Vadersdag - 19 Junie 2022

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Vadersdag - 19 Junie 2022

Post by win270 »

Goeiemiddag alle Jaracal-lede,

Vertel gerus watter verrassings vir die jagveld het julle hierdie jaar aangeskaf (of jul wederhelftes) vir Vadersdag. Ek het o.a. 'n klein stewige olyfgroen slaprand hoedjie gekry. Ek reken dit gaan 'n goeie tussen-in oplossing wees as bedekking vir my kop in die jagveld, want pet werk goed, maar my nek brand steeds in die son. Groterige slap hoed bedek die nek goed maar is dikwels in die pad van my sigveld as mens vinnig moet aanlê. My kleiner slaprand hoedjie wat ek hierdie jaar gekry het, gaan dalk net die regte oplossing wees.

Sal graag wil hoor watter geskenke julle ontvang het . . .

Groetnis
Post Reply