Verkyker Advies
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Verkyker Advies
Ek het voorheen twee Bushnell verkykers gehad, die H20 en die ander een kan ek nie eers onthou nie.
Altwee se verstel knoppe het afgeval of gebreek, ek moet ook noem albel was 10x42.
Ek kyk nou na die Vortex Diamonback 8x42, is hy n bietjie sterker gebou en dan is die vraag is daar werklik n groot verskil tussen die 10x42 en 8x42?
Of is daar beter verkykers om na te kyk in die R6000 prysklas?

- Gideon S
- Full Member

- Posts: 207
- Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm
Re: Verkyker Advies
Ek sou ook 'n oog oor die Leopold Mojave BX-3 gooi.... selfde prysklas en ook 'n uitstekende verkyker.
8x vs 10x vergroting hang maar af van hoeveel detail jy op watter afstand sal wil sien.
Ons kyk voëls en dit is handig om 10x vergroting te hê. Vir algemene jag glo ek 8x is heel genoeg en gee vergelykenderwys 'n beter field of view as jy byvoorbeeld na 'n trop diere op 200m sou kyk.

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1489
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Verkyker Advies
Ek het 2 Nikon Monarch 10x42 verkykers wat ek gebruik op 'n daaglikse basis. Die goed is kliphard gebou en ek het minimaal probleme met hulle. Ek is nie seker of hulle dit nog maak nie. Ons wou vir my pa so een koop maar kon nie in die hande kry nie toe koop ons 'n vortex diamondback En sover beïndruk dit my. Baie goeie beeld.
Ek het wel nie ondervinding met 8 teenoor 10 vergroting nie maar kan nie dink dit sal 'n reuse verskil maak nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Ek het wel nie ondervinding met 8 teenoor 10 vergroting nie maar kan nie dink dit sal 'n reuse verskil maak nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Verkyker Advies
Ons kry goeie diens van Nikon. My pa s'n is stokoud en werk nou by my broer; myne is 15 jaar oud en het al drie jaar onder die bakkie se sitplek op grondpaaie oorleef.
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Verkyker Advies
My 2c ivm 8x en 10x is dat as jy effe bewe is de 8x beter, maar ek verkies persoonlik 'n 10x, ek gebruik ma my geweer of die skietstokke vir stabiliteit. Die 10x help beslis as jy met meer detail na bv. trofee size of dalk wil onderskei tussen manlik en vroulik soos by blesbokke.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Verkyker Advies
Hou maar by daai Vortex.
Ek gebruik my 8x Diamondback al vir 7jaar en is elke keer van voor af beindruk met hom.
Ek sal defentief vir my een van daardie tripod adaptors koop om "glassing" mee te doen.
Werk uitstekend
Ek gebruik my 8x Diamondback al vir 7jaar en is elke keer van voor af beindruk met hom.
Ek sal defentief vir my een van daardie tripod adaptors koop om "glassing" mee te doen.
Werk uitstekend
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Verkyker Advies
Vir die wat al so bietjie bewe of meer detail wil sien met sterker vergroting: Kite 12x en 16X opties gestabiliseerd
[youtube]https://youtu.be/0CaZ2Wi8YYs[/youtube]
Ek het een in die hande gehad, regtig indrukwekkend. Enigste nadeel is dat hulle minder effektief in die donker sal wees agv 42mm objektiewe lense
[youtube]https://youtu.be/0CaZ2Wi8YYs[/youtube]
Ek het een in die hande gehad, regtig indrukwekkend. Enigste nadeel is dat hulle minder effektief in die donker sal wees agv 42mm objektiewe lense
- RabieL
- Full Member

- Posts: 161
- Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am
Re: Verkyker Advies
Ek het ook in die laaste paar weke bietjie huiswerk gedoen rondom verkykers. Ek wou nie n plaas se prys betaal nie en het die beste gesoek vir die rande wat ek het. My besluit het geval op die Lynx ED42 10X verkyker. Ek moet se vir n baie lae prys kry mens Extra Low Dispersion glas wat verskriklik duidelik is. Die verkyker is lig en dra gemaklik. Gaan loer gerus deur hom ook.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Verkyker Advies
Gebruik self Vortex Diamondback, baie tevrede, ten minste 3 identiese verkykers in jaggroep.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Ranger
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am
Re: Verkyker Advies
My Diamondback 10x42’s are now 12 years old. I’ve had to replace 2 lens covers because the were lost. Other than that they have served me well and continue to do so.
Saying that, if I were buying again today, I’d take a look at the offerings from Delta Optics. Not available in every shop like Vortex but they seem to offer glass way above what their price might suggest. Well in their scopes IMO anyway.
Meopta is another brand I’d look at as well.

Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Verkyker Advies
Sako, ek gebruik nou al vir meer as 10jaar Hawke Optics se Endurance 8x42. Dit is my jag glas en het maar 'n swaar lewe met sneeu, reen, stof, stampe, krappe, val ens. Glo my hierdie meneer is baie stewig aanmekaar gesit. Ek het destyds net so oor die R2k betaal en was redelik skepties of hy een seisoen sou hou. Vandag sal ek nie eers twee keer dink om weer een te koop nie, hulle is nog sub-R5k.
In my navorsing het ek hom teen die Nikon Monarch vergelyk en my vriend wat saam met my jag gebruik ook 'n Monarch 8x42 wat tans so 4 of 5 jaar oud is. My Hawke se helderheid is beter as sy Nikon... en dit is ook wat ek gevind het destyds toe ek my navorsing gedoen het.
https://uk.hawkeoptics.com/endurance-ed ... black.html

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Verkyker Advies
Ek gebruik afgelope 9 jaar Nikon 10 x 50. Ja dis bietjie groot maar ek is baie gelukkig met die helderheid en mees belangrik dit maak nie my oe seer as ek lank deur dit kyk nie.
Maak 'n verskil
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Verkyker Advies
Het nog niemand gekyk na die Steiner Autofocus modelle nie? Stel dit reg en alles is in focus van 20m to horison. Geen fokus knop om te breek nie.
Plus hulle is gebou om te hou. Kan 11G versnelling vat so kan nogal ver val sonder im te breek. Waterdig ook.
Plus hulle is gebou om te hou. Kan 11G versnelling vat so kan nogal ver val sonder im te breek. Waterdig ook.
-
Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Verkyker Advies
Ek het nie ondervinding met Vortex binos nie so weet nie hoe goed hulle lense is nie. As jy kan toets altwee in slegte lig om te sien watter een sien jy beter met. Ek verkies 10 vergroting omdat ek baie keer detail moet sien om n besluit te maak of n bok groot genoeg is eg horings wat in die takke is. 8 werk baie lekker vir algemene jag maar ek het agter gekom hy gee my nie detail wat ek nodig het.