Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Goeiedag Jaracal,
Watter plantaardige plaasproduk/te is gehard vir droë wêreld, maklik om te versorg en te verkoop en word nie gesteel nie?
Olywe werk blykbaar nie lekker in ons area nie - hoofsaaklik weens verwerkingskoste.
Laventel en maketane (tsamma/kalahari melon) vir skoonheidsprodukte se mark is redelik versadig.
Wat kan dalk daar werk?
Agtergrond:
My vrou is eiendomsagent en daar is n stukkie grond net buite Stella beskikbaar. n Potensiële koper stel werklik belang, maar weet nie wat om aan te plant nie. Lewende hawe en eetbare plante is nie moontlik nie weens n baie realistiese diefstalprobleem in ons area.
Enige voorstelle?

- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Wat van sojabone?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Ek sal hoor of dit hier aard, dankie.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 918
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Turksvye?
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Hiehiehie, nee, dit werk glad nie. Wat nie deur rondloperbokke opgevreet word nie, word oornag weggedra, en wat die eerste twee aanslae oorleef kan n mens langs die pad vir jouself terugkoop
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Die enkele boere met olyfboorde ons nie meer hulle olywe nie want die verwerkingskoste is te hoog. Toegegee, dit gaan meestal oor olyfolie. Ek sal probeer uitvind oor gewone pekel-olywe.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Ondersoek die produkte wat van garingbome / agave / raffia gemaak kan word.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Krokodille word nie gesteel nie.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Baie dankie vir die voorstelle, ek gee so deur.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Watter plaasproduk/te word nie gesteel nie?
Amper nie...
Ek weet van 'n geval waar 'n sakaboela met 2 jong krokodille in sy sakke gevang is.