QL Hulp vir 200gr ELD-X op 30-06 asb

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
PieterG
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Mon Jun 24, 2013 8:16 pm

QL Hulp vir 200gr ELD-X op 30-06 asb

Post by PieterG »

Hallo julle

Kan iemand my asb help met n lading vir 200gr ELD-X in my 30-06 Webly & Scott?

Ek het 165gr SST gelaai en geskiet vir data.

SST lading is as volg:

Dop: PMP 63mm lank
H2O: 69.46gr
Primer: CCI 250
Punt: SST 165gr (punt lengte 32.5mm)
Lading: 50.5gr S365
TPL:82mm
Loop lengte: 557mm

Spoed soos volg met chrony 5m voor loop:
2393fps
2376fps
2419fps
2372fps
= 2390fps , ES 47fps

Ek wil graag 200gr ELD-X laai maar weet nie waar om te begin nie asook waar my node lê nie. Wil graag die vinnigste node skiet wat ek kan.
Hoor graag, byvoorbaat baie dankie...
User avatar
PieterG
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Mon Jun 24, 2013 8:16 pm

Re: QL Hulp vir 200gr ELD-X op 30-06 asb

Post by PieterG »

Amper vergeet ek, die max TPL vir die 200gr ELD-X in my geweer is 85.2mm tot teen die lands.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: QL Hulp vir 200gr ELD-X op 30-06 asb

Post by tripodmvr »

Die kalibrasie vir die 165gr lyk asof jy met Lot 101 skiet.

Vir die 200gr ELD-X stel ek 53gr en TPL van 84mm voor. Spoed bereken as so 2510vps en druk by 50K psi. Die dop is reeds 101% vol. Kyk hoe maak die 53gr lading. Stop as die spoed 2650vps nader. Met die nuwe data kan ons kyk om 'n node naby 2600vps te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
PieterG
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Mon Jun 24, 2013 8:16 pm

Re: QL Hulp vir 200gr ELD-X op 30-06 asb

Post by PieterG »

Baue dankie, ek laai hulle in die week dan gaan skiet ek hulle volg Saterdag. Sal laat weet.
Post Reply