Motiverings vir hernuwing van vuurwapen lisensie
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Motiverings vir hernuwing van vuurwapen lisensie
Dit is weer sulke tyd vir my om van my vuurwapens se lisensies te hernu. Ek het in 2021 ook hernuwings gedoen met detail motiverings, maar dit is uitgehaal en vir my terug gegee, daar is toe vir my gesê motiverings is nie meer nodig vir hernuwings nie. Ek gaan 3 wapens se lisensies hernu, 303, 270 en 12br haelgeweer. Manne wat dalk meer onlangs gedoen het, wat is die huidige situasie?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Motiverings vir hernuwing van vuurwapen lisensie
Daar is ruimte op die vorm - ek skryf net dat die wapen nog vir die doel gebruik word waarvoor ek hom aangekoop het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Motiverings vir hernuwing van vuurwapen lisensie
Baie dankie. Op die nuwe SAPS 518(a) is daar nie meer ruimte vir motiverings nie. Ek gaan maar 'n aangepaste ou motivering gebruik.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
