Spoed

User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Spoed

Post by LN (Louis) »

Middag julle,

Ek kom vandag met die hoed in die hand na julle. Is besig om ladings vir my 7x57 uit te werk en soek hulp.

Ek wil Barnes TSX 150gr gebruik in Winchesterdoppe, CCI 200 slagdoppe, S355 en OAL van 78mm. Die probleem is dat ek nie nou toegang tot 'n chrono of programmatuur het om vir my 'n naastenby idee te gee van die spoed wat ek gaan kry nie   ???.

Is daar iemand wat my kan help om 'n idee te kry van die spoed wat ek kan verwag as ek bg komponente gebruik met 38, 39, 40 en 41gr S355? Ek mik na ongeveer 2500ft/s.

Dankie by voorbaat.
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Spoed

Post by James Wilson »

hier is manne wat 100x meer weet as ek oor herlaai, maar met dit wat jy het tot jou beskikking sal ek maar gaan vir trail en error.  kyk maar watter lading gee die kleinste groep en begin dan speel met tpl.  gelukkig sit jy met n geweer wat bekend is vir akuraatheid. as jy nie n crony het nie, het jy geen keuse as om jou lading met die somchem boekkie te vergelyk vir spoed nie. dis maar so n benaderde spoed.  waar is jy? as jy naby my is is jy welkom om my crony te gebruik.
Last edited by James Wilson on Thu Aug 25, 2011 8:07 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Spoed

Post by Dawie D »

LN ek sal eerder meer aandig gee aan watse gropering jy kry as spoed. n 100 of 200 voet per sekonde is so min verskil op jou trijek dat gropering jou baie meer gaan beinvloed. Weet eerder dat jou geweer daai boontjies elke keer op die selfde pad stuur as wat jy worry oor hoe vinnig hulle daar uitkom.
Dis maar net my mening. Sterkte ek hoop jy kom reg.
Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

manne James of Ludwig, ek gaan laat een van julle vir Dawie reg help oor hou belangrik spoed en optimal barrel time is.
Dit gaan nie oor om max spoed te haal nie, maar om die perfekte spoed te kry
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Spoed

Post by Dawie D »

Jagtersdok, nou wat is dan die regte spoed? hoekom pla spoed jou as jy n perfekte gropering kan kry met die hoogste moontelike lading?

Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

Want jy sal nooit die regte sweetspot vir die regte groepering kry sonder om die regte gemiddelde spoed te kry nie.
Dit gaan als oor wanneer die koeel die tromp verlaat, om daai timeing reg te kry moet jy die regte spoed skiet, en dan om dit verder te finetune moet jy met die TPL speel

gaan lees bietjie onder herlaai tips die stuk van Dan Newberry se Optimal Charge Weight en dan sien jy waar die dinge vandaan kom, daai ou  metodes doen ons nou net wiskundig sonder om al die skote te skiet
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Spoed

Post by Dawie D »

Ludwig, jy kyk na druk probleeme op jou doppe en die meeste kalibers gee vir jou tekens van druk nog voordat jy by maksumim lading kom wat somkem se herlaai data voorskryf. Ek persoonlik laai net op die beste groepering wat ek kan kry uit n spesifieke lading. Dit is altyd interesant hoe n groepering oop en toe maak namate die lading meer of minder word.

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Spoed

Post by BLOK »

Luister maar wat Ludwig se die man weet van, net om n voorbeeld te gee volgens daai boek is moes my begin lading in my geweer 72g, maar in praktyk was my drukkng al toe heeltemal te veel die primers al amper plat geslaan. Geweer se kamer kan wereld se verskil maak wat drukking aanbetref so ook die verskil in dop wanddikte wat in my geval die oorsaak was.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Spoed

Post by Dawie D »

Blok ek stem saam daar is gewere wat nie volgens daai data werk nie. Wat ek se is dat groepeering vir my meer werd is as spoed en al het jy nie daai koel se spoed gemeet nie kon jy sien dat daar druk probleeme is. Ek skiet slegs deur n kronograaf vir interesandheid om te weet watse spoed skiet my geweer nadat ek die regte lading het.
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Spoed

Post by DawieKotze »

Dawie D

Die manne s? glad nie jy moet spoed jaag nie!! Hulle s? laai vir die spoed waar jou opset die beste groepe gaan gee.

Ek het ook vir baie lank soos jy geredeneer, maar die tegnologie het mos nou vir ons 'n metode ontwerp waar jy baie gouer en goedkoper by daardie mooi groepe kan uitkom wat jy soek.

Gee vir die manne wat die program het al die nodige inligting. Hulle sal dan vir jou kan s? watse spoed jy moet probeer laai. Daai spoed gaan baie naby wees aan die spoed wat jy gaan kry as jy op jou ou metode gewerk het. Nou speel jy net met die tpl en maak die groep toe.

Leen 'n chrony en doen dit - jy sal verbaas wees oor die akkuraatheid!!!!

PS - sorry - ek sien Ludwig het ook klaar geantwoord
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Spoed

Post by WillemS »

Dawie

Net om te beaam wat Ludwig en die manne se oor die optimale spoed. Ek het met 8 skote en Quickload my lading gekry wat die regte spoed gegee het, en die laaste 4 skote(almal verskillende ladings) het mekaar gesny en die ladings het met .7 grein op my 243AI verskil!  Vantevore was die "trail and error" tot ek 'n groepering gekry het wat heelwat oefening op die skietbaan gegee het want dit kos baie skiet en op en af skietbaan toe ry met ander ladings!

OBT en 'n chrono maak nuwe werelde oop!

Willem
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Spoed

Post by Dawie D »

Dankie WillemS ek het daai tegniek net nog nooit gebruik nie. My skietbaan is reg langs my herlaai kamer so ek is baie gelukkig wat dit aanbetref.

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Spoed

Post by LN (Louis) »

Middag julle,

Julle het my nou goed deurmekaar gepraat  :P. Hoekom ek min of meer die spoed wil weet is omdat ek 2 weke terug 'n harde les geleer het met plaaslike punte (Gerhard net vir jou koe?ls) wat nie gemushroom het in die bok nie  >:(. Ek het 'n teorie daaroor maar gaan beslis nie weer die punte gebruik om te jag nie.

Het op die 150gr Barnes besluit omdat hulle op 0.5mm na dieselfde lengte as die vorige punte het, wat my groeperings van 20mm op 100m gegee het. My geweer hou van lang bearing surfaces en skiet byvoorbeeld die Impala 110gr in 15mm of beter elke keer. Selfs die laaities kry dit reg. Kyk maar op Wild & Jag se middel bladsy wat hulle reggekry het met die punte. Die probleem wat ek met hulle het is dat ek nie genoeg vertroue in hulle het om blouwildebeeste, koedoes en elande met hulle te skiet nie, hoewel hulle goeie terugvoer op die forum gekry het.

Ek verstaan die optimale looptyd goed na alles wat ek gelees het. Verstaan ook dat skootplasing kardinaal is... MAAR wat help dit om 'n bok met 'n 7mm breinaald te skiet op die doodmaakplek en jy kry hom nogteeds nie?

Die geweer is 'n 1896 Mod Mauser met 'n relatiewe nuwe loop op (ongeveer 2000 skote oud waarvan almal herlaaide ammo was). Op 78mm is die punte 2.3mm van die lands maar die magaynkas beperk my tot 78.7mm. Die loop is 24.1" gemeet van die kroon tot teen die slot se gesig. Die Winchesterdoppe het 'n waterkapaiteit van 59.6gr.

Dawie D: Die trajek is nie die grootste probleem nie aangesien ek die wil gebruik op bosveldwild tot en met eland. Vir vlaktewild gaan ek hou by die Impala 110gr's.

Ludwig: Wat de heg is OBT? Skuus maar ek leer ook maar nog na 18jaar se herlaai. Moet bys? ek herlaai nog net 4jaar vir die geweer. Voor dit was vir die pistool en haelgeweer.

Dankie vir julle insette sover. Julle besef nie hoeveel ek dit waardeer nie.

Lekker aand.
Louis
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

BLOK wrote: Luister maar wat Ludwig se die man weet van, Blok
Ja Blok Die man het al bietjie opgelet in die klas ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

LN

OBT is optimal barrel time
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

Ek het dit al ges? maar ek sal dit weer s?

As jy werklik die sweetspot op geweer gekry het kan jy met sekere gewere maar tot 0.5grein op of aflaai jy sal nie verskil sien in die groep of point of impact nie.

Dit gebeur net deur die ding werklik te finetune.

Daai ding van laai 3 bullets en skiet groep en laai nog 3 van ander lading en skiet, nou vat jy die kleinste groep en gaan speel met die TPL is om te poep teen donderweer, want vir daai dag gaan dit dalk goed werk more werk dit nie meer nie. Want temp en als verskil, maar as jy in die sweetspot is kan die dinge maar verander en jou groepe bly styf.

maar ja daar is baie van die ouer garde wat dink hulle ou maniere is die alpha en omega, tog het herlaai eintlik by leaps and bounds vorentoe gespring
Last edited by Jagtersdok on Thu Aug 25, 2011 6:24 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Spoed

Post by JOHANNIC »

Dok
Ek het nog nooit die OBT ding gedoen nie
Wat het jy nodig om my Ruger se sweetspot te bepaal op die 55gr?

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

Kaliber
Spesifieke koeel
Looplengte
TPL wat jy wil laai

johnny
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Spoed

Post by Pvdw »

LN ek bly ook in Pretoria en gaan juis Saterdag oggend my"chrony" saamvat om spoed te meet. Jy is welkom om saam te kom en dan laai jy 2 of 3 ladings of meer as jy wil, ons jaag hulle oor die kronograaf vir jou en so het jy iets om mee te begin. Ek gaan self met my 30-30 so paar skote oor die krono skiet. Dis altyd lekker om iets beslis te h? om vanaf te werk.

Skalek my as jy belang stel

082 920 3978

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

Pvdw wrote: Ek gaan self met my 30-30 so paar skote oor die krono skiet. Dis altyd lekker om iets beslis te h? om vanaf te werk.

Skalek my as jy belang stel

082 920 3978

Peet
Hahahaha vir daai ding moet jy eintlik 'n kalender saam vat, nie chronograaf nie ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Spoed

Post by BLOK »

Daar kom weer een van die voordele in van aan die wonderlike forum behoort kyk net hoe lekker bied die mane hulp aan mekaar. As dit nou nie vir forum was nie sou daar dalk duisende rande se amuniesie vir niks uitgeskiet word., en al wie daarmee baat is somcem en die projektiel vervaardigers ;D

Dokkie

Baie skerp ;D ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Spoed

Post by FrancoisN »

Jagtersdok wrote: Ek het dit al ges? maar ek sal dit weer s?

Daai ding van laai 3 bullets en skiet groep en laai nog 3 van ander lading en skiet, nou vat jy die kleinste groep en gaan speel met die TPL is om te poep teen donderweer, want vir daai dag gaan dit dalk goed werk more werk dit nie meer nie. Want temp en als verskil, maar as jy in die sweetspot is kan die dinge maar verander en jou groepe bly styf.
Jagtersdok

Ek het al die data al gekry van die forum waar my geweer se sweetspot is maar kry druktekens voordat ek nog by daai greine uitgekom het. Wat dan?


Groete
Katvis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Spoed

Post by Jagtersdok »

Wat was jou spoed?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Spoed

Post by FrancoisN »

Dok

Dit is n 243AI en my spoed moes 3570f/sek wees maar ek kry net 3450f/sek.

Katvis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Spoed

Post by JOHANNIC »

Dok
Nosler 55gr  :D
243 win
26 duim
Tpl is 67.15mm

Dankie dit gaan interesant wees
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply