Herlaai Glock 45ACP
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Herlaai Glock 45ACP
Ek herlaai al baie jare vir pistole sonder enige probleme.
Alhoewel ek besef Glocks is uitstekende pistole, het ekself nog nooit een besit nie. Nou het ek deur 'n sameloop van omstandighede 'n Glock 30S teen 'n steelprys uit 'n boedel gekry. My lisensie aansoek is in, maar ek beplan om die wapen vir my een seun te gee sodra hy sy bevoegdheid en sportstatus kan kry.
My navorsing oor die herlaai vir Glocks maak my egter nou bekommerd oor die veiligheid daarvan. Glock, soos die meeste vervaardigers, waarsku spesifiek teen die gebruik van herlaaide rondtes. In die meeste gevalle vat ek dit met 'n knippie sout, want vervaardigers wil hulleself teen eise beskerm.
Dit lyk egter asof Glocks se lope so ontwerp is om maksimale betroubaarheid met die voer van rondtes te verseker. Die prys daarvoor is die dop word egter nie ten volle ondersteun in die kamer nie. In eenvoudige taal gestel, 'n beduidende deel van die dop is nie in die kamer wanneer die skoot afgevuur word nie. Dit verklaar die sogenaamde "Glock smile". Google dit gerus. Ek het ook verskillende videos gesien van glocks wat opblaas as die dop meegee onder druk en die gasse dan die magasyn en komponente ondertoe uitblaas. Daar is matryse wat die sogenaamde "Glock smile" elimineer, maar is die strukturele integriteit en vermoë van die doppe om druk te hanteer dan nie aangetas nie?
Gaan ek, en my seun dan, gedwing wees om net fabrieksammunisie, of gelaaide ammunisie in nuwe doppe te gebruik? Met my bestaande .45 skiet ek doppe totdat dit so oud word dat dit met die uitwerpslag half opgefrommel word. Dit wys dit is dan tyd om daardie dop weg te gooi.
https://www.youtube.com/watch?v=08a_Ri-aH1o
https://www.youtube.com/watch?v=U5_nZ7pCiZk
https://www.youtube.com/watch?v=iLN5xsZlaaE

- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Herlaai Glock 45ACP
Ek het vir baie jare in die 90's met 'n Glock 21 Gen 1 kompetisie geskiet. Herlaai met 'n Lee matrys en stel. Baie lank voor ek self kon spoed meet (altyd duim vasgehou dat ek "factor " sal maak).
Doppe oor en oor gelaai.
GEEN PROBLEEM!
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Doppe oor en oor gelaai.
GEEN PROBLEEM!
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
Baie dankie vir die terugvoer. Die Glock 21 se magasyne pas ook op die 30S.
Hopelik is daar ander wat ook eerstehandse ondervinding het. Dalk maar kyk na matige ladings en die doppe vooraf mooi inspekteer.
Die ouens wat hulle pistole opblaas sal natuurlik altyd die fout elders soek. Die .45 kan maklik 'n dubbel lading vat en soms wonder 'n mens of dit nie net ouens is wat drooggemaak het en dit nie wil erken nie. Ek wil egter nie kanse vat nie. My seun is nog jonk en het al sy vingers nodig.......

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
Ek skiet self n G21
Nog nooit n probleem gehad nie.
40 en 10mm was geneig op doppe op te blaas maar nie dit in my 45ACP gesien nie.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
Dis nou nie 45ACP nie, maar my Glocks is 9mmP, en werk redelik hard, my 17 is al 20k rondtes verby, my 19 ook oppad in daai rigting, en nog net my eie reloads geskiet, niks snaakse goed nie, enige 9mmP dop, S121 kruit, en 147gr Frontier CMJ punte. Ek laai ook met 'n Lee Loadmaster, met hulle standaard 9mmP dies wat saam die masjien kom, en nog nooit enige moeilikheid gehad nie.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
Ek praat nou nie van 45 hier nie, maar 10mm auto.
Kliënt van my het so bietjie gestoot op sy 10mm en my 400 150 Cup gestoot na so 1625fps toe. Dit was so "paar" fps vinniger as wat ek voorgestel het, maar die projek het spesifieke kriteria gehad wat die kliënt wou behaal. Ek is nie seker hoeveel keer die spesifieke doppe herlaai is nie, maar hulle was gesmiley reg rondom, gelaai en geskiet. Sover ek weet was daar tot dusver geen doppe wat gegroet het nie.
Ek laai my 355 47 HBSD dat hy so 2200fps loop in my APX Compact. My swaar laai dieselfde en skiet teen 2225 uit sy G19. Ons gebruik once fired doppe, so na hy geskiet is word dit gewone baan brass. Behalwe vir die firing pin merk is die gevuurde doppe so na aan dieselfde dat mens nie kan sien uit watter pistool dit geskiet is nie.
Swak gehalte doppe kan in enige wapen, van .22 tot 700NE probleme veroorsaak.
Dan wil ek ook net aan 'n ander ding raak en dit is die mite dat jy nie lood met Glock sy poly rifling moet skiet nie. Solank jy die regte hardheid bereik met jou casting, dan kan jy mal gaan. Te sagte koëels smeer ook erg af in konvensionele lope. En met die wye veskeidenheid coatings deesdae kan jy met 'n oop gemoed lood skiet in jou Glock.
Ek sal voorstel dat as jy binne die kaliber se druk bly dat jy nie 'n probleem sal optel nie.
Sent from my BV9900E using Tapatalk

Dankie vir al die terugvoer.
Ek sal dan hou by matige ladings in my beste doppe. Die gedagte aan die koste van fabrieksammunisie alleen het my ernstig laat gril. Ek laai Frontier CMJ's en Bullet Corp koeëls. Die "poly rifling" het my glad nie bekommer nie, maar die woorde "unsupported case" en "Glock Kaboom" het wel my aandag getrek. Wie weet, dalk word ek uiteindelik oortuig om in Tupperware te glo.....
Hierdie was 'n "safe queen" wat ek vir R2500 opgetel het; nie eens dra merke op nie. Almal wil mos die 9mm's hê.
My seun kan rustig sy tyd vat met die bevoegdheid en sport status. Intussen gaan dit my speelding wees.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
Ek self laai my 30SF met 230gr lood en ek moet seker maak op my mayoflesse, maar dis 5.1 of 5.3gr titegroup. ek laai en skiet tot die dop kraak, of die smily kry(het al 'n handvol gekry)
Dink nie jy het met veilige herlaai praktyk nodig vir kommer nie.

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
1. Die stories oor die "onondersteunde kamer" en"Glock smile" is gewoonweg snert. Enige pistool wat verkeerd gelaai word sal so maak, Glock ingesluit. Die probleem is by die gebruiker.
2. Enige semi-outomatiese pistool het 'n gedeelte van die dik "web" gedeelte van die dop wat oor die voergeut hang, sonder ondersteuning. Dis hoekom die web so dik moet wees. Dis doodnormaal. As jy dit reg kry om die dop daar te laat uitsit, dan het jy duidelik nie jou herlaaihandleiding gelees en/of opgelet in die klas nie.
3. Toe die 40S&W patroon die mark getref het, het Glock hulle model 22 en 23 pistole haastig in produksie gekry en hulle op die winkelrakke gehad voor S&W s'n. Ongelukkig was hulle dalk bietjie te min getoets. Die eerste reeks van die pistole, slegs in 40S&W kaliber, het moeilikheid gemaak met herlaaide ammunisie met lood koeëls. Blykbaar het die lood opgebou in die keel en dit het drukprobleme veroorsaak. Glock het die probleem uitgesorteer en verskeie hoeke en afmetings verander. Dit was 30 jaar gelede. Die nuwes doen dit nie meer nie.
4. Hou in gedagte dat die ervare en gerespekteerde handwapen herlaaiers in die VSA hulle ervaring opgedoen het met kalibers soos 45Auto en 38Special. Beide werk teen lae druk, onder 18 000 PSI en gedy met sagte lood koeëls gelaai oor vinnig brandende kruit. Toe kom die "nuwe" hoëdruk kalibers soos 9mm en 40S&W en die ou manne gebruik hulle ou beproefde resepte net so in die 35 000 PSI patrone. Dis nie 'n goeie idee nie. Die 2 kalibers werk beter met ekstra harde lood en medium tot stadige handwapen kruit.
5. Dis oor bogenoemde redes wat ALLE wapenvervaardigers vir jou sal vertel dat hulle waarborge onmiddelik verval sodra jy 'n herlaaide patroon in die wapen afvuur. Hulle kan mos nie verantwoordelikheid aanvaar vir my en jou herlaaipraktyke nie?
6. Die antwoord is: Laai reg en hou jou ladings en prosedures veilig, dan gaan jou Glock (of enige ander maak) 'n groot plesier wees om te skiet. Jaag aan met die herlaaiwerk, dan blameer jy almal behalwe jouself...

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai Glock 45ACP
QL gee 45ACP aan as maksimum 21000 psi. Daarteen is die 9mm se drukpiek 35K psi. Groot verskil. Die 10mm se syfer is 33K psi. Die syfers kan gering wissel vir die twee liggame CIP en SAAMI.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br