Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by japievan »

More almal

Ek sit met n taamlike plaag van rotte by my huis. Sou graag net gif wil uitsit, maar is bang my honde eet die dooie rotte en vrek daarvan.

Is daar enige raad wat iemand het van 'n produk of metode wat ek kan gebruik om van die rotte ontslae te raak?

Groete,
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by alecjohnson »

Emmer water met graan op water, het dit by lodge gebruik. hoe groter die houer hoe beter, gooi half vol of 3/2 (rant moet net hoog genoeg wees dat al bol hul op mekaar kan hul nie uit spring nie. hul versuip. Het ook al idees gesien met eenrigting hokke wat blykbaar goed werk, maar ek self het nog nie gebruik.

Rotvalle?
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by BeesBreet »

Meeste rot gif wat op rakke vrylik beskikbaar is is nie sistemies en gaan jou Honde niks maak indien hul die dooie rot vreet nie...
Die gif Sal wel skade maak indien die hond dit vreet.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by Eduard Venter »

Ek het al 'n magdom muise gevang met sulke kontrepsies. Welding rod deur die kan en 'n bottel wat baie maklik draai daarop. Smeer grondboontjiebotter op die bottel en posisioneer 'n plankie sodat die muis/rot kan opklim. Sodra hy begin smul draai die bottel en hy val in die water en versuip. My meeste is 22 muise in een trap in 'n aand. Image

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by japievan »

Baie dankie almal.

Die problem met valletjies is dat dit net een per slag gaan vang en teen daai tempo gaan ek nie wen nie. Sal bietjie die ander twee probeer.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by Ds J »

Supa-kill by die koöperasie. Dit werk regtig stadig en roei na enkele weke die hele kolonie uit.
Die enkele een wat die hond vang maak blykbaar nie skade nie.
Plaas die gif in n bakkie langs n pyp of balk waar hulle gereeld beweeg.

Ander moontlikheid is soetwyn, maar dan sal jy moet karkasse optel. Wyn in m bakkie vir twee of vier aande, en dan n skoot vinnige gif op die vyfde aand.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by Zuku »

50/50 Pollyfilla en strooisuiker met bak water. As rot in dak sterf stink hy nie.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by JJV »

My oupa het ook altyd suiker en sement gemeng, maar jou honde kn dit dalk ook aantreklik vind en skielik dodelik hardlywig word. Sterkte!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Bosvark.303
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Wed Apr 24, 2013 9:22 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by Bosvark.303 »

Weet nie hoe veilig vir honde nie, maar heel mieliepitte natgemaak met antifreeze haal die rotte vinnig uit
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by Capt. Yoda »

Eduard Venter wrote: Wed Apr 21, 2021 8:44 am Ek het al 'n magdom muise gevang met sulke kontrepsies. Welding rod deur die kan en 'n bottel wat baie maklik draai daarop. Smeer grondboontjiebotter op die bottel en posisioneer 'n plankie sodat die muis/rot kan opklim. Sodra hy begin smul draai die bottel en hy val in die water en versuip. My meeste is 22 muise in een trap in 'n aand. Image

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk

Daai lyk soos Covid 22
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
CharltoV
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Nov 16, 2015 7:18 am

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by CharltoV »

japievan wrote: Wed Apr 21, 2021 7:35 am More almal

Ek sit met n taamlike plaag van rotte by my huis. Sou graag net gif wil uitsit, maar is bang my honde eet die dooie rotte en vrek daarvan.

Is daar enige raad wat iemand het van 'n produk of metode wat ek kan gebruik om van die rotte ontslae te raak?

Groete,
Hi Japie,

Gif is een oplossing, om 'n lokval te stel ook.

Die ander manier om van hulle ontslae te raak is om self 2 troetelrotte aan te neem en die in 'n hok naby die waarneemde nes van die wilde rotte.

Rotte is baie territoriaal en die troetelrotte word heelwat groter as selfs jou standaard Bruin rot en baie groter as die gewone swart rot.

Die reuk en teenwoordigheid van die sal die wilde rotte laat migreer na jou buurman se huis.

Indien jy nie regkom met die gif, of hulle kan uitwus met 'n luggeweer nie, probeer maar die troetelrotte.

Groetnis.
www.vorsterproto.co.za
We specialize in shooting product prototypes.
Walther KK300 .22 LR, Musgrave Vrystaat .30-06, Howa 6.5CM
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by BenJacobs »

Ek volg aandagtig.
'n muis het vandag amper my ranger afgeskryf... Noggal 'n eienaardige gevoel as 'n muis teen jou been opklim teen 140km op die N2. Die ou wat agter my was het seker gedink ek is gesuip.
Groete Ben
CharltoV
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Nov 16, 2015 7:18 am

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by CharltoV »

BenJacobs wrote: Thu Apr 21, 2022 9:16 pm Ek volg aandagtig.
'n muis het vandag amper my ranger afgeskryf... Noggal 'n eienaardige gevoel as 'n muis teen jou been opklim teen 140km op die N2. Die ou wat agter my was het seker gedink ek is gesuip.
Groete Ben
Ben, vir motorvoertuie verkoop Liqui Moly 'n produk met die naam Mader Spray, dit was op 'n tyd te koop by Obaru, maar aanlyn op hulle webwerk ook, baie effektief om die knaagdiere uit die voertuig te hou.
www.vorsterproto.co.za
We specialize in shooting product prototypes.
Walther KK300 .22 LR, Musgrave Vrystaat .30-06, Howa 6.5CM
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is

Post by JJV »

Ek het grootgeword op die plaas met bottel deksels wat suiker en sement gemeng op gehad het, probeer dit….

Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply