Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Ek het n klomp Gemsbok vleis en soek resepte asb
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Vertel eers hoe die jag was man...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Theo E
- Sr. Member

- Posts: 333
- Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Piet lay the steaks in fresh cream for at least 1day
Then fry them in a hot pan to your preference with your choice of spices
I like the chilling beef aromat

-
Biltongjagter
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Piet,
Gemsbok T-bene en steaks is heerlik sag en vingerlek-lekker met hierdie maklike marinade -
Meng goed gelyke dele sojasous, suiwer heuning en tamatiesous - genoeg sodat jy die vleis heeltemal kan bedek. Marineer vir so 4 ure - draai om na so 2 ure in sous - voor jy hulle op rooster braai.
Skep ook sous oor vleis terwyl jy hulle braai.
Oorblywende sous kan jy ook oor die klaar gebraaide vleis gooi.
Geniet hom.
Groete,
Koos.

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Piet - ek weet nou nie hoe haastig jy is met die reseppies is nie, maar as jy tyd het, hang daai rugstringe, fillets en rump op in koelkamer by 3 grade vir so 3 - 4 weke. Dan het jy geen spesifieke resep (behalwe sout en peper) vir hom nodig nie - hy smelt in jou mond en die natuurlike vleissmaak kom deur. Moet natuurlik ook nie oorgaar wees nie - ek hou van myne so rare tot med rare.
Anders is die resep wat Biltong hier gee ook die een wat ek gebruik. Pasop maar vir die tamatiesous - hy is geneig om te brand as jou kole te warm is. Ek gebruik net die helfte van soos BJ s?. Jimmy's sous werk ook baie lekker.
PS - In teenstelling met bees steak - laat l? jou wildsteaks so 15-20 min in die lou oond om te trek voor jy bedien. Jy kan dit selfs in foelie toemaak na jy gebraai het.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Daarmee stem ek saam. Ek het ook eers uit onkunde dat ma alles in karringmelk l? het maar nou weet ek, as jy vleis wil proe moet jy wegbly van daardie goed af.madako wrote: Piet - ek weet nou nie hoe haastig jy is met die reseppies is nie, maar as jy tyd het, hang daai rugstringe, fillets en rump op in koelkamer by 3 grade vir so 3 - 4 weke. Dan het jy geen spesifieke resep (behalwe sout en peper) vir hom nodig nie - hy smelt in jou mond en die natuurlike vleissmaak kom deur. Moet natuurlik ook nie oorgaar wees nie - ek hou van myne so rare tot med rare.
Ek het ook opgelet dat "steakhouse shefs" hulle vleis net se?l op die stoof, daarna gaan hy met pan en al in die oond in tot hy die gaarheid bereik wat jy soek. Let maar volgende keer op as jy daai T-Bone bestel. En 'n steak gebraai oor gas en klipkole proe soos steakhouse meer as wat ons ooit kan droom om uit 'n marinade te kry. Seker die gasreuk, ek weet nie maar dit is waar.
Ai my mond water.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Behandel die vleis met meel en teelepel Bisto. Kap die vleis met piering om die poeiermengslel in die vleis in te kry. Braai in gietysterpot tot na jou smaak. Smaak vorentoe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Dankie almal, ek gaan hulle almal probeer.
- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Oom Piet.
Kap daai steaks met 'n getande vleishamertjie, gooi dan swartpeper en sommer baie vars suurlemoensap en bietjie olyfolie.
Laat staan die vir so uur en gooi dit op 'n warm vuur. Bedien nie gaarder as medium nie.
Dankie manne vir die ander resepte, ek het die naweek 'n gemsbok geskiet wat my rooster en panne tart!

Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Solank hy goed ryp gemaak is en mens hom nie gaarder maak as medium nie bly hy maar bitter lekker.......
Nog n sous wat lekker werk om sag te maak is soos volg:
500 ml karringmelk
125ml Olyf olie
Woestersous na smaak
Bietjie aromat
Swart peper
1 teelepel mosterd poeier
Meng alles goed en marineer steaks in die sous oornag of vir so 4 ure. Braai oor matige kole tot medium werk erg lekker.
NS!!! Moet net nie die vleis te lank in die karringmelk los nie dan proe die vleis so melerig...

.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!

Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Oom Piet
Ek braai gereeld steak. Meeste van die tyd is dit springbok/koedoe rugstring, maar nou nadat ons NAM toe was het ons van die eland en gemsbok ook T-bones gesny.
My reel nr1 is egter dat die bok nie 'n tree moes gehardloop het nie. Dit moes 'n oneshot breinskoot gewees het. Presies soos daai bokke wat oom-hulle in Nam geskiet het.
Ek glo steaks moet op sy eie ondooi AS hy gevries was... Geen warm water of mikroglof naby hom nie!!!
En daarna het ek net 3 bestandele... Suurlemoen,sout&peper, JIMMY SOUS!
As dit rump/sirloin is kan Oom hulle met 'n kombuisvurk sommer net so paar gaatjies insteek en dan in die suurlemoen en Jimmysous vir so paar uur voor die braai laat le.
Haal hulle vroeg af, wild wil nie dood gebraai wees nie! ;)
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Oom Piet
Iets wat ook werk sommer vir alle wild wat 'n ou wil braai is om dit vir 'n dag of selfs 2 in griekse slaai sous te laat le! Ek koop sommer die refill pakkies en maak 1 of 2 aan soos die pakkie se totdat die vleis darm halfpad bedek is en dan draai ek maar die vleis om so nou en dan!
Die voordeel van die slaai sous is, hy maak nie die vleis meelerig nie en die vleis is doeksag met behulp van die asyn! As jy weet die mense wat by jou kom eet hou nie van wild nie(kry mos sulke lawe mense), laat le die springbokboud so 2 dae en hy sal nie weet dit is wild wat hy eet nie!
Willem

- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Hello WillemS,
Dit is 'n goeie idea, Ek het 3 of meer van daai mense wat nie weet wat hulle mis in wildsvleis nie.
Sal bietjie daai griekse slaai sous probeer
Dankie vir die raad
Groete
Frikkie

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- tau
- Hero Member

- Posts: 3946
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Smaak verskil dis nou verseker, maar nuwe idees help altyd.
Ek vat die fillets dan le ek hulle in oly olie en growwe pepper vir so 1 uur voor die braai (hy moet self ontdooi) dan braai ek hom so heel op baie warm kole en seel om vinnig en hou die natuurlike sous binne. As hy buite lekker bruin raak dan sny ek die heel fillet in kleiner 100 - 200 gram stukke doop hom vinnig in olyf olie en suurlemoen en seel die kante vir my isdit die beste om lekker met natuurlike smaak te balanseer.
Het altyd eers helse souse en garlic en later Jimmy's gebruik, maar as jy darem 'n mooi vet koei geskiet het is daai vleis darem te mooi om met souse te vermink.
min of meer soos hier onder.

p.s: nou is ek diep lus vir steak.madako wrote: Piet - ek weet nou nie hoe haastig jy is met die reseppies is nie, maar as jy tyd het, hang daai rugstringe, fillets en rump op in koelkamer by 3 grade vir so 3 - 4 weke. Dan het jy geen spesifieke resep (behalwe sout en peper) vir hom nodig nie - hy smelt in jou mond en die natuurlike vleissmaak kom deur. Moet natuurlik ook nie oorgaar wees nie - ek hou van myne so rare tot med rare.
Anders is die resep wat Biltong hier gee ook die een wat ek gebruik. Pasop maar vir die tamatiesous - hy is geneig om te brand as jou kole te warm is. Ek gebruik net die helfte van soos BJ s?. Jimmy's sous werk ook baie lekker.
PS - In teenstelling met bees steak - laat l? jou wildsteaks so 15-20 min in die lou oond om te trek voor jy bedien. Jy kan dit selfs in foelie toemaak na jy gebraai het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Tau,
Ek maak nes jy, ek verkies ook die natuurlike smaak van die vleisies.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Waar koop ek "Jimmy sous"
-
immelmanw
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Dit is entelik maar net n gewone "basting" sous, maar Jimmys is special! Jack Parow het ook nou n braaisous uitgebring, word Parow Sous genoem, die TWEEDE beste braaisous, hulle vra hom toe hoekom die tweede beste braaisous, Hy se toe: " Niemand met Jimmys nie"
Ek sal vir jou saambring met die Gauteng skiet! EK dink Kings Meat kan dit dalk he, Phillip of Stefan dink ek het gese hulle weet waar om dit te kry.
Groete
Willem
Ek sal vir jou saambring met die Gauteng skiet! EK dink Kings Meat kan dit dalk he, Phillip of Stefan dink ek het gese hulle weet waar om dit te kry.
Groete
Willem
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Dankie Willem
Ek het so mengsel van suurlemoensap, worchestersous, mostert, griekse slaaisous en Durky sous gebruik op die fillet, en dit was baie lekker
Ek het vergeet om hom so bietjie daarin te laat le, maar hy was nog baie lekker en glad nie wild.
Ek het so mengsel van suurlemoensap, worchestersous, mostert, griekse slaaisous en Durky sous gebruik op die fillet, en dit was baie lekker
Ek het vergeet om hom so bietjie daarin te laat le, maar hy was nog baie lekker en glad nie wild.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Piet
Hier in Middelburg hou Spar dit aan.
Hier in Middelburg hou Spar dit aan.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Piet
Jy is so naby my dat as ek met een van my vinniger karre ry is ek in half uur by jou dan wys ek jou sommer.Waneer ek aan Gemsbok of Zebra rug steaks dink is daar net een manier.Le die steak in n paar liter water met n koppie asyn in vir so n klomp ure.Vat nou koek meel en goeie die sout peper en spise in die meel.Rol nou die steak in die meel en braai op n warm plaat in olyfolie,moenie te gaar maak nie.Jy kan diet dan eet saam met by kosse of op n plankie sit en repies sny ,stuur in die ronte vir almal.Jy kan ook n druppel suurlemoen opsit voor jy eet

.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
Food Lovers market en Meat WorldPiet Breedt wrote: Waar koop ek "Jimmy sous"
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Gemsbok Steaks, hoe gemaak?
By JimmyPiet Breedt wrote: Waar koop ek "Jimmy sous"
Nee ek grap net . Die Spar verkoop dit ook.
Ek laat my steaks in olyfolie en gewone Griekse slaaisous met Woestersous (Spelling) en suurlemoen sap l?. Braai dan ook op warm vuur om te seel. Smeer die sous wat oorbly terwyl ek braai.
Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes