Nuwe lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Nuwe lid

Post by Cobus Wessels »

Goeienaand aan almal wat voor my hier is.
My naam is Cobus Wessels.
Ek skiet en herlaai al van die middel 80's.
Ek het bewus geword van hierdie forum toe ek navorsing oor my nuwe 6.5x57 gedoen het. Hier is 'n magdom kennis in my eie taal.
Lekker man.... Lekker

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe lid

Post by Ratel »

Welkom Cobus.
Maak 'n verskil
VictorG
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Fri May 04, 2018 10:38 am

Re: Nuwe lid

Post by VictorG »

Cobus welkom en wat van n foto van jou 5x57 ?
BRNO 7X57 1983
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe lid

Post by tripodmvr »

Hoop jy vind dit leersaam saam met ons. Dit is goed om te weet waar jy bly, dan kan ons jou maklik verwys na 'n kontak in jou omgewing. Vertel ook meer van jou wapenkeuses.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Nuwe lid

Post by Cobus Wessels »

Hier is my nuwe (2de hands) Steyr.
Ek skiet handwapens - my gunsteling is 'n CZ Shadow en gewere.
Ek geniet Europese make en besit heelparty - Merkel, Tikka, Steyr, Sabatti asook CZ en Kriko.
Ek het min Amerikaanse skietgoed behalwe 'n pragtige Marlin 3030 met mooi graveerwerk 'n antieke Savage 22.
Ek herlaai vir plesier en om weg te kom van die gejaagde lewe.
Ek bly in PTA.
Nou ja - dit is die meeste wat ek in 'n lang tyd aanlyn geskryf het.
Sterkte vir die dag Image

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe lid

Post by Wouter Roets »

Hallo Cobus

Baie welkom hier op Jaracal en ek seker jy gaan sommer in n japtrap gemaklik wees om meer met ons te deel.

Groetnis
Wouter
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Nuwe lid

Post by saswart »

Welkom Cobus!

Baie mooi roer daai! Ek het onlangs ook Steyr 6.5x57 aangeskaf. PM my dan kan ons mekaar help met laaidata ens.

Groete
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Nuwe lid

Post by Cobus Wessels »

Baie dankie vir vriendelike ontvangs. Ek het nou vir 'n paar uur aan ou gesprekke gelees sodat ek 'n bietjie agter die kap van die byl kan kom. My enigste brokkie inligting van waarde is dat ek onverwagse en amper ongelooflik goeie resultate gekry het uit fabriek gelaaide Sellior and Bellot 140g Nosler Partition punte wat ek by Camdix gekoop het. Beter as wat ek nog met die handlaai kon kry (tot my skaamte)


Sent from my ELE-L09 using Tapatalk

Post Reply