Vrystaat jag in reenweer: Sukses!
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Vrystaat jag in reenweer: Sukses!
Ons bosvedlers is oppad Brandfort Vrystaat toe hievan Donderdag tot Sondag.
Ongelukking lyk dit of die reen gaan pla.
Ons hoop om blesbok, swartwildebees, rooihartebess, eland en waterbok raak te loop. Die Plaas het vlakte, rante en bosveld. Stap, voorsit en bakkie is opsies. Ek het geen ervaring van jag in die reen nie, watter advies kan julle deel asb?
Groete
Johan

Last edited by J le Roux on Thu Apr 07, 2022 12:14 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Vrystaat jag in reenweek
Ek het hierdie die eerste keer gesien op Meat Eater en gedink dis n bak plan:
https://youtu.be/OfuM9teKa6c
https://youtu.be/OfuM9teKa6c
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
Julle behoort oraait te wees, as dit net 50% kans vir reen is soos wat hulle voorspel sal dit net in die laat middag en nag reen en deur die dag net bewolk wees. Sondag lyk die kans beter vir reen deur die dag, tensy die wind wat nou so waai, als weg waai voor daai tyd.J le Roux wrote: Wed Mar 30, 2022 7:43 am Ons bosvedlers is oppad Brandfort Vrystaat toe hievan Donderdag tot Sondag.
Ongelukking lyk dit of die reen gaan pla.
Ons hoop om blesbok, swartwildebees, rooihartebess, eland en waterbok raak te loop. Die Plaas het vlakte, rante en bosveld. Stap, voorsit en bakkie is opsies. Ek het geen ervaring van jag in die reen nie, watter advies kan julle deel asb?
Groete
Johan
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Vrystaat jag in reenweer
Ek het nou nie vir julle raad nie, maar die bosvelders wat agterbly is jaloers vir die reën en die jag.
Geniet!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Geniet!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
Dankie julle, el sal laat weet hoe dit gegaan het
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Vrystaat jag in reenweer
Chris, ek dink díe weervoorspelling is nou op sy kop gedraaiChris (vdB) wrote:Julle behoort oraait te wees, as dit net 50% kans vir reen is soos wat hulle voorspel sal dit net in die laat middag en nag reen en deur die dag net bewolk wees. Sondag lyk die kans beter vir reen deur die dag, tensy die wind wat nou so waai, als weg waai voor daai tyd.J le Roux wrote: Wed Mar 30, 2022 7:43 am Ons bosvedlers is oppad Brandfort Vrystaat toe hievan Donderdag tot Sondag.
Ongelukking lyk dit of die reen gaan pla.
Ons hoop om blesbok, swartwildebees, rooihartebess, eland en waterbok raak te loop. Die Plaas het vlakte, rante en bosveld. Stap, voorsit en bakkie is opsies. Ek het geen ervaring van jag in die reen nie, watter advies kan julle deel asb?
Groete
Johan

Dit reen nou van so 6:45 in Virginia. As ek so kyk kan dit 'n rukkie aangaan.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
More JohanAceofspades wrote: Fri Apr 01, 2022 10:46 amChris, ek dink díe weervoorspelling is nou op sy kop gedraaiChris (vdB) wrote:Julle behoort oraait te wees, as dit net 50% kans vir reen is soos wat hulle voorspel sal dit net in die laat middag en nag reen en deur die dag net bewolk wees. Sondag lyk die kans beter vir reen deur die dag, tensy die wind wat nou so waai, als weg waai voor daai tyd.J le Roux wrote: Wed Mar 30, 2022 7:43 am Ons bosvedlers is oppad Brandfort Vrystaat toe hievan Donderdag tot Sondag.
Ongelukking lyk dit of die reen gaan pla.
Ons hoop om blesbok, swartwildebees, rooihartebess, eland en waterbok raak te loop. Die Plaas het vlakte, rante en bosveld. Stap, voorsit en bakkie is opsies. Ek het geen ervaring van jag in die reen nie, watter advies kan julle deel asb?
Groete
Johan
Dit reen nou van so 6:45 in Virginia. As ek so kyk kan dit 'n rukkie aangaan.
Sent from my BV9900E using Tapatalk
Ek het ook vanoggend die storie so gekyk en gedink nee hel ek het mos stront gepraat
Lekker dag Johan
Groete
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
Johan het die weer julle toe darem kans gegee om te kan jag?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
Dankie dat jy my herhinder Chris
Die jag was toe 'n groot sukses. Ons 6 manne moes Donderdag 'n 4 duim gong op 200m raakskiet. Enkeles moes maar terug 100m papier toe en dan Strelok hulp kry om op die gong te laat sing. Dit was duidelik wie deeglik voorberei het en wie nie.
Die plaas is nie baie groot nie. 1000Ha, maar saam met groot grasvlaktes is daar ook asemrowende diep klowe en rante, en met gedeeltes digte bos was dit 'n lekker uitdaging.
Bakkie bekruip was aan die orde van die dag. Ons het in 2 groepe opgedeel sodat elke voertuig se jagters so veel as moontlik teiken spesies kon dek, en nie vir mekaar kyk as daar 'n skoot geoffer word nie.
Donderdag was daar toe geen reen nie. Ons groep het rante, klowe en plato gekry. Oppad teen die een rant uit het ons Rooiharte teen die oorkanste kloof gewaar. Dit was op my spyskaart en ek het aangele terwyl my vriend range, 194m. Die 165gr SGK SBT @2800fps uit my 30-06 het die blad getref waar ek gemik het (dankie Marius 3poot). Ons moes ver omry to bo op die ander rant, die 15minute was maar senutergend, maar ons het die koei gekry seker so 20m van waar sy getref is. Ek het die koeel onder die vel op die ander blad herwin, 122gr 74% retensie. Die skoot oor die kloof was 'n nuwe ervaring en ek sal dit lank onthou.
Later die middag het ek 'n kans gekry op blesbokke. So maklik en dom as wat hulle in die bosveld is, so wakker en besig is hulle in die vlaktes. Hulle laat spaander sommer as jy nog ver is, en hou aan maal. Ek kon darem 'n 230m oop skoot op 'n ooi kry, die bladskoot was weer suksesvol.
Vrydag oggend het ons 'n wit blesbok gewaar wat nie lekker was nie, hy het alleen en moeilik teen die oorkantste kloof uitloop. Die eienaar het gevra of ek hom sal skiet. Ek het nie 'n behoefte aan gekleurde wild nie, maar na 'n skoot agter die blad het hy nie ver gekom nie. Ons kon sien hy het 'n paar week oue kwesskoot weg, moes van voor af gewees het, skrams boudskoot aan sy regter agterbeen.
Vrydag middag was daar ligte reen, maar ons is veld toe. Ek wou graag 'n swartwildebees skiet, maar hulle was baie wakker. Daai narre hou van hardloop. Ons was gelukkig om hulle tussen die vlakte en bos te kry staan. Dit het vir my gevoel of hulle besluit nos toe of vlakte toe... Die afstand was 325m. Toe een mooi oop en stil staan het ek die sneller getrek. Die bul het soos 'n Mustang perd opgespring en soos 'n speenvark greskreeu. Hy is met 'n spoed weg bos toe. Ons het hom 5 min later opgespoor, op sy voete maar staande dood. Ek het hom met nog 'n skoot verlos. Die eerste skoot was 'n suiwer lae bladskoot, reg in lyn met die been, met die uitgang 2 duim hoer en 3 duim agtertoe. Dit was merkwaardig dat hy nog 5min kon oorleef en so 400m ver kon kom. Ek wonder nog of die blou of swart beeste die taaiste is.
Vrydag aand het die reen aangekom, en het Saterdag oggend ook gepla. Tussen ons ses is 18 bokke geskiet, ongelukkig was 'n BWB en Waterbok gekwes en nie gevind nie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by J le Roux on Thu Apr 07, 2022 12:19 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Vrystaat jag in reenweer: Sukses!
Mooi man !
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer: Sukses!
Mooi so Johan, bly julle het darem kans gekry so tussen die reen deur
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Vrystaat jag in reenweer
Mooi bees daai!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Vrystaat jag in reenweer
Dankie Cappie, 23 5/8