Barrel Tuners

Post Reply
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Barrel Tuners

Post by Francoisv »

Dis 'n interessante tyd van MB's , KD's , BT's asook kombinasies van die drie wat aangeblaas en gepromoveer word deur eksperts op video kanale en vervaardig kan word deur enige iemand met toegang tot 'n ordentlike CNC masjien.

Hieronder 'n artikel gepubliseer op http://www.targetshooter.co.uk/?p=660 wat verband hou met Barrel Tuners en toetse wat gedoen is om die effektiwiteit daarvan te weerspieël. Dit gaan nie almal se belangstelling prikkel maar dit is lekker om te verstaan hoe die goed werk.

Shoot straight

Francois Vogel
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Barrel Tuners

Post by Pvdw »

Ek het vir die 1 keer in my lewe die tuner teorie probeer die jaar met die aankoop van 'n Gun Warrior knaldemper met die flat tuner voor aan.

Die KD is vir my 223. Ek het reeds 'n splinternuwe lading/kombinasie die jaar vir hom uitgewerk nadat my V-Max/321/CCI450s klaar is. Ek het vinnig 'n billibe 18-20mm groep konstant kon skiet. Ek was vir eers tevrede daarmee.

Met die aankoms van my Warrior is ek gou na Dave Sheer se binne huis baan. 1ste 3 skote weer tipies 18-20mm. Daar wil ek sommer toe huistoe gaan en sê hy is OK so. Ek raak toe mos nuuskurig nes dit hoort. Ek draai die tuner toe die 2 inkrimente aan soos die info blad beskryf. 3 Skote later sit ek met 'n 30mm groep en ek weet dit was nie my swak skiet nie. Nog 2 inkrimente aan en ek is tussen 45-50mm. Stel vir 'n 3de keer die 2 inkrimente aan en die groep krimp duidelik onder 30mm. Met die laaste stel stel ek toe net 1 inkriment aan. Dis nou 'n totaal van 9. Die 1ste 2 skote sny en nr3 los net so klein stukkie parier oop tussen die groep. Ek skiet toe rustig nog 2 groeppe. Beide van die 2 rondom 13mm.

Ek was so impressed dat ek 1 vir my 6.5x55 gekoop het. Bietjie speel en ek skiet 9 skote in totaal onder 20mm. Dit nog nooit met die Oryx koeëls kon doen nie.

In my opinie werk dit virseker.
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Barrel Tuners

Post by Drenalinjunkie »

Hier is die resultate met my 6.5x55AI en een van Warrior se tuner suppressors.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Barrel Tuners

Post by Dolf014 »

Pvdw wrote: Sun Apr 24, 2022 12:10 pm Ek het vir die 1 keer in my lewe die tuner teorie probeer die jaar met die aankoop van 'n Gun Warrior knaldemper met die flat tuner voor aan.


In my opinie werk dit virseker.
More PvdW

Ek het op Huntex ook vir my die Gun Warrior knaldemper gekoop wat ek op my 300WM wil sit.
Die rede hoekom ek op die knaldemper besluit het is oor al die opsioes wat hulle jou bied; jy kan net die knaldemper koop, of jy kan die muzzle break by koop en opskroef, of jy kan die barrel tuner by koop en opskroef.

Ek is baie bly om die goeie resultate te sien wat julle gekry het.
PM asb jou selfoon nommer vir my sodat ons kan gesels.

Groete.

@Adrenalinjunkie; lyk my jy verstaan die tegniek van barrel tuner. Sal met jou ook wil gesles.

Groete en seen.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Barrel Tuners

Post by Francoisv »

Ek is bly daar is belangstelling en gesprek.

Die BT wat ek op my FTR 308 gebruik. Daar moet weer bietjie gestel word, ek sal dit so doen sodat ek die resultate hier kan plaas. Wil graag een op 6BR sit.
Image

Shoot straight


Francois Vogel
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Barrel Tuners

Post by Arnold »

Drenalinjunkie wrote: Mon Apr 25, 2022 8:34 am Hier is die resultate met my 6.5x55AI en een van Warrior se tuner suppressors.
Ek weet nou nie of dit werk vir jou nie want al die groepe is klein :laugh:
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Barrel Tuners

Post by Drenalinjunkie »

Arnold wrote: Tue Apr 26, 2022 11:28 am
Drenalinjunkie wrote: Mon Apr 25, 2022 8:34 am Hier is die resultate met my 6.5x55AI en een van Warrior se tuner suppressors.
Ek weet nou nie of dit werk vir jou nie want al die groepe is klein :laugh:
Arnold, ek panic al as n gun 0.5MOA skiet :laugh:
Post Reply