swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post Reply
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by Flip Nel »

Ek het 'n ruk terug vir my een gekoop, kos bleddie baie geld, weet is bietjie laat om te vra, wat dink julle manne van hom, is hy die moeite werd.  Ek wil hom op my
300 Win mount en gebruik vir langer skote. Ek like die Ballistic Turret maar wonder wat dink die ouens wat dit al gebruik het, werk dit of is dit net geldmors
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by Arnold »

Ek hoop regtig dat dit werk, daai is darem baie bokke vir iets wat dalk nie werk nie.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by DSBW »

Flip Nel

Ek het so 4 maande gelede vir myself 'n 3-12x50 Z6 gekoop, en my swaer het vir hom presies dieselfde as jy gekoop. Sederdien skiet ek daagliks met myne, en het ek so 3 keer gejag met syne. Ek sal my terugvoer kort hou, maar kan net noem dat ek vir baie jare 'n gesoute Leupoldt man is, en nog steeds reken dat dit die beste teleskoop rand vir rand is.

As jy egter iets gesoek het wat soos Taffie dit stel 'n "nuwe w?reld vir jou laat oopgaan" het jy die regte teleskoop gekoop. Die Z6 Swarofski is in alle opsigte beter as enige van die nie-Europese teleskope (3 tipes waarmee ek vergelyk het, Leupoldt, Nikon en Nightforce), en nie net 'n bietjie beter nie. As jy soos ek elke dag van jou lewe met die ding werk, dag en nag, warm, koud swak lig, goeie lig, harde stampe en heeldag se op en af in 'n voertuig, asook nag skiet op teikens wat jou bykans geen tyd gee nie, dan, in my beskeie opinie, is daar die Swarofski, Zeiss en S&B, en dan al die res.

Laastens sal ek s? dat daar waarskynlik heelwat beter teleskope is in terme van prys en relatiewe werkverrigting vir enige iemand wat 'n geleentheid skut is, soos bv meeste van die "main stream" nie-Europese teleskope, wat almal aanvaarbare resultate lewer. Ek moes egter iets kry wat 'n betroubare gereedskap stuk moet wees, dus, net soos draad tange en "Vice Grips" koop ek maar die beste wat ek kan bekostig.

Dawie
herley

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by herley »

Flip
Ids die swakste scope wat jy ooit kon koop, kom ek ruil hom met n lynx 6 *42 ;D, grap net as jy jou spoed het werk die turrets lekker, maar my opsie bly nog oop, ek sal hom self kom haal by jou
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by Theo E »

flip
i got a z5 5-25x52 with the bt on my 22-250
you wont be sorry
gaan nou een op my 270 sit

theo  
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by Raven »

Flip,
Ek skiet nog met die Swarov Habicht, een van die eerste Swarovs met BT op, en hy loop nou nog mooi.
Op 'n springbok jag stel jy heeldag op en af met daai Turrets en ek het nog geen probleme ondervind.

Swarovski het  goeie balistic programme op hul website, kry jou spoed en sit in wat afstande is, en jy stel jou BT op volgens dit.
Gaan skietbaan toe en jy sal miskien 'n paar clicks op elke afstand moet verstel om op teiken te kom.

Ek zero 200m, en gebruik dan turrets vir 300m,400,500m. As jy 250m skoot het kan jy vinnig die helfte van jou clicks tussen 200m en 300m gebruik en 'n goeie skoot nogsteeds skiet.

NB. Onthou net altyd om na elke skoot of as bok beweeg, terug te stel na ZERO, jy kan lekker misskiet as jy dit nie in ag hou.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: swarovski Z6 5-30x50 P met Ballistic Turret

Post by Flip Nel »

Dankie vir die antwoorde

Bradley ek het ongelukkig al klaar is lynx 6 *42  :P so ek sal nie kan ruil nie ;D
Post Reply