.375 Node Hulp asb

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .375 Node Hulp asb

Post by Lategan1 »

Verseker is beide mooi op 100m.

‘n Swakker groep op 200m kan homself goed wegsteek op 100m, glo jy weet dit. Verder hiertoe neig mens nou om te dink dat beide die skote links onder is dalk skutfout, die 150/200m sal dit ook mooi uitlig indien wel so.

As jy ‘n baan het, probeer die nuwe groepe op 150 of 200m skiet om die beter een tussen die 2 bepaal. Soos jy self noem, beide is goed en 100% vir jag. Nou vir die beste een op verder afstand.

Hoekom? Koste! Jy gaan bes moontlik dieselfde groepe skiet op 100m met meer nuwe data, toets dus op verder afstande. Jou data gaan dit ook uitlig en ondersteun, wat nie relatief tot afstand is nie. Skutfout sal verseker mooi uitwys op verder afstande. Dit help met eliminering, veral as jy dit kan roep. Soos Tripod sê, groter bulle is moeilik op ‘n bank! Veral as jy 2 groepe van 5 wil skiet.

Ek glo ou hande gaan ook vir jou sê kies die TPL 91.4mm lading en speel met die TPL vir die optimale. Jou ES is reeds daar.

My2c. Daai patrone loop nie goedkoop nie!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: .375 Node Hulp asb

Post by JohanvB »

Stem, skiet dieselfde op 200m…
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: .375 Node Hulp asb

Post by Zane de Beer »

Dankie almal vir al die insette.

Ek sal Vrydag na werk gou na die langer skietbaan toe gaan, sal op 200m skiet en kyk wat gebeur.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: .375 Node Hulp asb

Post by Frederik »

Ek neem aan jy het darem 'n hoop van die koele nog tuis tussen die lekker toets en speel.
As ek jy was sou Krokodil spruit of Blue Gum toe gaan en gonge gaan skiet op 200 en 300 meter. Jy het jou spoed kyk wat die bullet drop gaan wees en as die gong dan lui is jy reg vir jag.

Groepies skiet met groter kalibers is nie altyd die malikste nie.
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: .375 Node Hulp asb

Post by Zane de Beer »

Frederik wrote: Wed Mar 23, 2022 12:24 pm Ek neem aan jy het darem 'n hoop van die koele nog tuis tussen die lekker toets en speel.
As ek jy was sou Krokodil spruit of Blue Gum toe gaan en gonge gaan skiet op 200 en 300 meter. Jy het jou spoed kyk wat die bullet drop gaan wees en as die gong dan lui is jy reg vir jag.

Groepies skiet met groter kalibers is nie altyd die malikste nie.
Ek het darem nog 'n pakkie of twee weggebêre vir die jag wat opkom in Junie :)

Ek gaan sommer Krokodilspruit toe gaan ja, dis nie te vêr vir my nie (ek ken nie Blue Gum nie). Moet dalk my 100mm gong saamvat, ek kannie onthou dat Kroks 'n gong op 200m het nie?
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: .375 Node Hulp asb

Post by Zane de Beer »

Was gou Krokodilspruit toe vanmiddag... moes so tussendeur die reentjies skiet, darem nie te hard geval nie so kon nog loop sonder om te nat te word. Wind was van agter, maar gladnie sterk nie.

Hier is die groepe, genommer in die volgorde soos geskiet (ek het na die eerste groep my teleskoop bietjie opgestel) so die POI het geskuif.
375 Loads @ 200m.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply