Christo wrote: Mon Aug 01, 2022 8:30 pm
Z5 is oor as genoeg scope.
Vir een of ander rede hou ek net nie van 1" buis scopes nie.
Gian_dP wrote: Mon Aug 01, 2022 9:53 pm
Weet nie wat jou gewigbeperijng is nie, maar Element Titan 3-18x50 lyk belowend. FOV@100y 41-6.8ft, 970gr. 150MOA elevasie verstelling.
Interresant van jou grafiek is die area rondom 14x vergroting waar die verskille in FOV tussen teleskope baie klein word.
Ek wil so lig as moontlik en as ek na die Titan se gewig kyk en dan juis ook die FOV by die groter vergrotings na kyk neig ek na die Delta Javelin wat net so bietjie meer weeg. My lys van scopes is eintlik baie langer as wat ek hier opgesit het en wat duidelik is is dat daar nie 'n one size fits all is nie.
Danie01 wrote: Mon Aug 01, 2022 11:15 pm
My ervaring is dat mens meeste van die tyd tussen 10x tot 14x vergroting jag. As jy na jou tabel kyk is die verskil redelik klein op daardie vergrotings.
Ek sal voorstel jy kyk ook na die "eye box", dit is vir my amper meer belangrik as die fov, alhoewel ek ook die teleskoop sal vat met die groter fov. Ek dink baie ouens sukkel om die prentjie te sien en daarmee help n groter eye box.
Ek jag met zeiss v4 en v6 reeks teleskope en is baie tevrede. Die teleskooe is lig, groot eye box en fov op 10 - 12x vergroting is goed genoeg, die turrets verstel ook reg en maklik as jy wil dail.
Groete
Danie
Ek het na die Zeiss begin kyk en wat jy noem oor die eyebox is baie waar maar ook onmoontlik om op papier te evalueer. Kan jy dalk so bietjie uitbrei oor die verskille tussen die V4 en V6 behalwe nou die vergrotings asb.
LUAN wrote: Mon Aug 01, 2022 11:39 pm
Stem saam Danie het self hoe vegroting scope op my een jag geweer maar sien baie van my skote was maar op 12x vergroting geskiet. Ek het ook nog nooit ffp nodig gehad vir jag. Ek dink n 3-12 vergroting iets soos n zeiss v4 met n zbr1 kruishaar kan heel goed werk vir meeste tipe jag.
Ja, die teleskoop gaan egter ook dien vir teiken skiet so ek sal graag iets groter as 'n 12x vergroting wil he en dit lyk juis of hierdie vergrotings kleiner FOV by die hoe vergrotings het. As ek bv. kyk na die Delta 5-50 het hy baie groot FOV op 20x vergroting maar hy is nou weer aan die swaar kant.
Capt. Oblivious wrote: Tue Aug 02, 2022 8:40 am
Ek jag al n paar jaar met FFP in die bos en geniet dit nogals veral as jy n ordentlike illumination in die scope het, in die vlaktes skiet ek met enige iets van 30x af op.
Jy se nie budget en of jy wil dial nie so ek sal maar die een by gooi, sien jy het darem n March ook daar op
Daai Flashdot reticle is fantasties
Schmidt & Bender Zenith 3-12x50 FlashDot
Is die scopes plaaslik beskikbaar? Soos genoem gaan dit ook vir teikenskiet gebruik word en target turrets is 'n vereiste, tenminste op elevasie. Onthou ook die scope is eintlik om my kinders (en ander nuwe jagters/skuts) te bevoordeel wat nie so baie skiet nie en nie noodwendig so natuurlik agter die scope daai mooi vol beeld sien en dan die natuurlike rigting het om vinnig die teiken op te tel nie.
Dankie vir die insette manne, die gesels is lekker en moet asb nie stop met die veerstelle nie
