Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post Reply
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by 264 Win Mag »

Advies van manne wat met Lynx scopes ervaring het asb. Ek kyk na die vlg 2 opsies om op my 223 Howa H/B te sit. Ek wil die scope vir 'n kombinasie van jag en baanskiet gebruik. Ek verkies MOA scopes maar hoor die LX3 se glas is beter as die LX2. Watter een van die twee opsies sal julle se is die beste? Het die Lynx tactical scopes Zero stop? Ek het Vortex Vipers op my ander gewere.

Julle advies sal waardeer word
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by Jurie Vermaak »

Ek het albei hierdie scopes, behalwe dat die LX3 die SAH kruishaar het.
Die LX3 se glas is BAIE beter as die LX2, maar die LX2 is nogsteeds n baie goeie scope.
Sover ek weet het dit nie zerostop nie
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by Hercules Louw »

As jy naby Pretoria is kan jy n draai by my kom maak, ek het self beide modelle en dan kan jy mooi kyk wat jy verkies.
Anders stuur n pm met jou nommer dan kan ons gesels.
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by 264 Win Mag »

Hercules Louw wrote: Wed Feb 22, 2023 7:30 pm As jy naby Pretoria is kan jy n draai by my kom maak, ek het self beide modelle en dan kan jy mooi kyk wat jy verkies.
Anders stuur n pm met jou nommer dan kan ons gesels.
Hercules danke vir die aanbod. Enigste probleem is ek is seker so 1300km ver van Pretoria af. My nommer is 0839537357
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by Lamtjop »

Ek het die 2 LX3 2,5-15X50 modelle, die tactical vs SA Hunter kruis, in die winkel en op huntex met mekaar vergelyk en alhoewel Lynx sê dis dieselfde scope was die tactical se turrets se gevoel en glas vir my beter as die SAH model. Ek het tactical lx3 gekoop en is baie tevrede, dail tot op 600m en terug tot op 100m elke keer presies tot op sy plek. Die LX2 se glas en turrets is vir my so trappie onder die LX3.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by LUAN »

Ek het die lx3 tactical. Ek is nie te mal oor sy kruishaar met die kol in die middel. Dit maak n 1.5" kol amper toe op 200m op 15x vegroting. Maar lyk my dis nou iets wat amper elke scope vervaardiger doen met hulle kruishaar deesdae. Dit is seker meer tacticool. Ek verkies maar n dun kruis in die middel help my fyner skiet.

Verder lyk myne se glas nie so helder op 15x en met vandag se lekker sonskyn en hitte was dit maar blurry daar op 200m. En ek kon hom vergelyk met my trusty ou Bushnelll elite op 16x vegroting en n Arken op 16x. Bushnell wen al is dit n 10 jaar+ ou scope. Die lynx en arken was maar dieselfde vir my oë. Ek sou meer afmik merke wou gehad het vir 223 as jy die kruishaar wil gebruik instede van dial. Kom ons se jy skiet n 70gr rdf teen 3000fps met n 200m zero dan gaan dit so lyk. Kyk of dit vir jou sal werk.Image
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Lynx LX2 5-20x50 M20 of Lynx LX3 2,5-15x50 Tactical

Post by jdpretorius »

Ek skiet self n LX2 5-20 en weet nie of ek hom maklik sal ruil vir iets anders behalwe die LX3 nie....maar dit is op ñ groter kaliber. Ek het juis by Hercules gaan kuier om deur beide te kyk en die LX3 was effe meer 'crisp'....maar het die LX 5-20 SAH gekoop oor ek meer vergroting wou hê.

N pel het onlangs n Arken gekoop, en dit voel of hy gebou is soos n tank. Baie mooi glas en effe swaar. Die Atlon Midas het baie die selde 'christmas tree' kruis en is vir my effe beter, selfs in ruig bosveld.....maar het die 2 nog nie op afstand vergelyk nie.
Ek sukkel bietjie om die Arken se kruis maklik raak te sien in ruig bos. Die Arken se glas is dalk n raps meer 'crisp' en het die IR opsie wat dalk kan kompenseer om die kruis makliker te spot.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply