Rooikatte hou net nie op nie
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
Rooikatte hou net nie op nie
More Manne, ek het in Februarie begin om grond te huur hier naby Postmasburg om met 'n paar skapies te boer(Probeer
). Ek het gedink hier is so 1 of 2 ongediertes maar ek sal die fight wen. Daar in die begin toe skiet ons sommer gou 1 jakkals en vang 2 Rooikatte in nekslaners, heel in my skik met myself.....toe kom die 3de Julie, Ek lig 5 Rooikatte raak op 1 plek. 'n wyfie, 2 kleintjies en 2 mannetjies. Kry toe die 3 grotes geskiet maar die 2 kleintjies ontsnap. Na ek en die Oom langsaan gepraat het die volgende dag besluit ons om die aand weer daar te gaan ry en roep. Oppad diekant toe skiet ons 'n groot Mannetjies kat en kry darem die 2 kleintjies ook geskiet by die plek van die vorige nag. Net daar besluit ons om so tussen ons 2 gronde beurte te maak en bietjie meer in die nag te ry en lig. Kry toe sommer 'n jakkals teef ook die aand raakgelig en geskiet by die Buurman. Nou ja... 9 uitgaan aande later het ons 18 katte + my 2 in die begin (so 20 totaal) en 2 jakkalse vrek gemaak. Nog net 1 aand lee hande terug gekom. Dit lyk my die goed hou net nie op nie.
.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Ek weet nie van rooikatte nie. Wat wel sin maak is dat jakkalse gebiede beset. Solank jy n dominante mannetjie laat leef, kom daar nie ander jakkalse nie. n Goeie vriend van my naby Hopetown het n hoenderhok in die middel van die plaas opgerig. Nou kom haal die plaaslike jakkals elke derde aand vir hom n hoender en hy los die skape uit. Hy hou ook die ander jakkalse weg. n Hoender is baie goedkoper as n skaap. NB: hierdie plan werk blykbaar nie oral nie.
Nog iets: die jakkalse hier rondom Vryburg leer in die lente en somer die kleintjies vang, dan is daar baie meer vangste, en onnodige skade.
Nog iets: die jakkalse hier rondom Vryburg leer in die lente en somer die kleintjies vang, dan is daar baie meer vangste, en onnodige skade.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Leer ek ook iets vandagDs J wrote:Solank jy n dominante mannetjie laat leef, kom daar nie ander jakkalse nie.
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Hoe sal ek die dominante man uit ken? Growwer stem of het die ou so lang gesig soos n dorps donkie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Behaviour of Black-backed Jackal
Predominantly a nocturnal animal but may also be observed in daylight. Very timid and will at all costs avoid confrontation with humans. During the daytime the animals will usually rest in the shade in higher areas and where human activity is limited. Depending on the season, they will be observed single or in pairs or at certain times of the year, even as a family. Litters are usually born around August and consist of four to six pups. They are born in dark, underground dens and the male, the bitch and helper (an offspring from the previous year’s litter) will all care for the pups. Both the male and the bitch mark territorial areas and the size of the territory depends on the availability of food and competition with other dominant pairs.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
'n paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
nog
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Dominante jakkalse wat ander jakkalse weghou is soos spoke en virgins.
Mens hoor net daarvan.
Mens hoor net daarvan.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Alle grappies nou op 'n stokkie. Maar watse een van hierdie 22x volwasse jakkalse wat ek op een staanplek geskiet het is die dominante een? Hoekom het hy nie die res verdryf nie?Geno wrote: Wed Sep 14, 2022 9:43 amLeer ek ook iets vandagDs J wrote:Solank jy n dominante mannetjie laat leef, kom daar nie ander jakkalse nie.
https://youtu.be/_0q2MP1HcQE
Kort antwoord: Daar waar genoeg kos is, verdra jakkalse mekaar!
Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
In die ou dae was daar taamlik gesprekke oor die onderwerp hier op Jaracal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Sparky dis goed jy maak skoon ,maar kom ek vertel jou ietsie . Ek het op n stadium rooikathokke gebou en verkoop en met baie boere te doen gekry.
In sekere areas vang van hierdie enkele boere tussen 50- 60+ rooikatte jaarliks, en dan is dit nie verby nie dit gaan so vir die laaste 15 na 20 jaar van aktief hokke stel, elke tweede dag omry (die wat ver is), duisende rande se diesel en tyd daarmee heen. Selfs met hierdie boere se pogings het hulle steeds n paar vee verliese, maar sal geen vee oorgehad het as n mens net gelos het laat die natuur sy gaan gaan. Ek lag vir die boere wat sy hokke in die stoor gaan bere en se hier is n kat wat almal uithou en niks skaap vang op die oomblik nie. Wat maak die katter intussen? Hy vang dalk nie op die oomblik nie maar hy en sy nageslag teel aan en vermeerder en versprei totdat hy die dag besluit hy is tog lus vir n skapie en dan moet almal dringend kom help want nou vreet hier baie katte selfs na die dominante kat uitgehaal is.
Om terug te kom na die jakke, die dominantes hou slegs ander uit sy kern gebied het,maar hulle vreet/vang lekker saam in dieselfde vlakte waar die springbokke of skaap loop net verskillende tye van die dag.Dit kan op die plaas wees waar hulle bly of by die bure. Ek het al gehoor van boere wat hondepille gaan uitsit vir dominante jakke want hulle vang nie skape nie(Nog nie) en hou die plaas skoon van ander jakke.Intussen sukkel die bure met ongediertes se aanteel.
Ek het al tot vervelens toe die ou kroeg storietjie gehoor dat "hoe meer druk op jakkalse gesit word hoe vinniger teel hulle aan" (asof hulle n ingeboude calculator het wat se " nou raak ons min- nou moet ons teel"- tog is hulle in kompetiese met mekaar en druk mekaar uit hul gebiede.
Dit is ongelukkig sulke mietes wat as feite versprei word wat maak dat op sekere plase mense die houding aan neem van "solank ek nie die natuur versteur nie sal die natuur my nie versteur nie"- intussen teel die ongediertes aan en versprei. Daar is so te se orals teel plek vir hulle om vandaan te versprei en orals mense wat nie wil nie of onseker is om iets te doen, selfs bewaarde areas en gronde wat onbekombaar is.
Al wat werk is as boere saamstaan en almal n poging aanwend. Stel trail cams om te sien wat aangaan, hou te alle tye hokke gestel en laat die regte manne kom roep en skiet as jy nie self kan nie.
Ernstige droogte is die enigste vyand wat die ongediertes andersins het. Kap hulle!
Verskoon my spelling
Groete

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
As ek een jakkals het en my buurman het 10, waar eet hulle?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Dankie Geno. Die gaan in my notas in!Geno wrote:Kort antwoord: Daar waar genoeg kos is, verdra jakkalse mekaar!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Net om Geno se bydrae te beaam, ek het in die 1ste 4 jaar nadat ek grond gekoop het, 193 jakkalse op 230 hektaar geskiet... Gaan maak self die somme oor stelletjies per hektaar... daar is genoeg kos en ek het verseker nie almal geskiet nie.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Ek stem saam met Geno en Dawie. Ek het die jakkalse en rooikatte gelooi by ons en kon sien dat ons minder skape verloor. (Ek weet nou nie eintlik of ek enige dominante mannetjies geskiet het nie want ek looi hulle voor die voet) Totdat die bure weerskante van ons begin aanjaag het. Die een het sommer CD roepe uit sy cruiser gespeel en probeer skiet (ek vermoed met genoeg brandewyn byderhand) en die ander buurman het eenvoudig met ligte in die aand gery en skiet. Dit het al hoe moeiliker begin raak om die jakkalse in te roep in die aand. En die skape word nou weer meer gevang. Daar word nou minder jakkalse geskiet en sekerlik as die teorie waar was sou die dominante mannetjie die ander uitgehou het. Ek dink daai teorie geld net by by neste miskien.
Ek luister na wat die ervare manne se hieroor.
Ek luister na wat die ervare manne se hieroor.
Maak 'n verskil
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Rooikatte hou net nie op nie
Kyk vir die anker tattoo op sy bors. Dis n giveaway… Partykeer maak die roids daai stem fyn soos n tefie…Capt. Oblivious wrote: Wed Sep 14, 2022 9:50 am Hoe sal ek die dominante man uit ken? Growwer stem of het die ou so lang gesig soos n dorps donkie
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am