Beste flits onder R1500.00

Post Reply
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Beste flits onder R1500.00

Post by toxicsox »

Ek is opsoek na ‘n flits vir my seun.
Hy het spesifieke goeters in sy kop wat hy soek.

Geen batterye of battery chargers nie. Type C verkieslik of Micro USB charging.
Groot flood - Lang distansie is nie vir hom so belangrik soos ‘n groot sproei nie.
Sy budget is R1500.00 ondertoe. Max.
Moet beskikbaar wees om vir hom te vat waar hy werk in die bos oor ‘n week.

Ek het gekyk na die Nebo Luxtreme 500Lm maar ken dit gladnie. Die reviews het egter goed gelyk.

Enige hulp sal regtig waardeer word. Asb. Net 2 dinge - onder R1.5K en nou beskikbaar :-)
User avatar
thys308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm

Re: Beste flits onder R1500.00

Post by thys308 »

Jy kan kyk na die outjie dink R1500 of R1600 en 900 of 1000 lumens en werk soos ñ bom , ek werk nagskof op N2 in Kaap en gebruik hom elke aand en charge by USB. Nitecore HC 60 kop torge. ImageImageImage

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Beste flits onder R1500.00

Post by Vleisie »

Kyk gerus by TorchSA hulle het n lekker groot verskeidenheid en Henri se diens is ook uitstekend. My laaste aankoop by hom was n Imalent DM21C wat my EDC flits is, op 200 lumen maak hy genoeg lig dat mens vertrekke kan deur soek ens en op 1400lumen verblind hy enige iemand wat van voor af kom. Ek gebruik sy turbo(2000lumen funksie net as ek in die veld is anders verblind ek myself)
Iets soos die Imalent LD10 het n 250m beam en lekker flood vir onder R1000, al negatief wat ek met die Imalent het is die magnetiese charger, dis nie iets wat in plug nie.

https://torchsa.com/
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Beste flits onder R1500.00

Post by Toxxyc »

Ek sal 'n lig wat met 'n kabel herlaai met 'n ingeboude battery nie aanbeveel nie. Eerstens, jy kan die lig nie gebruik as hy laai nie en as die battery groet, is jou lig daarmee heen.

Standaard wat goed werk deesdae is ligte wat met 'n 18650 battery werk. Die batterye is nie meer so duur soos voorheen nie want die vape-mense het dit opgetel so jy kan sommer 2 of 3 battery koop en gereed hou soos nodig. Ek het 3 wat ek in my lig gebruik en ruil hulle om soos die een pap word, of as ons gaan kamp of jag of watookal.

Die lig wat ek gebruik is 'n Fenix PD32. Dis nou wel 'n ouer lig, ek het hom al 'n paar jaar, maar ek sal sweer by Fenix tot die dag wat ek die emmer skop. Dis seker my 4de of 5de een nou al, soos wat ek gekoop en verkoop het tot ek die een gekry het waarvan ek regtig baie hou. Parte is beskikbaar by die Fenix shop in Centurion so dis nie 'n probleem nie.

Ek sien hulle hou nou aan by Safari & Outdoor en ek kan werklik iets soos hierdie aanbeveel: https://safarioutdoor.co.za/camping-out ... 20490.html

Dis ook budget, maar sluit in die battery en laaier. As dit te duur is kan hy kyk na so iets, maar dan gaan hy 'n charger moet bykoop:

https://safarioutdoor.co.za/camping-out ... ht28r.html

Hier is een wat beste van beide werelde het. Hy werk met 'n 18650 wat in die buis kan laai, so as jy hom nie nodig het nie laai jy hom, en as hy pap is en jy kort lig, dan ruil jy net die battery met 'n vars een: https://safarioutdoor.co.za/camping-out ... 08514.html

Persoonlik sal ek kyk na iets soos die laaste een.

Dan moet ek ook noem ek het al 'n klomp ligte besit, ek het deur 'n "fase" gegaan op 'n stadium. Ek het Olight en so aan ook besit. Ek het nou al die 4de Olight op my karsleutel en die goed hou aan breek. Ek is bitter teleurgesteld met die brand en sal nie vir my 'n Olight koop waarvan my lewe dalk sal afhang nie.
Post Reply