Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by TOKELOS »

Ek het n baie "lekker" probleempie en soek bietjie ander met ervaring se insette ASSEBLIEF.

My 308 Tikka groep Nn duim op 200m. Niks oom oor te kla nie, ek stem saam!
MAAR ek wil dit bitter graag verklein na half duim. (soos al my ander gewere reeds is)

My vraag is watter van die volgende opsies sal jy aanbeveel as beste om vir my die ressultaat te lewer waarna ek op soek is:
1. Laat pak die geweer
2. Vervang huidige knaldemper met een wat jy kan verstel om die sweetspot te kry.

Soos kan aflei van my huidige groepe, het ek reeds lading ontwikkel wat insluit verstelling van TPL en gebruik van QL.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by Capt. Yoda »

As die geweer klaar konstant klein skiet en daar nie snaakse dinge gebeur nie gaan die pak nie baie by dra nie, die knaldemper met die tuner gaan die beter opsie wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by swc-tr »

Capt. Oblivious wrote:As die geweer klaar konstant klein skiet en daar nie snaakse dinge gebeur nie gaan die pak nie baie by dra nie, die knaldemper met die tuner gaan die beter opsie wees
Tydens ernstige presisie skiet kompetisies, sal ek verkies dat al die ander mededingers met gewere skiet wat nie gepak is nie.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by Capt. Yoda »

Hyt mos nou nie gevra wat die beter opsie gaan wees as hy n TR comp met sy Tikka skiet nie ;). Ek sal ook altyd n geweer pak sodra ek hom kry maar ek sou se n duim op 200m groep uit n fabtrieks geweer is klaar goed en ek dink nie om die aksie te pak gaan daai groep halfeer nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eight
Hero Member
Hero Member
Posts: 829
Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm

Re: Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by Eight »

My ervaring met Tikka, 260 varmint, in sy fabrieks plastiek kolf is dat hy optimaal geskiet het en ek oan werklik nie dink dat om hom te pak n verskil sou maak nie. Ek kan wel ook se dat ek elke geweer voor die voet pak. Ek het die Tikka nou in n KRG Xray wat ek ge pak het en my how 243 in KRG Bravo het ek ook ge pak. Ek het met daai Tikka in sy plastiek fabrieks kolf van 600m tot 910m geskiet en daai geweer is net ongelooflik gewees in daai set up sonder om hom te pak.
Ek moet ook nou by se dat ek nie dink ek beter as half duim groepe op 200m kan skiet nie en ek dink nie enige verbetering in akkuraatheid op daai gaan n verskil maak op hits op langer afstande nie. Ek sal se gebruik n tuner. Werk aan die funere dingetjies met ladings soos nekspanning, goeie inside deburring van nekke, batch punte ens as jy fyner as daai wil skiet.
User avatar
TOKELOS
Hero Member
Hero Member
Posts: 555
Joined: Sun Feb 06, 2011 9:11 pm

Re: Geweer pak VS knaldemper met sweetspot verstelling

Post by TOKELOS »

Manne, dankie vir jul antwoorde ek waardeer!
Post Reply