.30 cal 180 gr "cup and core" opsies
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
.30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek het die laaste twee jaar net een koeel geskiet in een geweer. Ou blou boksie 180 gr PMP soft nose uit 'n .30-06 teen so 2650 fps. Ek het 'n hele klomp van hulle goedkoop gekry, en het baie met hulle geoefen. Dit het my skiet baie goed gedoen om net een lading en een zero te gebruik.
Nou is hulle amper op en ek moet noodgedwonge 'n nuwe koeel soek. Wie skiet nog met gewone "cup and core" koeels, en wat gebruik julle? Kry mens nog 'n ProAmm? Andersins is die logiese antwoord seker maar 'n Hornady Interlock.
Stel nie belang in monos of bonded nie, kom ons hou asb gesprek by "cup and core".

Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 612
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek het gekyk na "cup and core" koeëls waar die koper en lood "meganies" aan mekaar gebind is. Koeëls was ProAmm, Interlocks en S&B SPCE Het al 3 oop gesny en na die koper wand dikte vergelyk. ProAmm en interlocks was die wand dikte baie dieselfde. Die SPCE was wand dikte aansienlik dunner. Al 3 groepeer mooi in my 30-06 Ek jag hoofsaaklik met die ProAmm's wat draf teen +- 2400vps.
Skiet bly maar lekker
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Dankie, waardeer die terugvoer. Kan mens nog 'n ProAmm koop? Ek het bietjie gesoek aanlyn en sien nie vooraad erens nie.Klein Chris wrote: Thu Jun 09, 2022 8:44 am Ek het gekyk na "cup and core" koeëls waar die koper en lood "meganies" aan mekaar gebind is. Koeëls was ProAmm, Interlocks en S&B SPCE Het al 3 oop gesny en na die koper wand dikte vergelyk. ProAmm en interlocks was die wand dikte baie dieselfde. Die SPCE was wand dikte aansienlik dunner. Al 3 groepeer mooi in my 30-06 Ek jag hoofsaaklik met die ProAmm's wat draf teen +- 2400vps.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 695
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
.30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek het die laaste 5 jaar 180gr Hornady Interlock in my .30-06 gebruik. Teen matige spoed het hulle baie goed gedoen. Koeëls het mooi omgeklink, glad nie opgebreek nie, en al die bokke het omgeval.
Dit sluit alles in van n klomp springbokke tot ‘n eland.
Die Hornady koeëls was ook billik geprys toe ek gekoop het.
Hierdie jaar is n mooi koedoebul met 180gr Norma Vulcan uit die .30-06 geskiet op so 180m. Goeie skoot van voor af, en die bul het net daar gelê. Net die cup is herewin, maar ek dink ook die Norma fabrieksrondtes loop heelwat vinnigger as my hand landings.
Sent from my iPhone using Tapatalk

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek wil net weet, vir interessantheid, waarom jy nie na 'n bonded koeël wil kyk nie?
Maar ja, as jy gewone cup and core soek, daar is opsies, waarvaan Hornady InterLock seker die meeste bekend is. Ander opsies waaraan ek vinnig kan dink is Lapua Mega en Sierra GameKing/Pro Hunters.
Maar ja, as jy gewone cup and core soek, daar is opsies, waarvaan Hornady InterLock seker die meeste bekend is. Ander opsies waaraan ek vinnig kan dink is Lapua Mega en Sierra GameKing/Pro Hunters.
- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Teen daardie spoed werk Sierra GK 180 greiners ook perfek. Deur ribbekas sal jy geen koeel vind nie en penetrasie deur been voldoende.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Sierra Pro-Hunter 180gr @2440vps in my 308.
Ek weet nie wat hy uit n vinniger 30-06 sla doen nie. In die 308 werk hy baie mooi.
Ek weet nie wat hy uit n vinniger 30-06 sla doen nie. In die 308 werk hy baie mooi.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek wil genoeg oefen met die koeel en lading waarmee ek jag, so eerste rede is dat ek nie 'n bonded koeel kan bekostig nie. Tweede rede is dat ek glo 'n koeel moet maar 'n bietjie sagter wees en gedeeltelik opbreek binne bok (tot op 'n punt, scuse the pun). Ek worry nie te erg oor vleis skade nie, maar ek hou daarvan as die koeel 'n klomp skade aanrig. Ek kry min geleentheid om te jag en eerste prioriteit is dat die bok vinnig dood is met 'n lae bladskoot.Toxxyc wrote: Thu Jun 09, 2022 10:00 am Ek wil net weet, vir interessantheid, waarom jy nie na 'n bonded koeël wil kyk nie?
Maar ja, as jy gewone cup and core soek, daar is opsies, waarvaan Hornady InterLock seker die meeste bekend is. Ander opsies waaraan ek vinnig kan dink is Lapua Mega en Sierra GameKing/Pro Hunters.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
180gr Pro Hunter is skaars die laaste tyd maar as jy van hulle kan kry sou dit n goeie opsie wees, ek het hulle in my 300 stadig gelaai vir my laaitie en hulle het mooi geskiet, het op n kol klomp gehad en hulle somer in my 30.06 gelaai as ek van stokke en goed af oefen en was n lekker akurate koel in hom. 180gr Interlock sal ook mooi werk en mens sien hulle nog so nou en dan op die rakke
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 612
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Jy behoort nog so nou en dan n verdwaalde pakkie of 3 ProAmm's op te spoor. Laaste prys wat ek gesien het was R780/100 of so iets.
Dink die interlocks gaan jou beste roep wees met beskikbaarheid. Soos Jaco tereg noem teen n matige spoed werk die Interlocks mooi. Pryse wissel tussen R800 en R1200 vir 100
Vir daai prys kan jy egter loer na die plaaslike koeëls soos Claws en Quest. Ek het toevallig ook n Claw en Quest gaan oop sny maar in 303. Beide se wand dikte vergelyk goed met ProAmm en Interlocks
Ek het in Mei n blesbok met n 215gr Claw teen so 2100vps uit die 303 op so 90m geskiet Uitgangs wond was groter wat vir my beteken die koeël het geblom teen die lae spoed
Dink die interlocks gaan jou beste roep wees met beskikbaarheid. Soos Jaco tereg noem teen n matige spoed werk die Interlocks mooi. Pryse wissel tussen R800 en R1200 vir 100
Vir daai prys kan jy egter loer na die plaaslike koeëls soos Claws en Quest. Ek het toevallig ook n Claw en Quest gaan oop sny maar in 303. Beide se wand dikte vergelyk goed met ProAmm en Interlocks
Ek het in Mei n blesbok met n 215gr Claw teen so 2100vps uit die 303 op so 90m geskiet Uitgangs wond was groter wat vir my beteken die koeël het geblom teen die lae spoed
Skiet bly maar lekker
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Teen R1,200 vir 100 skiet ek eerder 'n bonded bullet. Dis reg in die prysklas van Federal Fusion, Norma Oryx of the plaaslik vervaardigde Claws as ek nie mis het nie. Claw maak 'n baankoeël en 'n jagkoeël, selfde alles, so jy skiet goedkoper op die baan en die jagrondtes skiet presies dieselfde. Dis dalk iets om na te kyk.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Dalk so ligte korreksie.
Die POI van die Claw range en bonded is nie noodwendig dieselfde nie. Jy moet steeds deur jou normale minimun opwerk na jou verkose lading met die moontlike ideaal dat dit dieselfde is.
Hierdie per instruksie van Johan van Claw Bullets met my vorige aankoop t.w. 286gr vir 9.3x62. Ek het nog nie resultate om dit te staaf nie, het wel beide vir hopelik die rede soos Tox noem, gekoop.
Wat ek wel van kan getuig, meer gedoen uit nuuskierigheid as noodsaaklikheid, met die uitweeg van die koeëls hoe konstant dit is, baie minder as wat ek verwag het.
Einste Tox en Frederik wat my in die Claw kraal gejaag het
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
As jy teen so lae spoed gaan skiet kan n match koel ook werk hy is ook maar cup and core
- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek koop al die Lapua Mega punte wat ek in die hande kry vir dieselfde rede. Ek het meestal Europese gewere met sg. "stadige groef draai". Lang monolitiese punte is nie vir my toepassing nodig nie en is net te veel moeite om ladings voor reg te kry.
Wil darem net bysê dat ek nie sommer 'n Oryx punt laat verbygaan nie....
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Wil darem net bysê dat ek nie sommer 'n Oryx punt laat verbygaan nie....
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
-
Henlo
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Re: .30 cal 180 gr "cup and core" opsies
Ek skiet al jare met n 150 gr sierra gameking in my 308 teen 2700 fps en het nog net goeie resultate gehad, klomp blouwildebeeste het al voor hulle geval
Te veel gunne en te min geld