Watter hout braai die beste?

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Wouter Roets »

KX250

Prys is R25 per sakkie en sal by ons perseel hier in Irene afgehaal kan word.

Groetnis
Wouter
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Steyr270 »

KX250 wrote:Ja, as jy vir ons 'n finale prys het sal ek seker wees.
Stem
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Rigby »

Wouter - sit my asb op vir 100 sakke
Dankie
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by JK »

Ons koop altyd daai saamgeperste houtskool bolle om saam te vat as ons noord ry. Ja jy kry hout by die meeste kampplekke maar dit is vuurmaak hout. As die vlam weg is sit jy met as. Bome groei te vinnig hoe verder noord jy ry, bo die mopanie strook. Daai donkie balle maak lekker kolle. Hier rond werk basterkameel nie sleg nie..
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by win270 »

Ek neem aan hout word nou weer fluks verkoop en dis hoeka Nasionale Braaidag op Dinsdag, 24 September 2019.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Joe13 »

Wouter het jy dalk nog hout?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Wouter Roets »

Ongelukkig nie Joe. Koop nou maar ook soos n paloeka aan.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Jake1 »

Rooibos hout by ons is die nommer 1, ek dink oor 50 jaar as meeste inheemse bome weg is gaan hulle sê, om te dink in die oudtyd het mense tot Rooibos hout gebruik vir braaivleis, en hulle het sommer onnodig ekstra opgegooi as die vrouens nie kyk nie net om verder te suip 8)
Ek pleit skuldig, Rooibos is koning
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Capt. Yoda »

Ek gaan dam vanaand bq van die bosveld se beste gebruik vir n braaitjie, sal maar woolies se charcoal vir n volgende braai bere
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Harambe »

Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Of so iets
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Capt. Yoda »

Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.

Is maar soos jag en ver skiet, ons noem dit maar braai dan weet almal wat aan gaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Harambe »

Capt. Oblivious wrote:
Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.

Is maar soos jag en ver skiet, ons noem dit maar braai dan weet almal wat aan gaan
Ek he nie gese ek keur die af nie ;D
Of so iets
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Gawie(13mm) »

Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Nee o @$^#×!
'n Vliegtuig uit die Noorde het jou seker hier vergeet in die Kaap.
Gas is vir vuur aansteek en sous maak op die stoof.
As jy met gas wil braai, gaan suip by die Spur. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by sako 30-06 »

More Wouter en al die manne

Met ons crap hout wat ons hier te koop kry het ek bietjie begin soek vir iemand wat weer hout kan verskaf.
Ek het n kontak gekry in Thabazimbi vir Snuifpeul hout en ook charcoal gemaak van snuifpeul en hardehout (Die charcoal wat op die plaas gemaak)
Ek moet eerlik wees dit is dieselfde kwalitiet van 12 jaar terug, maar ongelukkig nie meer teen dieselfde prys nie. :(

Charcoal 4kg - R35
Hout standaard plastiek sak van so 8kg - R25

Laat weet maar as iemand belangstel, dan kan ek begin kyk na getalle.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by win270 »

Ek het so 18 maande gelede hout bestel van Schalk vd Merwe (COAL slaghuis by Honeydew, Randburg). Die hout was hoofsaaklik kameeldoring en ander goeie / harde hout uit die Kalahari. Prys was ook daardie tyd baie redelik en is by my huis afgelewer. As julle wil, kan ek ook vir Schalk kontak en vasstel of hy weer in Gauteng-area kan lewer en wat die pryse deesdae is. Laat weet gerus.

Groetnis
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Watter hout braai die beste?

Post by win270 »

Ek't intussen by Schalk vd Merwe uitgevind (sien hierbo). Hy is gretig om hout te verskaf. Sy advertensie lui soos volg:

Bestellings kan geplaas word op 010 109 3785 of manager@coalpty.co.za Braam of Naomi. Groot sakke R85/25kg Medium R55/15kg. Hout kom vanaf Vryburg en Toska. Meer as 10 sakke spesiale prys en aflewering gratis hier rondom honeydew en Randparkridge. Verder as dit R5,80/km.

Groete, Braam

Ek kan Schalk se braaihout werklik aanbeveel!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Wouter Roets »

More Kerels

Ek kry nou seker in die laaste jaar of wat hout by Ronald en Stefan. Hulle besigheid se naam is Hout is Goud, n naam wet die twee werfetters by my gesteel het. Dit is kameeldoring wat in streepsakke kom vir R80 of is dit nou R85 afgelaai. Dit is nie vir my hinderlik om met die hout my vleis te offer nie so ek glo ek sal maar by hulle bly solank hulle hulle gedra, al is dit soos gewoonlik sleg.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Capt. Yoda »

werfetters ++>: ++>: ++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Apie »

Hierdie hout is die beste!

Punda Maria

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by PWV »

Ek skiet 'n paar springbokke by AJ Burger in Sutherland se distrik. Hier rondom 12 die middag stop ons om iets vir middagete in die lyf te kry. Hy ken sy veld en die braaiplek is 'n hoekie in 'n rotsbankie wat die natuur spesiaal vir so 'n okasie ingerig het. Hy loop so 'n draai en skraap 'n paar droë stokkies bymekaar. 'n Plant wat so plat op die grond groei met takkies so dun soos jou wysvinger. (Die naam kan ek nie meer onthou nie).
Op hierdie paar stokkies het ons tjops en wors gebraai en ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar dit was koningskos, van die smaaklikste wat ek al geëet het.
En wat van mieliestronke? Dit kan gladnie afgeskryf word nie!!!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Capt. Yoda »

Mieliestronk is n lekker Wes Transvaal hout, my Pa het altyd by Monsanto somer n ton op n slag gekry.
Hy rook net baie in die begin so jy moet hom maar petrol gooi as jy nie van rook hou nie, nou nie n kuier braai nie maar hy braai n vleisie lekker
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by sako 30-06 »

Mieliestronke weer verseker lekker, veral as jy net vinnig n worsie wil braai.

So dit lyk darem of niemand gaan koud kry die winter nie.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Eduard Venter »

Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.

Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jag

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Methos »

Ek braai gereeld met wingerd stompies - hulle werk heel lekker maar maak verskriklik baie as vind ek. Sit gereeld eikehout in die vuurherd in die winter - brand lank en baie minder as. 'n Vriend het vir my 'n hele neut boom wat hy afgesaag het gegee. Dit werk ook briljant. Het ook al vrugteboom hout gebruik. Perske, kersie en appel werk baie goed.

Ek braai baie met charcoal want ek braai meestal in my Weber maar sit altyd 'n stuk hout op die charcoal en as hy lekker brand maak ek die deksel toe. Die rook wat uitkom moet so baie baie ligblou wees. Vind kersiehour gee vir jou die beste smoke ring. Diep rooi. Ek het juis vanmiddag twee varkskouers gaan optel vir 'n vriend se verjaarsdag. Een gaan moreoggend op die Weber vir 8 ure en more aan gaan die ander een op vir kos vir 40 mense Saterdag. Ek maak pulled pork. Gaan lekker loop op 'n franse brood met asyn sous en koolslaai.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter hout braai die beste?

Post by Capt. Yoda »

Eduard Venter wrote: Thu Mar 24, 2022 3:42 pm Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.

Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jagImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Wat jy nou se is hoekom ons sukkel met hout veral hier bo. Die goeie hout werk te duur uit om te sny en te vervoer en die k.ak hout wat ons hier kry wat hulle somer hier langs die N1 sny kan jy nie met 7 pakke blitz en n liter petrol n kool van maak nie.R80 vir n groot sak is nie baie nie maar meeste hier het nie pak plek om 50 sakke te koop nie en jy kan dam ook nie n man bel en vra jy soek 2 sakke van vaalwater af nie so ons wil Saterdag gou ry en 3 sakke gaan koop. Ons wou ook so hout smous ding doen op n kol maar ek weet tot vandag toe nie hoe jy regtig geld maak nie tensy jy 17 kliente met braai plekke soos Wouter het. As jy n link n week by garages kan af laai sal jy geld maak maar hulle koop eder daai goedkoop bluegum, is maar soos biltong smous

Soos ek n jaar of 3 terug in die draat gese het ek braai ma met woolies se kole, jy weet dam wat jy kry. As ek by my Pa of Wouter braai sal ek die vuur waardeur
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply