Nuwe Lid Voorstelling.

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
Flintstone
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Nov 13, 2022 9:53 pm

Nuwe Lid Voorstelling.

Post by Flintstone »

Goeie dag almal.
Ek is Ruveix Venter van Pretoria.Ek jag al vir meer as 30 jaar en geniet die ontspanning.
Ek het toegewyde jag-en sportskietstatus en is geaffilieer by Natshoot hier in Pretoria.
Ek herlaai vir die afgelope 5 jaar en beskou myself nog as 'n groentjie op hierdie gebied.
Het meeste van my herlaai kennis geleer by manne soos oom Kassie Nienaber en wyle Maurits Coetsee.
Mens is maar altyd aan die leer,en sien uit daarna om ook my kennis rakende elke aspek van wapens
op hierdie groep uit te brei.Dit ten einde my sport op 'n veilige wyse te kan beoefen.Ek het al in die verlede baie goeie raad op hierdie groep
as besoeker ontvang.
Baie dankie vir die deel van waardevolle kennis en ek hoop dat ek ook eendag sal kan teruggee.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe Lid Voorstelling.

Post by Wouter Roets »

Hallo Ruveix

Baie welkom hier en ek is seker jy gaan jou gate uit geniet.

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe Lid Voorstelling.

Post by tripodmvr »

Hartlike welkom. As "roofkyker" het jy sekerlik agtergekom dat ons help waar ons kan. Voel vry om besprekings aan te knoop en jou jagte en skiete te deel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Flintstone
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Nov 13, 2022 9:53 pm

Re: Nuwe Lid Voorstelling.

Post by Flintstone »

Dankie.Wouter en tripodmvr.
Ek sal verseker so maak,ja!Inderdaad is dit so tripodmvr.Dis die rede waarom ek by julle aangesluit het,en dankie daarvoor.
Mooi dag.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nuwe Lid Voorstelling.

Post by James Wilson »

Hi Ruveix.

Baie welkom. Ek dink n aspek wat uitstaan van Jaracal is dat hier manne is wat probeer n student of the game wees. Nie net die wat vrae vra nie, maar ook die wat antwoord dan betref.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Flintstone
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Sun Nov 13, 2022 9:53 pm

Re: Nuwe Lid Voorstelling.

Post by Flintstone »

Dankie James.Ek stem saam.Positiewe interaksie skep 'n klimaat van vrymoedigheid wat uiteindelik lei
tot die kollektiewe opbou van 'n dinamiese groep soos Jaracal.
Post Reply