165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post Reply
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Dash431 »

Middag almal.

Het enigiemand ervaring met die vertoning van hierdie koeels teen 308 Win snelhede (+-2600fps) op groter wild soos Gemsbok, Blou Wildebees etc?

Google gee meer vrae as antwoorde, en party mense kla dat die koeels hoeer snelhede nodig het om oop te maak, as wat die 308 kan lewer…

Dankie.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by J le Roux »

My jagmaat gebruik hulle en het my amper gesoen toe ek vroeër hierdie maand 4 pakkiea opgespoor het in my soeke na 165gr SPBT. 2 Vir my en 2 vir hom (ek gaan maar moer oorskuif).

Hy jag al.lank met hulle en is baie tevrede. Hy skiet seker so 40 bokke per jaar.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Jacques1988
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Jacques1988 »

Hi Dash. Ek het so 4 jaar terug hulle gebruik in my .308win. Ek het n paar koedoes met hulle geskiet op afstande van 80 - 240m teen net oor die 2600fps.
Hulle het gewerk soos enige cup en core bullet met die lood kern en kooper mantel wat maar amper altyd apart gevind is. Nooit probleem gehad met hulle wat nie oop maak nie. Ek het wel oor gegaan na die SBT weer gawe en hulle het baie dieselfde perform. Akuraat maar daar is beter opsies daar buite. Ek kan nie komentaar lewer oor werkverigting op verdere afstande op groot diere nie. Vermy been en plaas skote agter die blad as jy hulle sou gebruik. Ek glo n bonded bullet van Hornady, Nosler ens is maar die beter opsie veral op die grote diere wat jy van praat. Hoop dit help. Ek gebruik die laaste 3 jaar of so maar Hornady se Interbonds in al my gewere. Hulle is bekombaar en lewer goeie werk verigting. Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Lapua »

Ek is baie tevrede met hulle. Werk soos hulle moet. Geen klagtes.
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Dash431 »

Dankie vir die terugvoering kerels.

Ek skiet tans 180gr A-Frames, en is baie gelukkig met hulle. Die A-Frames is net hopeloos te duur om op die baan mee te oefen.

Ek het die SGK’s n rukkie terug gekoop, en half vergeet daarvan. Ek het begin kyk na watse lading ek kan ontwikkel wat ek op die baan kan gebruik, en dalk ook n bok of twee mee te skiet, en die Gamekings het toe weer hulle verskyning gemaak.

Groetnis.
Skietstoel
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Skietstoel »

Kan ek dit by jou oorneem dalk? Werk pragtig op 308
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
Dash431
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Dash431 »

More Skietstoel.

PM my dan gesels ons.

Groetnis.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Armand Steenkamp »

In my ondervinding moet n man been slaan vir hulle om oop temaak. Ek het n gemsbok agter die blad geskiet, altwee longe raakgeskiet maar dit was n gaaitjie in en n gaaitjie uit met minimale skade aan die longe. Bok het n 2de skoot gekry. Ek het nog n gemsbok geskiet maar die slag n swak nekskoot waar ek onder die werwels deur geskiet het. Nou ja man kan nooit die koeel vir swak skietwerk skuld ge nie maar ek is redelik seker met n sagter koeel soos n SST sou ek dalk genoeg kans gekry het om weer te skiet.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: 165gr Sierra HPBT Gamekings (2140) in 308 Win

Post by Ben Remington »

Dash431 wrote: Mon Apr 04, 2022 3:54 pm Middag almal.

Het enigiemand ervaring met die vertoning van hierdie koeels teen 308 Win snelhede (+-2600fps) op groter wild soos Gemsbok, Blou Wildebees etc?

Google gee meer vrae as antwoorde, en party mense kla dat die koeels hoeer snelhede nodig het om oop te maak, as wat die 308 kan lewer…

Dankie.
Goeie môre...

Dit is 'n baie goeie punt ...solank jou skootplasing mooi is sal hulle baie mooi werk. Op die oomblik is hulle net skaars.

Groetnis
Post Reply