Hier is 'n interessante YouTube video oor 'n unieke wapensisteem.
Hoe sou julle voel oor 'n teleskoop wat so los gemonteer is dat jy die teleskoop na elke skoot moet terugtrek in posisie omdat dit vorentoe spring met die geweer se terugslag? Die teleskoop is so gemonteer dat jy dit op en af kan druk met jou vinger selfs na dit ingestel is vir afstand (Sien 17:57 op die video).
Ten spyte daarvan skiet die ou eerste keer trefskote tot oor 650 meter met hierdie 8x vergroting Unertl teleskoop. Dit was terloops die wapen wat Carlos Hathcock een van die bekendste Amerikaanse sluipskutters gemaak het.
https://www.youtube.com/watch?v=X30NjZLzVTI
