Dam se blad wat lek

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Dam se blad wat lek

Post by Suidwes »

More Almal,

Enige iemand nog raad vir n dam se blad wat lek? Die dam is krities en is nie moontlik om leeg te maak op die tyd nie. Die dam is al uitgemessel n laaank tyd terug. Ek weet van die raad om boukalk te strooi, wou net graag hoor of iemand nog raad het, indien dit nie gaan werk nie.

Groete
Suidwes
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Jean Marais »

'n Baie sterk mengsel van sout en Sement werk ook baie goed. Jy maak 'n versadigde oplossing sout in water aan, en voeg dan sement by tot dit so 'n lekker dikkerige, maar verfbare mengsel is. Verf dit dan oor die area. Die mengsel trek in die krakies is, die sout kristaliseer en stop so die krakies toe. Gee 'n baie digte binding.

Hoop dit help.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by wlm »

Jean Marais wrote:'n Baie sterk mengsel van sout en Sement werk ook baie goed. Jy maak 'n versadigde oplossing sout in water aan, en voeg dan sement by tot dit so 'n lekker dikkerige, maar verfbare mengsel is. Verf dit dan oor die area. Die mengsel trek in die krakies is, die sout kristaliseer en stop so die krakies toe. Gee 'n baie digte binding.

Hoop dit help.

Groete
Suidwes en Jean
Die mengsel wat ek by 'n ou bouer gekry het en al baie jare met sukses gebruik is 4 sement: 2 kalk: 1 sout. Maklik om te onthou ook. :)
ludwichras
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 13, 2014 10:17 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by ludwichras »

Stem100 persent saam daai is n wen resep
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Cobus(Cobb) »

Die is vir my baie interessant as 'n boereraat.....aangesien sout die lime in sement verwoes, hoe sal die mengsel dan effektief wees???Hoe sal die "slurry" mix aangewend word terwyl die dam water in het??....of het ek die wyfie kat aan die bal beet???

Wat van groen Sunlight seep, daai blok seep??maak hom sag en druk dit in die kraak...seel mooi en daai bietjie seep in so vol dam proe jy nie eers nie..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by cassie_calvinia »

die sout en sement werk baie goed
HOU HOM DAAI DIKTE
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Suidwes »

Dankie vir julle raad almal.

Ek het Donderdag namiddag die dam skoongemaak en die sout en sement mengsel aangesmeer. Die nag gelos dat hy bietjie droog raak en toe Vrydag water gepomp. Maksimum tyd wat ek die dam sonder water kan los. Ek weet nie of dit lank genoeg was nie. Ek sien daar is nog 2 sweet plekke, hoop maar dit raak dig. Dit wil lyk of die lekkery minder is, sal egter nog n tyd moet monitor. Die dam gee so 160 bees en 300 skaap water en met die skroeiende dae, suip hulle n dik klomp water op n dag.

As dit nogsteeds n probleem is sal ek maar pryse kry vir n pvc liner of so 3 x 10000l tenks, hang af wat sal die goedkoopste wees.

Groete
Suidwes
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Jean Marais »

Suidwes, die sweet plekke behoort redelik dig te raak oor 'n dag of drie. Die tyd wat jy hom gelos het om droog te word is perfek. Hoop hy's sommer gou heeltemal reg. Jy kan dalk later as omstandighede dit toelaat, hom nog 'n keer met die mengsel behandel. Dit behoort dan al die haarkrakies ook mooi toe te maak.

Groetnis.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
ludwichras
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 13, 2014 10:17 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by ludwichras »

Jy kry sulke ander verf wat n liner maak dis n rubber verf ek sal kyk wat die goed se naam is dan sal ek jou laatweet. J verf die hele dam net met dit my pa het die goed hier aan gebring. Dit is nie goedkoop nie maar dit sal goedkoper as tenks of n liner uitwerk ek moet my dam ook nog weer oordoen met dit
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Dam se blad wat lek

Post by 375fanatic »

wat van daai kristalle wat in baba doeke en in die plantasies gebruik word ???
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
MDT
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Jul 16, 2013 1:23 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by MDT »

Is dit gewone growwe sout wat gebruik word ssam met die sement?

Ek het n wal in 'n stroom gebou om water op te vang, sal hierdie raad ook werk om die wal te seel of het iemand dalk ander raad daarvoor?
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Dam se blad wat lek

Post by Jakkalsgat »

Vinnigste en effektiewe manier is om hom 'n liner te laat insit, dam gaan dag droog staan en die volgende dag pomp jy water in, bel vir Meyer 082 550 6630.

Groete
Jaco
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by ANDRIES »

Ek het altyd teelsement en sout gebruik.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Dam se blad wat lek

Post by Dawie Malan »

MDT

Nee. Sout werk net vir 'n semetdam of suiping. In jou geval (gronddam) is die beste is om seker te maak die wal met klei gebou is en baie goed gekompakteer is. Pak daarna klip aan die binnekant van die wal, sodat die water dit nie sommer kan uitkalwe nie. 'n Produk met die naam Bentonite werk ook as jy dit saam met die klei kompakteer, maar is baie duur.

"Liner" sal net werk as daar nie vloedwater deur jou dam kom nie, en is ook duur.

Groete

Dawie
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by tau »

Laat ek die ou draad optel. Ek het water so 4 maande terug in 'n dam begin pomp wat vir 'n jaar leeg gestaan het. Voor dit het die ou sonpompie nooit die dam bo half gekry nie, deesdae pomp die Spitfire inverter stelsel hom daagliks tot oorloop vol. My probleem is die dam lek elkekeer as ek daar kom nog meer. Ek het nou raad vir die seël soos hier genoem. Waarmee "trek mens die dam bymekaar dat hy nie nog krakies ontwikkel nie? Ek is bang ek kom daar en die dam het gebars!!!!

My Plan is om 20 000l tenk tot by dam te skuif en die dam dan te herstel. So as alles klaar is maak ek die dam vol en skuif die tenk na sy eintlike plek.

Ek dink ook aan 'n liner, maar dan moet ek steeds dam versterk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Capt. Yoda »

Staal bracing straps behoort hom by mekaar te hou?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by wlm »

Sit sommer kabel of staaldraad stroppe om die dam
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by wlm »

Sit sommer kabel of staaldraad stroppe om die dam
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Dam se blad wat lek

Post by Lategan1 »

Al baie hakkiesdraad gespan om die dam gesien.

Gegalvaniseerd teen roes.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by tau »

wlm wrote: Wed May 04, 2022 9:34 am Sit sommer kabel of staaldraad stroppe om die dam
Ja Oom dit is wat ek gedink het. Dalk styftrek met come along en dan net met crosbbys vasmaak.

Het sommer quote aangevra op liners ook nou. As dit te duur raak gaan ek dalk net tenke opsit. My kinders swem in die dam so ek gaan redlik ongewild wees :laugh:
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Dam se blad wat lek

Post by Lategan1 »

Tau, onthou net styftrek behels om spanning op te sit en bymekaar te hou. Sodra jy te styf gaan trek om barste te probeer toetrek, skep jy bes moontlik nuwe probleme.

Jy span eweredig, gewoonlik min. 3 ringe/bande, torque dit heeltyd op en af eweredig van onder na bo. Dan smeer jy krake toe.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by wlm »

Tau
Jy wil nie die dam wurg nie, net ondersteun. Jou planne klink reg.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by tau »

wlm wrote: Wed May 04, 2022 3:14 pm Tau
Jy wil nie die dam wurg nie, net ondersteun. Jou planne klink reg.
Copy Oom.

Dankie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by Alwin »

Tau, jy moet ook die oorsaak van die krakies bepaal. Is dit die spanning wat veroorsaak word deur die waterdruk wat die dam wil "oop druk" of is dit uitsetting en inkrimping in die sement en stene wat die krakies veroorsaak?
Gewoonlik is eersgenoemde se simptoom groot vertikale krake, en dit gebeur net as daar nie genoeg staal in die wal ingebou is nie. Onthou dat die waterdruk onder die meeste is, dus moet jy daar meer versterkings aanbring as bo.
Laasgenoemde is weens blootstelling aan groot temperatuurskommelings. Dit help om grond teen die wal op te hoop, sodat die son nie sy buitekant kan bykom nie. As jy nie grond kan ophoop nie, verf die wal ten minste net wit, dan reflekteer dit darem meeste van die son se hitte.

Damvoerings is goed, maar daar is 2 goed om na op te let:
Die uitlaatkonneksie kan probleme gee, as dit nie korrek gedoen is nie.
Ek hou van HDPE voerings, want dit is gewoonlik meer sonbestand as PVC. Goedkoop is gewoonlik duur koop.

Daar is ook 'n ander opsie. Iemand verkoop die produk "Dam-it". Dis 'n Australiese produk wat jy sommer oor die water strooi, dan sak dit af en gaan in enige lekplekke in. Vir sementdamme gooi jy dit ook teen die wal af. Na bewering hou dit 5 jaar. Ek het dit nog nie self gebruik nie, en kan nie getuig of dit werk soos geadverteer of nie. Dit is 'n opsie as jy nie die dam kan leegmaak nie en kan ook in gronddamme gebruik word.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Dam se blad wat lek

Post by tau »

Alwin wrote: Wed May 04, 2022 10:10 pm Tau, jy moet ook die oorsaak van die krakies bepaal. Is dit die spanning wat veroorsaak word deur die waterdruk wat die dam wil "oop druk" of is dit uitsetting en inkrimping in die sement en stene wat die krakies veroorsaak?
Gewoonlik is eersgenoemde se simptoom groot vertikale krake, en dit gebeur net as daar nie genoeg staal in die wal ingebou is nie. Onthou dat die waterdruk onder die meeste is, dus moet jy daar meer versterkings aanbring as bo.
Laasgenoemde is weens blootstelling aan groot temperatuurskommelings. Dit help om grond teen die wal op te hoop, sodat die son nie sy buitekant kan bykom nie. As jy nie grond kan ophoop nie, verf die wal ten minste net wit, dan reflekteer dit darem meeste van die son se hitte.

Damvoerings is goed, maar daar is 2 goed om na op te let:
Die uitlaatkonneksie kan probleme gee, as dit nie korrek gedoen is nie.
Ek hou van HDPE voerings, want dit is gewoonlik meer sonbestand as PVC. Goedkoop is gewoonlik duur koop.

Daar is ook 'n ander opsie. Iemand verkoop die produk "Dam-it". Dis 'n Australiese produk wat jy sommer oor die water strooi, dan sak dit af en gaan in enige lekplekke in. Vir sementdamme gooi jy dit ook teen die wal af. Na bewering hou dit 5 jaar. Ek het dit nog nie self gebruik nie, en kan nie getuig of dit werk soos geadverteer of nie. Dit is 'n opsie as jy nie die dam kan leegmaak nie en kan ook in gronddamme gebruik word.
Die dam was redelik waterdig, maar die pomp het gegroet en hy het amper 12 maande in die Namib son leeg gestaan. Met die nuwe pomp se insit het hy nou baie lek plekke en ontwikkel meer en meer.

EK het gister die pyp konneksie sit kyk wat die manne saam gee met die liner en gedink dit kan moeilikheid maak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply