Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post by tripodmvr »

Hier is 'n interessante verskynsel. Spoed was 2300vps by loop en ingang was voor op die bors. Haarverlies het voorgekom soos op die foto.

Ek het soiets op baie kleiner skaal gesien waar 'n springbok met 'n 25-06 en met 'n loodkern koeël geskiet is. Perfekte kaal sirkel om die ingangsgat.

Gee menings oor moontlike proses wat die haarverlies veroorsaak het.

Deer 450 Hydro from 458.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post by Carlc »

Was dit werklik van die skoot of het die bok dalk maar net toevallig haarverlies in diè area gehad. As dit van die skoot was moes dit darem verskiklike hidrostatiese skok in die bok gewees het. Het julle dalk van die ingewande ondersoek.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post by Ds J »

Was daar hare waar die bok geval en gele^ het?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post by tripodmvr »

Hier is nog meer fotos. As mens videos dophou van bokke wat geskiet word en in stadige aksie gespeel word, dan kan die vervorming van die vel om die trefpunt gesien word. Hierdie DINAMIESE vervorming kan sekerlik die vel so rek dat die hare uitval - my teorie oor wat gebeur.
Deer 450 Hydro 1.jpeg
Deer 450 Hydro 2.jpeg
Deer 450 Hydro 3.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hydro 450gr in 458WM - praktiese resultaat

Post by Eduard Venter »

Dis interessant oom Driepoot. Ek het dit al 'n paar keer gesien op rooibokke om die koëlgat maar altyd gedink hy het maar net so geval en die vel geskuur toevallig. Hier lyk dit mooi tussen die ingang en uitgangs gat.

Ons het noudiedag 'n buffel 2 skote geskiet met 500gr Woodleigh hydro. Om die uitgangswond op die geslagte karkas was sulke pers kringe. Hidrostatiese skok? Is seker moontlik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Post Reply