Goeie more,
Ek kort advies, ek het 'm 22-250 met 'n 1:7twist 26duim loop. Ek skiet Hornady 88gr Eld-m met Norma Urp teen 3131ft/s.
My probleem is ek kry nie 'n spoed node met die kruit nie.
Wat sal julle voorstel moet ek na kyk? Ek oorweeg H4350 of Superformance?
Dankie
Rudi
22-250 88gr Hornady Eld-M
-
Baas Rudi
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Mon Sep 30, 2013 12:55 pm
22-250 88gr Hornady Eld-M
Howa 6.5x55, Mojet 300WSM, Howa 375 Ruger, Diana 12 guage O/U , CBC .22 LR, Uberti 44-40 Lever Action
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Hi, wat bedoel jy jy kry nie 'n spoed node nie?
-
Baas Rudi
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Mon Sep 30, 2013 12:55 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Ek het al 'n hele klomp verskillende ladings gelaai en ook al 'n paar ladder toeste gedoen en ek kry nie dat my ES en SD op 'n lae gemiddeld bly nie.
Sodoende affekteer dit my groepe om die langer afstande.
Howa 6.5x55, Mojet 300WSM, Howa 375 Ruger, Diana 12 guage O/U , CBC .22 LR, Uberti 44-40 Lever Action
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8008
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Ek vra maar aangesien ek wonder of daar nie 'n ander probleem is nie. Norma URP behoort heeltemal ontbrand te wees asook 'n dop mooi vol te maak.
Die vraag is maar omdat ek soms wonder of mens nie spoed nodes raak sien wat nie regtig daar is nie? Het jy al op afstand 'n paar ladders geskiet om ladings so te bevestig?
Dan wonder ek ook of so klein koeltjie wat so vinnig trek se spoed regtig akkuraat gemeet kan word. As mens kyk dat chronograwe 'n fout het van mistens 0.1% maar dit kan ook 0.5% wees. So op jou spoed is dit reeds +-3 fps tot +-15 fps op die meting.
Die vrae is maar omdat dryfmiddel relatief duur en skaars is en as jy kan regkom met wat jy het hoekom dan nou nie. Ek lees ook dat jy taamlik frustreed is so ek verstaan die vraag.
Hou daai koeel bymekaar op daardie spoed en druk?

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Hoe vêr is jou sprong na die lande? Gee my jou geweerdata en ek kan op QL kyk wat dit bereken.
1. Gemete looplengte met gespande slot.
2. Dopvolume soos gemeet
3. TPL soos geskiet - basis van dop tot punt van koeël
4. Spoed verkry en lading gebruik
1. Gemete looplengte met gespande slot.
2. Dopvolume soos gemeet
3. TPL soos geskiet - basis van dop tot punt van koeël
4. Spoed verkry en lading gebruik
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13576
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Rudi het jy daai koels al bq gemeet? Ek het toe ek met die ELDs begin speel het n batch 108s gekry wat jy nie eers met n kettie kon skiet nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Is daar dus fout met die deursnee, ogief of gewig?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13576
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
In my geval was die lengtes (base to ogive) heel oor die map gewees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Baas Rudi
- Sr. Member

- Posts: 332
- Joined: Mon Sep 30, 2013 12:55 pm
Re: 22-250 88gr Hornady Eld-M
Ek sal vanaand gou al die data deurgee.tripodmvr wrote: Mon Nov 07, 2022 5:08 pm Hoe vêr is jou sprong na die lande? Gee my jou geweerdata en ek kan op QL kyk wat dit bereken.
1. Gemete looplengte met gespande slot.
2. Dopvolume soos gemeet
3. TPL soos geskiet - basis van dop tot punt van koeël
4. Spoed verkry en lading gebruik
Ek het hulle al geweeg en base to ogive gemeet en dan sodoende sorteer en ek kry nogsteeds nie die nodige resultate nie.
Howa 6.5x55, Mojet 300WSM, Howa 375 Ruger, Diana 12 guage O/U , CBC .22 LR, Uberti 44-40 Lever Action