meng nie, aangesien dit 'n "compressed load" is. In die 7mm Rem Mag gaan dit nie die geval wees nie, die dupleks sal meng.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Duplex Ladings
Oom Fanie Combring van Magnum wapens in Nelspruit laai die ladings in sy 308 met resultate wat ek nie kan glo nie.Ek weet nie wat of hoe hy dit doen nie,maar dit werk.Hy is een van die mees kundige smits in die land.Ek het gesien hoe hy n veer maak wat hy dan warm maak en verhard net deur na die kleur te kyk.Briljant
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Duplex Ladings
manne gou twee vrae
hoe help die duplex ladings kleiner kalibers soos 308 , 270, 30-06?
het iemand nrs van die kundiges sodat mens hulle kan bel en raad vra?
dankie

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Duplex Ladings
Hallo Manne
Wat ek probeer se het op my simpel manier is dat duplex ladings net deur baie gevorderde herlaaiers aangepak moet word. Dit is n baie gespesialiseerde veld met groot slaggate. Die gevaar hier is indien n mens raad of ondervinding deel dit dalk met katestrofiese resultate beproef of nageboots gaan word. Moet my asb nie verkeerd verstaan dat ek se die manne hier is nie bekwaam genoeg nie, net dat dit n bitter moeilike gedeelte van herlaai is. Indien n persoon werklik belang stel of n groot leemte ervaar met ons huidige kruite is ek meer as bereid om daai persoon te help op n persoonlike basis maar om hierdie goed te deel hier in die oopte is ek lugtig voor.
Die meeste resultate wat verlang word van n kaliber kan verkry word met die huidige beskikbare poeiers. Ek weet die nuwe Somchem herlaaiboek se data het verander en baie mense verwag of verlang beter resultate. Duplex ladings is oor die algemeen nie die antwoord nie. Deur fyner op te let na druktekens en gebruik te maak van nuwe hulpmiddels tot ons beskikking kan die meeste realistiese verwagtinge aan voldoen word. Programme soos QL wat REG gebruik word wys baie van die konsertiewe ladings baie vinnig uit. Ek se nie ignoreer alles wat in die nuwe handleiding staan nie, pas net soliede logika toe!