Maksimum leeftyd vir doppe
-
ablm468
Maksimum leeftyd vir doppe
Manne ek verneem graag van die kenners wat hulle reken is die maksimum aantal kere wat 'n dop gebruik kan word of hoe sal mens nou weet wanneer jy jou doppe moet vervang?
Ek verstaan die wat duidelike teken toon van krake in ide nek area moet weggegooi word maar wanneer is 'n dop nou genoeg gebruik?
Groete
Hansman

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Hansman
Hierdie vragie van jou gaan baie antwoorde he, myne is soos volg.......
As jy jou doppe reg behandel, kan jy met 50 doppe jou geweer se loop klaar skiet......is waar, rerig. Ek het al n link gepost waar n ou Remington doppe gefull size het en in die vyftig keer geskiet het voor hul nekke gebars het, sonder om terug te sny of hulle te anneal, so die moontlikheid om n dop n 100 keer te laai as jy hom net necksize, anneal en die GROOT dop destroyer, nie te hard laai nie, is daar......
Soos wat die gemiddelde herlaaier met sy doppe werk, is so 12-15 keer haalbaar.
Mooi loop
Francois

- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Hansman
Ek is nie n kenner, maar my 2c. Aantal kere se herlaai sal afhang van watter kaliber jy skiet, watter doppe jy gebruik, watter lading jy gebruik, watter laai metode jy gebruik.
Dink jy skiet hulle maar tot hulle begin tekens wys van '' fitigue'',kraak of jy begin seperations kry, dan gooi jy die hele lot weg, want dit behoort nie lank te wees dan maak die res ook so.
Groetnis

Last edited by Monrique (SJ) on Mon Aug 15, 2011 5:57 am, edited 1 time in total.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
As jy voel dat jy die slagdoppie kan indruk met gemak (maw met min weerstand) is dit die begin van die einde van daai dop.
Vat 'n dun stukkie draad en maak die voorkant skerp en buig die voorste 3mm deur 90?. Druk die draad in die dop in en trek hom terug van die basis na die nek. As jy 'n haakplek voel so 4-6mm van die basis af is daai doppie ookal moeg gelaai en is "case head seperation" 'n term waarmee jy bekend gaan word.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
ek kry bg gemaklik met my 308 maar nie so maklik met my 300 nie.(ofskoon ek nognie so baie my nuwe 300 se doppe herlaai het nie. ek fullsize albei.Francois Marais wrote: Hansman
Soos wat die gemiddelde herlaaier met sy doppe werk, is so 12-15 keer haalbaar.
Mooi loop
Francois
die ervare mann sal beter vir jou kan se as ek maar ek dink as jy minder as 6 kry is dit nie reg nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
ablm468
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Manne
Baie dankie vir al die raad, ek stem saam met Francois, ho? ladings is 'n "killer"op doppe, ek bly weg van hulle af, ek skiet gewoonlik so op 50% van die verskil tussen min en maks ladings. My geweer gee goeie groepe en is heel gemaklik om mee te skiet.
Van die huidige batch doppe is daar wat ek al 10 jaar gebruik maar ek kan sien hulle begin nou dun word.
Ek dink dit is tyd vir nuwe doppe.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Stem 100% saam. Dink nie jy gaan met 50 PMP doppe die loop klaarskiet nieSJ wrote: Hansman
Ek is nie n kenner, maar my 2c. Aantal kere se herlaai sal afhang van watter kaliber jy skiet, watter doppe jy gebruik, watter lading jy gebruik, watter laai metode jy gebruik.
Dink jy skiet hulle maar tot hulle begin tekens wys van '' fitigue'',kraak of jy begin seperations kry, dan gooi jy die hele lot weg, want dit behoort nie lank te wees dan maak die res ook so.
Groetnis
Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Topcat
- Full Member

- Posts: 132
- Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Hoe hou die meeste van julle manne telling van hoeveel keer n dop galaai is?
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
oor die algemeen stem ek saam. maar ek het die laaste tyd die lig begin sien in dit wat Wouter promogeer in terme van spoed en nodes. die herlaai storie is nie meer die donker toor kuns van die verlede nie.Hansman wrote: Manne
Baie dankie vir al die raad, ek stem saam met Francois, ho? ladings is 'n "killer"op doppe, ek bly weg van hulle af, ek skiet gewoonlik so op 50% van die verskil tussen min en maks ladings. My geweer gee goeie groepe en is heel gemaklik om mee te skiet.
Van die huidige batch doppe is daar wat ek al 10 jaar gebruik maar ek kan sien hulle begin nou dun word.
Ek dink dit is tyd vir nuwe doppe.
Groete
Hansman
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
ablm468
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
Tc
Dit is my groot probleem ook, ek dink ek gaan nuwe doppe koop en van die oues ontslae raak. Dan weet mens jy begin van voor af.
Ek dink dan moet mens rekord hou van hoeveel keer jy hulle herlaai het.
Groetnis.

- James Wright
- Sr. Member

- Posts: 319
- Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
ek gebruik my dremmel en sny elke keer voor ek fullsize 'n klein gleefie/strepie op die rim van die dop,so kan jy ter enigetyd sien hoeveel keer daai dop geskiet was.TC wrote: Hoe hou die meeste van julle manne telling van hoeveel keer n dop galaai is?
-
ablm468
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
ek gebruik my dremmel en sny elke keer voor ek fullsize 'n klein gleefie/strepie op die rim van die dop,so kan jy ter enigetyd sien hoeveel keer daai dop geskiet was.
[/quote]
Goeie idee.
[/quote]
Goeie idee.
-
big daddy
Re: Maksimum leeftyd vir doppe
eish ek ken net genoeg van herlaai om gevaarlik vir myself te wees. Of sal ek se vir my tuin tegnikus. Want my eerste 20 patrone wat ek self herlaai het, het hy vir my uitgeskiet. Ek meen n man moet mos versigtig wees. (ha ha grappie). Julle manne praat van full neck size en wat nog. Kan julle asb vir my in afrikaans verduidelik wat julle daarmee bedoel? praat asb stadig sodat ek mooi kan verstaan.