Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by Dash431 »

Die storie is aan my vertel dat lang jare terug het die Protea Bisley skuts hulle ammunisie gemeet, en die patrone met die meeste “runout”, is vir die mees junior lid gegee om die kompetisie mee te skiet. Hy het toe die kompetisie gewen.

Ek onthou ook Eric Cortina het in een van sy video’s genoem dat hy nie besorg is oor runout nie. Hy het toe sy F-Klas ammunisie gemeet en tot so veel as 18 thou runout gekry.

Iets om aan te kou…
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by Alwin »

Die ding is, daar is nie een enkele faset van herlaai wat op sy eie vir jou kan presisie gee nie. Jy het 'n goeie kombinasie nodig om die regte resultate te kry. My kombinasie en joune mag maar verskil.

Iemand soos EC het waarskynlik 'n "custom" kamer, gesny met 'n "custom" reamer en "custom" matryse, almal met minimale speling. Hy weet ook presies wat die speling op sy gelaaide patrone se nekke is. Al is die "runout" op sy patrone wat, sodra hy in die stywe kamer in is, dan trek die kamer die koeël mooi in lyn met die loop.
My van die rak af jaggeweer gee my nie daardie opsie nie, dus moet ek ander planne maak om soortgelyke resultate te kan kry.
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by Dash431 »

Ek stem saam Alwin. Consistency is the name of the game. Maar wat ek dink n mens hieruit moet vat is dat jy nie jouself mal hoef te maak in n poging om jou patrone almal onder 1 thou runout te probeer kry nie. Ongeag hoe “tight” EC se kamers gesny is, jam hy nie sy patrone nie, dus gaan dit geen verandering maak aan die runout nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by Capt. Yoda »

Nee wat ekt n run out gauge gekoop en dit was die grootste tyd mors. Ek het sonder hom n klomp fake hout gewen, met goeie doppe en Dies kan jy ver kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by JF123 »

Wel, klompie mense dink Hornady dies is goed en Lee is sleg...

Nie eens gepraat van mense wat met range brass skiet nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Die koeëls sit effe skeef in die dop

Post by tripodmvr »

Ek wil half die afleiding maak dat die koeël se as in simpatie met die as van die loop forseer word wanneer dit die lande tref. Herhaalbare dryfmiddel ladings en konstante dopvolume speel wel 'n groot rol. Ek het nog nooit vir snyers probeer deur die TPL aan te pas nie en my dryfmiddel aanpassings het gewoonlik MOA akkuraatheid tot gevolg. Vir my jagdoeleindes is dit voldoende.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply