Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Ek wil uitvind of enige van julle ervaring het met Sabatti lope en wat julle van hulle dink. Ek kan 'n stailnless loop kry vir 'n baie goeie prys, maar my ouma het my altyd gewaarsku en gese sa iets te goed klink om waar te wees dan is dit. So ek wil nie onnodig geld spandeer op iets wat ek nie mee tevrede gaan wees nie
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
ek het een vir so 500 skote sover op my 6BR en ook een op my 3006 vir so 150 skote.Met die 6BR het ek moeite gedoen met lading ontwikkeling ens en die geweer skiet n barshou.Met die 3006 skiet ek nog gelaaide ammo van die vorige loop ek hul groep heeldag rondom 1" Albei is jaggewere so ek is baie tevrede.hul is niks beter/slegter as die shillen en truvelo lope wat ek ook het nie.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
My Sabatti 6.5x47 se loop het 1076 skote deur en die geweer skiet nog uiters akkuraat.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Waar kry mens van die lope?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Dankie vir die terugvoering tot dusvêr.
Is hier dalk al iemand met nog terugvoering oor die Sabatti lope. Dit lyk my hulle duik van tyd tot tyd op teen baie goeie pryse.

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 990
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Sabatti lope is 'Polygon" lope en het maar op en af geskiet. Daar was maar baie wat probleme gehad het. Die Tiepe lope het nog nooit in die groter kompitisies uitgestaan nie. Die gewone groef lope is maar wat uitstaan.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Die sabatti lope is nie heeltemal polygon nie, Walther lope is 'n beter voorbeeld maar die verskille is dalk weglaatbaar.
Walther lope skiet baie mooi en is button rifled lope teenoor die hammer-forged multi radial Sabatti lope.

Hammer-forged lope is goedkoper en word verseker nie gebruik deur top kompetisie skuts nie.
Toyrsi, het jy persoonlik ondervinding met die sabatti lope of is jou kommentaar gebasseer op mense wat jy ken se ervaring of bloot wat jy lees op die internet? Ek vra om te onderskei want ek weet die gewere was nie altyd so goed ontvang nie en ek soek graag plaaslike ondervinding met die lope wat professioneel geinstalleer is
Walther lope skiet baie mooi en is button rifled lope teenoor die hammer-forged multi radial Sabatti lope.

Hammer-forged lope is goedkoper en word verseker nie gebruik deur top kompetisie skuts nie.
Toyrsi, het jy persoonlik ondervinding met die sabatti lope of is jou kommentaar gebasseer op mense wat jy ken se ervaring of bloot wat jy lees op die internet? Ek vra om te onderskei want ek weet die gewere was nie altyd so goed ontvang nie en ek soek graag plaaslike ondervinding met die lope wat professioneel geinstalleer is
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 990
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Hi Arnold.
1 van my Skiet vriende wat saam kompitisie skiet het n Sabatti geweer waarmee hy vreeslik gesukkel het.
Groete
1 van my Skiet vriende wat saam kompitisie skiet het n Sabatti geweer waarmee hy vreeslik gesukkel het.
Groete
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Baie dankieToyrsi wrote: Thu Mar 16, 2023 11:24 am Hi Arnold.
1 van my Skiet vriende wat saam kompitisie skiet het n Sabatti geweer waarmee hy vreeslik gesukkel het.
Groete
-
Henna308
- Sr. Member

- Posts: 398
- Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am
Re: Sabatti Lope - Is hulle kwaliteit aanvaarbaar???
Ek het een wat se papiere oppad is, sal laat weet sodra hy opgesit is en ingeloop is.
Groete
Groete