Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

HELP!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ekt so 4kg wat ekd ie naweek wil braai!
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.

- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hugo jy kan die resep probeer ek kom al n lang tydjie met hom en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie.
Koop 1 pakkie "french" sallad dresing en 1 pakkie "greek" sallad dressing. Maak die sous aan soos wat hulle agter op die pakkie beduie.
Meng dan die 2 souse en gooi n telepel mostert poeier by. Laat le dan jou vleis daarin vir +- n dag en braai dit dan op rustige kole tot meduim rere moet dit NIE well done doen NIE jy gaan die vleis op........k.
Enjoy en laat weet hoe dit proe.Ek doen dit met al my springbok rug stringe.
Groete Dawie

As ek jou sien gaan jy val
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hugo
Ek gebruik ook die salad dressing, maar sonder die mostert poeier(dankie vir die tip Dawie) en dit was nog altyd 'n sukses met enige wild!
Willem
Ek gebruik ook die salad dressing, maar sonder die mostert poeier(dankie vir die tip Dawie) en dit was nog altyd 'n sukses met enige wild!
Willem
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Plesier Willem, daai kite vlieg aaltyd 
Groete Dawie
Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
En as jy 'n paar murgbene se murg gaar kan uithaal en dan die fillet bo insny en dit daar insit en hom toesteek met tandestokkies raak dit net lekkerder.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
dawie / willem
+1 ek spuit net die sous in die fillet in met n lekker groot beesspuit en DIK naald
loop soos n jet

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Ek moes iets verkeerd gedoen het, ekt dei fillets op 3 manier gemaak en die slaai sous een was 'n globale gemors, dit was ernstig taai en soos rubber.
Die ander een het ek in 'n peri peri marinade van Ina Parman gele en dei ander een in my eie marinade wat tamatie sous, chutney, woester sous, minced garlic, steak en chops spice, olyf olie en swart peper in het.
Ekt die aan maak slaai sousie gekoop en hom aangemaak soos op die pakkie wys, hyt 6 ure in hom gele en elke 2 ure gedraii.
Enige idee wat het fout gegan?
Die ander een het ek in 'n peri peri marinade van Ina Parman gele en dei ander een in my eie marinade wat tamatie sous, chutney, woester sous, minced garlic, steak en chops spice, olyf olie en swart peper in het.
Ekt die aan maak slaai sousie gekoop en hom aangemaak soos op die pakkie wys, hyt 6 ure in hom gele en elke 2 ure gedraii.
Enige idee wat het fout gegan?
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hoe warm was jou kole?Hugo wrote: Enige idee wat het fout gegan?
Steak soek baie hitte.
Goed, beter, 6millimeter!
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Jis Geno
Ek verskil met jou, daai villets moet op stadige kole gebraai word tot meduim rere.
Hugo ek kan nie dink wat skeef geloop het nie
Die idiaal is om die vleis n dag lank in daai sous te laat le maar ek het ook al dit vir net so 5uure gedoen en dit was heel ok.
Groete Dawie
Ek verskil met jou, daai villets moet op stadige kole gebraai word tot meduim rere.
Hugo ek kan nie dink wat skeef geloop het nie
Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hy jou brood, dis fillet, FAIL.Geno wrote:
Steak soek baie hitte.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Fillet is steak poepol....Hugo wrote: Hy jou brood, dis fillet, FAIL.
Goed, beter, 6millimeter!
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Ok slagter Jan.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D
To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Daai loop mooi! 'n Slagter pel van my doen dieselfde, maar hy draai die fillet dan nog toe in netvet ook.Christo wrote: En as jy 'n paar murgbene se murg gaar kan uithaal en dan die fillet bo insny en dit daar insit en hom toesteek met tandestokkies raak dit net lekkerder.
Dis die lekkerste wat 'n fillet kan wees!
Goed, beter, 6millimeter!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Moetbieg
Ek het die naweek daai Knorr slaaisous ene probeer met rugstringe. Die heel rugstringe so 5 ure in daai sousie laat le en toe oor redelike warm kole gebraai tot medium rare. Twee het ons vir so 15 minute laat le on toe vyn skywe opgesny en saam met wasabie en balsamic geniet. Die manne wat saam geniet het se dis van die beste. Die ander twee in die yskas gesit en gister aand as kouevleis op buns gebruik.
Al wat ek kan se is lanklaas so lekker reseppie gehad baie maklik en uit die boeke. Ek dink net ipv die water by die sousie insit eerder dit vervang met nog olie of asyn.
Dankie vir daai reseppie gaan hom verseker baie nog gebruik.
Blok

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Daai aanmaak pakkies slaaisous werk vir slaai, maar ek gebruik die helfte asyn as hulle (en vul dit liewer aan met ekstra virgin olyfolie) as dit so lank moet l? vir vleismarinade. Anders het die vleis na my smaak so suur smakie.
Smaak verskil - maar het gister so 'n springbok rugstring gebraai en nou is ek spyt ek het nie maar 2 uitgehaal nie!!

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Dawie D
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hugo
Ek het so n bietjie gaan dink oor die saak en tot dit slot som gekom: die fout was by die "YS" en nie daai coke en wat ook al daar by was nie. dis al wat kon maak dat jou vleis taai was.
Groete Dawie
Ek het so n bietjie gaan dink oor die saak en tot dit slot som gekom: die fout was by die "YS" en nie daai coke en wat ook al daar by was nie. dis al wat kon maak dat jou vleis taai was.
Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
As jy hom heel wil braai probeer die volgende keer.Braai beacon en uie sit dan room en fetakaas by ,maaknou n gat in die lengte van die fillit,stop nou die fillet lekker vol van die mengsel en maak toe met tande stokkies op die kante.Braai nou in olyfolie op n warm plaat,sout en peper.Moenie te gaar maak nie.Sny nou in skywe.Hy loop mooi
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Fano
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Vriende
Ek braai graag wild en is ook lief vir eksperimenteer, paar gedagtes van my kant. Ek het al heelwat marinades met verskeie wilds fillets en rugbiltonge (sirloins) probeer en meeste werk goed as die vleis kwaliteit en die braai saamwerk.
Die slaaisous een is maklik, ek maak soms sommeer ook self iets op uit die volgende komponente: olie ( eetleper of wat piri piri olie by is veral lekker) kan sonneblom of olyf wees en omtrent 30-50% van total volume, eetlepel of twee soja sous of worchester sous, ek hou van balsamic asyn, maar bruin asyn is ook OK, knoffel en soms selfs soet chilli sous.
Dit is nie nodig om groot hoeveelheid marinade aan te maak nie, gebruik bak wat bietjie groter is as vleis en so half volume, marineer 24-36h en draai gereeld (soos jy by die yskas verbygaan, maar darem 2xdag.
Baie belangrik is om die vleis so rou as moontlik te eet waarvoor jy kans sien - as wild enigsins meer as medium gebraai word is dit 'n haarbreedte weg van oneerbaar droog in my opinie. Vuur kan baie warm of matig wees, ek vind nie dat dit 'n groot verskil maak nie, laat die vleis 10 min rus, sommer in casserol saam met ander vleis - onthou dit word nog bietjie verder gaar in die pot, veral as die vuur warm was dan trek van die hitte nog in. Sny in skywe volgens persoonlike voorkeur.
Alternatief: Sny vleis vooraf in steaks volgens voorkeur dikte (ek hou van 25-35 mm), marineer in steak marinade (droe soort wat met water aanmaak - Knorr?, garlic een is veral lekker) volgens instruksies, dink dis 20 min. Vir ouens wat sukkel om gaarheid van groot stukke vleis te bepaal is die makliker en die marinade kry enige iets sag, ook baie minder moeite. Werk egter nie goed vir groot stukke vleis nie.
Taai vleis kan baie redes he, as reg gebraai en gemarineer is volgens algemene praktyk kan die probleem by die vleis self le. Ou bok, of gekwes en ver gejaag ens., party individue (nie soorte) is sommer net hardeg@t vir geen goeie rede.
Lekker eet.

Henk100
- Full Member

- Posts: 108
- Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Ek het nog nooit fillette op die kole gebraai nie.
Die beste vir my is sny in mote, kap dit met 'n byl tot sag. As jy by die huis is, gaan ma mos opdruk, so stuur haar om wasgoed op te hang.
Sout en peper na smaak.
Doop die fillette in eier en daarna in meel.
Braai in 'n pan oor matige kole;
Braai tot bloed uitloop. So sag soos ou mense se tande dit kan geniet.
Geniet dit met 'n sappiie.

Fanie
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Soos Fano se - Ons het in die week gepraat oor die adrenalien wat die wild se vleis taai maak as hy gekwes en gejaag word. My een pel reken iemand het 'n blouwillebees gekwes en toe hy uiteindelik geskiet is toe le die bees stok styf daar in die veld. Hulle het hom blykbaar net so op sy pote getel en die het langs die maat regop gestaan vir die portret.
Die vleis wat hulle toe uit hom gesny het was blykbaar wors, wors en wors :-D

Last edited by Fanie on Sat Jan 28, 2012 9:11 pm, edited 1 time in total.
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hierdie een was skynbaar verwoed lekker.....n Gemsbok fillet
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Hi
Ek gebruik ook die French Salad dressing maar maak dit nie aan nie, gooi net die poeier oor die vleis en nadat ek vars suurlemoensap oor die vleis gegooi het. Ek braai dan die murgbene en pak die murg bo-op die vleis vir ekstra spesery kan jy 6 gun gebruik. Pasop net vir te gaar, hy moet nog kan asemhaal. Seel hom net op warm kole en braai die heel fillet dan stadiger maar regte hout vuur, kameeldoring of swarthaak gee hom daai ekstra spesiale smaak.
Groete Jaco Stander
Jakkalsgat Safari's

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
Fanie
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Julle het my die naweek so lus gepraat dat ek sommer twee pakkies wild gaan gaarmaak het - in die druk-koker. So driekwart uur op die gas stoof en as ek die spulletjie langer daar gehou het sou die vleis van die bene afgeval het.
Dit laat my nou dink. Se-nou-net ne' jy het bedenkinge oor hoe die koedoe steaks gaan wees as jy hulle net so op die vuur sit en as jy hulle eers sag gaar maak bv soos in die druk-koker en dan op die kole sit ? Nog nooit probeer nie, maar ek kan nie sien dat dit taai kan wees nie.

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Kudu Fillet op die vuur resep gesoek asb!
Naands?,Fano wrote: Baie belangrik is om die vleis so rou as moontlik te eet waarvoor jy kans sien - as wild enigsins meer as medium gebraai word is dit 'n haarbreedte weg van oneerbaar droog in my opinie. Vuur kan baie warm of matig wees,
Hierdie is omtrent die belangrikste in my opinie, die res kan maar buig al kant toe
Die volgende doen ek met fillet en rugstring.
1. Sny die vleis mooi skoon.{Haal vetterigheid, senings en los stukkies af sodat dit 'n mooi blok is} Marineer vir so vier tot ses uur lank in die volgende konkoksie:
Gooi growwe swart peper{Ground}; fyn koljander,sout en bietjie BBQ spice op bodem van bak. Moenie skaam wees met die speserye, veral die peper, baie gaan in die bak agterbly as jy hom uithaal, versigtig met die koljander jy maak nie nou biltong nie. Gee so lekker sqeez worchester sous en suurlemoen sap {100%} Sit vleis in en bedek goed met olyf olie, moenie skaam wees nie want die olie gaan die vleis sappig hou en keer dat brand. Spice dieselfde aan bokant en rol hom nou so paar keer om soos in 'n Vrystaat-Bloubul losgemaal. As almal mekaar mooi ontmoet het blaas die fluitjie en laat staan. Die bloederihheid sal ook nou sommer pad vat in die bak in. Haal uit en braai tot so 2-3mm gaar aan buitekant. Sny in dun skuiwe en eet van die vuur af, as hy 'n bord gaan ontmoet moet dit van korte duur wees{Hit en run as ek dit so kan stel} Vyf minute se te lank l? en hy proe heel anders !Vir die wat nie so mal is oor rare nie kan net die kante heeltyd bedien word en die res weer so bietjie tan oor die kole. Hy behoort verorber te wees binne so 10 min. Die braaier moet maar seker maak hy kry 'n happie in so tussen deur.
2. Alternatief is om dieselfde as bo te doen, maar vevang al die spice met "six gun". Ruik maar eers of dit na jou smaak gaan wees. Gooi nogsteeds worchester en suurlemoen oor.
3. Die laaste een is bietjie meer werk maar bitter bitter lekker en loop soos re?n. Vat daai fillet en sny hom baie versigtig in die helfte oor sy lengte sonder om die twee dele los van mekaar te kry. Sit nou lekker duk snye chedar kaas in die middel {Of enige ander kaas, feta ens, wat na jou smaak val, net nie gouda nie, dit smelt te gou en loop dan uit.} Sit nou bietjie gebraaide gesnyde mushrooms in, varses proe beter maar daai in die blikkies sal ook help. Laastens sit ek avocado in, dit help om die wild uit te kry en ek is mal oor avo... Maak die spulletjie stuif toe en bedek met beacon. Koop van die streaky of back beacon, rol die repies oor die fillet/rug tot hy heeltemal bedek is, die beacon gaan smaak gee en die binne goedjies help binne hou. Steek die beacon met tandestokkies vas sodat dit nie afval nie, ONTHOU NET OM HULLE UIT TE HAAL VOOR JY BEDIEN, of waarsku darem net die mense om bedag te wees op enige verrasings
Hoop dit kan help,
Lekker braai, jy't my nou 'n idee gegee van wat ons more aand gaan eet !
Last edited by Marc on Mon Jan 30, 2012 8:22 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner