Lisensiekaart verval voor vlug
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Lisensiekaart verval voor vlug
Goeiemiddag.
My jaggeweer lisensiekaart verval die dag alvorens ek vlieg na OR-lughawe. Ek het my huidige kaart en die kwittansiebewys van hernuwingsaansoek.
Alles is betyds gedoen, het net nog nie die nuwe kaart na die hernuwing ontvang nie.
Wat staan my te doen? Enige voorstel asb.
Ek kan nie bekostig om 4:00 die oggend tydens inboek deur ‘n onsekere of oningeligte amptenaar ingelig te word ek kan nie met hierdie wapen vlieg nie.
Beste.

Last edited by Lategan1 on Thu Jul 21, 2022 4:36 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
As ek jy was het ek eerder met 'n ander wapen gaan jag...
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Neem jou lisensiekaart en kwittansiebewys van die hernuwingsaansoek saam. Druk ook 'n relevante uittreksel van die Vuurwapenwet en neem dit saam, Dit is spesifiek artikel 24(4) wat van belang is.
"24(4) If an application for the renewal of a licence has been lodged within the period provided for in
subsection (1), the licence remains valid until the application is decided."
Hier is 'n skakel na die betrokke wet wat op datum is. https://natshoot.co.za/firearm-licence/ ... egulations
Kies die boonste een met die wysigings, in Engels, amders verstaan die amptenare dit nie (of maak asof hulle dit nie verstaan nie!).

- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Hallo Lategan,
Ek was vroeër die jaar in jou skoene. Ek het maar besluit om te gaan met die vervalde lisensie en kwitansie en hulle het dit so aanvaar. Dit was ook wel Namibië toe en nie binnelands nie.
Groete,
Louis
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek was vroeër die jaar in jou skoene. Ek het maar besluit om te gaan met die vervalde lisensie en kwitansie en hulle het dit so aanvaar. Dit was ook wel Namibië toe en nie binnelands nie.
Groete,
Louis
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Dankie, my besluit het oorgehel na Malan se voorstel, maar nou het ek moed. Dankie vir julle insette en jou skakel Ooskaap.
My storie.
Een-n-leeftyd om te jag in die poel en nie net vir myself nie, te veel wild en dit moet verminder. My koste grootliks gedek en betaal net vir wat ek neem, indien enige.
Wildsoorte van Rooibok, Blouwildebees tot Eland. Hiervoor is my 9.3x62mm met 286gr perfek, ‘n ligte dra geweer. Plaasvoorwaarde is slegs per voet jag saam met ‘n gids. (Seker maar rede vir te veel wild!)
Dalk ry ek maar voortydig die 75km Kaapse lughawe toe met die nodige dokumente en afskrif van die wet en gaan vra hulle. Dink nie ek het Louis se guts en daag net op nie!
Kom ons kyk.

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Hulle gaan jou arresteer, jou wapen konfiskeer en vernietig.
Moet nie die kans vat nie. Gee maar eerder die jaggeleentheid aan my oor, ek sal vir jou cover en die boer in nood gaan uithelp
Moet nie die kans vat nie. Gee maar eerder die jaggeleentheid aan my oor, ek sal vir jou cover en die boer in nood gaan uithelp
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Indien jy wel met net die 1 roer lughawe toe ry sou ek baie lank voor die tyd ry om seker te maak jy kan ander geweer gaan haal indien jy wel daai 1 poepol op die lughawe kry. Ons almal weet teen die tyd dat elke man die wet op sy eie manier interpreteer...
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Ek oorweeg, dan stuur jy stukkie vleis vir my Kaap toe! Maak net eers gaar asb.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Ek moet reeds voor 4 by lughawe wees!!Malan123 wrote: Thu Jul 21, 2022 8:07 pm Indien jy wel met net die 1 roer lughawe toe ry sou ek baie lank voor die tyd ry om seker te maak jy kan ander geweer gaan haal indien jy wel daai 1 poepol op die lughawe kry. Ons almal weet teen die tyd dat elke man die wet op sy eie manier interpreteer...
Malan, probleem is, daar is al probeer geweer van my steel by lughawe, toevallig was die kis leeg want ek was oppad Gauteng toe om te gaan haal, anders was geweer weg. Nie een van my gewere wil ek graag verloor nie, niemand wil nie, my 2de opsie is 30.06 Mannlicher S. Hom vlieg ek nie graag nie, daarom my eintlike motivering vir die vraag. So ja, ek is skepties.
Nou my probleem, sal ry en gaan vra.
My DFO gou gebel, hy gaan afskrif van Saps86 boek inskrywing maak, wat die verwysingsnommer aandui en ooreenstem soos op die kwittansie aangedui. Dit is die groot boek waarin ons aansoeke vasgelê word alvorens rekenaar toe.
Dan travel ek met al die papiere asof soos vir ‘n nuwe aansoek en kyk wat gebeur…
Sal vir Ooskaap vroegoggend lui vir hulp as ek vasdraai.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Sterkte. Hoop jy kom maklik reg
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Kyk jy mag, wet ens laat jou toe. Maar ons almal weet hoe die beamptes is... As alternatief laat jou geweer op coerier paar dae voor die tyd met Ram, laai hom op ry en jag en courier terug. Gaan jou ekstra R2000 kos, maar ten minste sal jou roer hier uit kom sonder beamptes wat hul wil slim hou ...
Last edited by saswart on Mon Jul 25, 2022 8:50 am, edited 1 time in total.
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Stephen gee goeie raad hier. Dit kos inelkgeval ‘n paar Rand (R900 per vlug?) om met hom te vlieg en die courier sal jou geweertas beter behandel as die lugdienste.saswart wrote:Kyk jy mag, wet ens laat jou toe. Maar ons almal weet hoe die beamptes is... As alternatief laat jou geweer op coerier paar dae voor die tyd met Ram, laai hom op ry en jag en courier terug. Gaan jou ekstra R2000 kos, maar ten minste sal jou roer hier uit kom sonder beamptes wat hul wil slim hou nie...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Ek is toe vanoggend 5:50 suksesvol weg vanaf die Kaapse lughawe met my kaart wat gister verval het. Nodige ondersteunende dokumente was toe nie eens gevra nie.
Vanmiddag het my 9.3 ‘n ou stomp tande Blouwildebeesbul platgemaak. Meer kan ek nie vra nie, skoot mooi geloop.
Dankie vir almal se insette.
Beste.
Vanmiddag het my 9.3 ‘n ou stomp tande Blouwildebeesbul platgemaak. Meer kan ek nie vra nie, skoot mooi geloop.
Dankie vir almal se insette.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Louisdewet
- Full Member

- Posts: 181
- Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Ek sou jou geglo het as daar ‘n foto was van hierdie sogenaamde stomptandbul was 
Ek is bly dit het goed afgeloop.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek is bly dit het goed afgeloop.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Lisensiekaart verval voor vlug
Louisdewet wrote: Sat Aug 06, 2022 2:12 pm Ek sou jou geglo het as daar ‘n foto was van hierdie sogenaamde stomptandbul was
Ek is bly dit het goed afgeloop.
Mooibly
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek is suksesvol uit en tuis, alles goed afgeloop. Die kaartjie se vervaldatum is nooit bespreek nie. Wat wel opgeval het is dat die ammunisie beide inboeke nie ‘ge-check’ is nie. Hulle het my mondelingse opgawe aanvaar. Die personeel was orals vriendelik en professioneel.
Het ongelukkig nie ‘n Elandbul raakgeloop nie. Een van my jagmaats het wel ‘n Rowland W geskiet. Die jag was in die Beestekraal area, Brits. Veld is besonders mooi.
Verskeie Blouwildebeeste, Rooibokke en Zebra’s is geskiet.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 